<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
21 Junie is die 172ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (173ste in skrikkeljare). Daar volg nog 193 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1208 – Otto van Wittelsbach vermoor koning Philip van Swabe.
- 1700 – Pous Innocentius XII stel nog drie nuwe kardinale aan, waaronder Johannes Philipp von Lamberg, biskop van Passau.
- 1749 – Halifax, Nova Scotia word gestig.
- 1788 – New Hampshire word die negende deelstaat van die Verenigde State.
- 1813 – Napoleon verloor die Slag van Vitoria.
- 1824 – Cyrus McCormick kry 'n patent vir sy maaimasjien.
- 1870 – Tianjin Massamoord, xenofobie in China.
- 1915 – 'n Wet in Oklahoma wat sekere mense verbied om te stem word deur die Hooggeregshof van die VSA omgekeer in die saak Guinn v. United States.
- 1919 – Die Kanadese berede polisie skiet op 'n skare werklose oorlogsveterane, met twee noodlottig gewond, tydens die 'n algemene staking in Winnipeg.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Frankryk kapituleer teen Duitsland.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: die Amerikaners verower Okinawa.
- 1963 – Pous Paulus VI volg Pous Johannes XXIII op.
- 1964 – Lede van die Ku Klux Klan het burgerreg-aktiviste Andrew Goodman, James Cheney en Mickey Schwerner, vermoor in Mississippi, VSA.
- 1975 – Wes-Indië klop Australië in die eindstryd met 17 lopies en wen sodoende die eerste Krieketwêreldbeker in Engeland.
- 1982 – John Hinckley, sluipskutter van Ronald Reagan, onskuldig bevind weens kranksinnigheid.
- 2009 – Pakistan wen die eindstryd van die tweede T20I-wêreldbeker in Engeland met agt paaltjies teen Sri Lanka.
Geboortes
- 356 v.C. – Alexander die Grote, die koning van Makedonië († 323 v.C.).
- 1002 – Pous Leo IX, die 152ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Eguisheim, Elsas († 1054).
- 1731 – , Eerste Dame van Amerika († 1802).
- 1732 – Johann Christoph Friedrich Bach, Duitse komponis († 1795).
- 1779 – Sir Christoffel Josephus Brand, die eerste Speaker van die Kaapse parlement († 1875).
- 1857 – Johannes Baptist Hoffman, Duitse Jesuïet, taalkundige en sendeling tot die Munda-mense in Indië († 1928).
- 1868 – Cor Delfos, baanbreker in die Suid-Afrikaanse yster- en staalbedryf († 1933).
- 1884 – Claude Auchinleck, Britse veldmaarskalk († 1981).
- 1891 – Hermann Scherchen, Duitse dirigent († 1966).
- 1905 – Jean-Paul Sartre, Franse filosoof, dramaturg, skrywer, biograaf en aktivis († 1980).
- 1918 – Ds. Phil Olivier, NG predikant, assistent-redakteur Kerkbode († 2008).
- 1919 – Paolo Soleri, Italiaans-Amerikaanse argitek († 2013).
- 1921 – Jane Russell, Amerikaanse rolprentaktrise en sangeres († 2011).
- 1932 – Gert Basson, Afrikaanse skrywer en joernalis.
- 1947 – Meredith Baxter, Amerikaanse aktrise.
- 1948 – Ian McEwan, Britse skrywer van romans en rolprentdraaiboeke.
- 1952 – Gregory David Roberts, Australiese skrywer.
- 1953 – Benazir Bhutto, Pakistanse politikus en voormalige premier († 2007).
- 1955 – Gwede Mantashe, Suid-Afrikaanse politikus en voorsitter van die African National Congress.
- 1982 – William, Prins van Wallis, Britse prins, seun van Charles III.
Sterftes
- 1377 – Edward III, koning van Engeland (* 1312)
- 1527 – Niccolò Machiavelli, historikus en politiese skrywer (* 1469).
- 1582 – Oda Nobunaga, Japannese daimyō en een van die leidende figure in die Sengoku-tydperk (* 1534).
- 1925 – J.H. Leopold, Nederlandse digter (* 1865).
- 1954 – Gideon Sundbäck, Sweedse uitvinder, geassosieer met die ontwikkeling van die ritssluiter (* 1980)
- 1957 – Johannes Stark, Duitse fisikus, Nobelpryswenner (* 1874).
- 1969 – Maureen Connolly, Amerikaanse tennisspeler (* 1934).
- 1970 – Sukarno, president van Indonesië (* 1901)
- 1980 – Pierre Fourie, Suid-Afrikaanse bokskampioen (* 1943)
- 2001 – Carroll O'Connor, Amerikaanse akteur en vervaardiger (* 1924).
- 2001 – Soad Hosny, Egiptiese aktrise (* 1943).
- 2003 – Leon Uris, Amerikaanse soldaat en outeur (* 1924).
- 2013 – Elliott Reid, Amerikaanse akteur en draaiboekskrywer (* 1920).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Wintersonstilstand in die Suidelike Halfrond, en somersonstilstand in die Noordelike Halfrond.
- Nasionale Inboorlingdag in Kanada sedert 1996.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 21 Junie. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar