<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
18 Februarie is die 49ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 316 dae in die res van die jaar (317 in skrikkeljare).
Gebeure
- 1220 – Pous Honorius III verklaar Hugo, biskop van Lincoln, heilig.
- 1815 – Die ondertekening van die Vrede van Gent beëindig die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812.
- 1827 – Die Fourah Bay Kollege word gestig in Freetown, Sierra Leone, die eerste Westerse-styl universiteit wat in Afrika suid van die Sahara gebou word.
- 1839 – Pous Gregorius XVI stel Charles Januarius Acton, ouditeurgeneraal van die Apostoliese Kamer, aan as kardinaal.
- 1854 – Stigting van NG gemeente Hopetown op die plaas Duvenaarsfontein, Noord-Kaap.
- 1857 – Die Nasionale Selfmoord van Xhosas vind plaas.
- 1861 – Jefferson Davis word in Montgomery, Alabama ingesweer as president van die Gekonfedereerde State van Amerika.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Paardeberg neem 'n aanvang.
- 1930 – Clyde W. Tombaugh ontdek die planeet Pluto, sedert 24 Augustus 2006 'n dwergplaneet.
- 1946 – In sy eerste konsistorie na die Tweede Wêreldoorlog, stel Pous Pius XII 32 nuwe kardinale aan met heelparty nie-Italianers en geestelikes uit China, Indië en die Midde Ooste.
- 1952 – Griekeland en Turkye sluit by NAVO aan.
- 1965 – Gambië word Afrika se 36ste onafhanklike staat.
- 1982 – Die SAS President Kruger sink nadat dit met die SAS Tafelberg bots met verlies van 16 seemanne.
Geboortes
- 1516 – Maria I van Engeland, koningin van Engeland en van Ierland († 1558).
- 1745 – Alessandro Volta, 'n Italiaanse fisikus, chemikus, en 'n pionier in die veld van elektrisiteit († 1827).
- 1832 – Octave Chanute, Frans-Amerikaanse siviele ingenieur en lugvaartpionier († 1910).
- 1854 – Herbert John Gladstone, Britse politikus en eerste Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1910–1914) († 1930).
- 1919 – Amir Abbas Hoveyda, Iranse ekonoom en politikus, premier van Iran († 1979).
- 1931 – Toni Morrison, Amerikaanse romanskryfster († 2019).
- 1939 – Marek Janowski, Pools-gebore Duitse dirigent.
- 1950 – Cybill Shepherd, Amerikaanse aktrise.
- 1953 – Leon van Nierop, Afrikaanse vervaardiger, skrywer en rolprentresensent.
- 1954 – John Travolta, Amerikaanse filmakteur, danser en sanger.
- 1957 – Vanna White, Amerikaanse rolprentaktrise en TV-gasvrou van die Wheel of Fortune.
- 1968 – Molly Ringwald, Amerikaanse aktrise.
- 2004 – Kylie Rogers, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
- 999 – Pous Gregorius V, 138ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±972).
- 1294 – Kublai Khan, die kleinseun van Genghis Khan, ook 'n Mongoliese leier en stigter van China se Yuan-dinastie (* 1215).
- 1535 – Cornelius Agrippa, Okkultisme (* 1486).
- 1546 – Martin Luther, teologiese grondlegger en leraar van die Reformasie (* 1483)
- 1564 – Michelangelo, Italiaanse skilder, beeldhouer, argitek, digter en ingenieur (* 1475)
- 1780 – Kristijonas Donelaitis, Pruisies-Litause digter (* 1714).
- 1831 – Lord Charles Somerset, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1767).
- 1905 – Julius De Geyter, Vlaamse journalis en skrywer (* 1830).
- 1967 – Robert Oppenheimer, Amerikaanse teoretiese fisikus (* 1904).
- 1997 – Antonio de Almeida, Franse dirigent en musikoloog (* 1928).
- 2011 – Lucas Maree, bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer (* 1952).
- 2022 – Brad Johnson, Amerikaanse akteur (* 1959).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Leo I in die Ortodokse Kerk.
Gepubliseer
Teologie
- 1745 - Cum multorum chariate - waarin gebede gevra word vir koning Lodewyk van Frankryk - deur Pous Benedictus XIV.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 18 February. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar