<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
1 Februarie is die 32ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 333 dae in die res van die jaar (334 in skrikkeljare).
Gebeure
- 900 – Pous Benedictus IV volg Pous Johannes IX op.
- 1119 – Pous Callixtus II volg Pous Gelasius II op.
- 1649 – Pous Innocentius X verklaar Sint Nicholas van Flüe salig.
- 1796 – Die hoofstad van Bo-Kanada word geskuif van Newark (nou Niagara-on-the-Lake) na York (nou Toronto), wat as minder kwesbaar vir aanvalle uit VSA geoordeel is.
- 1836 – Pous Gregorius XVI stel Jean-Louis Lefebvre de Cheverus, aartsbiskop van Bordeaux en Gabriele della Genga Sermattei, aartsbiskop van Ferrara aan as kardinale.
- 1871 – Tydens die Frans-Duitse Oorlog vlug die Boerbaki-leer met 90 000 soldate en 10 000 perde na veiligheid oor die Switserse grens.
- 1946 – Noorweegse politikus Trygve Lie word verkies tot die eerste VN-sekretaris-generaal.
- 1953 – Die watersnoodramp vind plaas in Nederland.
- 1958 – Egipte en Sirië smelt saam om die Verenigde Arabiese Republiek te vorm.
- 1958 – Amerika plaas hulle eerste satelliet, Explorer 1, in 'n wentelbaan om die aarde.
- 2003 – Die NASA Ruimtependeltuig Columbia disintegreer bo Texas tydens terugkeer in die aarde se atmosfeer op sy 28ste en finale sending.
Geboortes
- 1550 – John Napier, 'n Skotse wiskundige († 1617).
- 1659 – Jacob Roggeveen, Nederlandse ontdekkingsreisiger wat gestuur is om Terra Australis te vind († 1729).
- 1712 – Konrad Ernst Ackermann, Duitse bestuurder-akteur († 1771).
- 1761 – Christiaan Hendrik Persoon, Suid-Afrikaanse botanikus en mikoloog († 1836).
- 1811 – Philip Eduard Faure, Suid-Afrikaanse teoloog en predikant († 1882).
- 1873 – P.G.W. (Piet) Grobler, Suid-Afrikaanse politikus († 1942).
- 1884 – Jewgeni Zamjatin, 'n Russiese skrywer († 1937).
- 1888 – Hans Anton Aschenborn, Duitsgebore Namibiese skrywer en natuurskilder († 1931).
- 1896 – Ivan Mitford-Barberton, Suid-Afrikaanse beeldhouer en skrywer († 1976).
- 1901 – Clark Gable, Amerikaanse akteur († 1960).
- 1931 – Boris Jeltsin, Russiese staatsman, president van die Russiese Federasie († 2007).
- 1952 – Jenő Jandó, Hongaarse pianis en professor († 2023).
- 1962 – Zanele kaMagwaza-Msibi, SA politikus en president van die Nasionale Vryheidsparty († 2021).
- 1965 – Brandon Lee, Amerikaanse akteur († 1993).
- 1968 – Pauly Shore, Amerikaanse akteur.
- 1978 – Martijn van Dam, Nederlandse PvdA-politikus.
- 1981 – Graeme Smith, voormalige Suid-Afrikaanse krieketkaptein.
- 1987 – Ronda Rousey, Amerikaanse professionele stoeier, aktrise, en skryfster.
- 1990 – Moseline Daniels, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
- 1994 – Harry Styles, Engelse sanger en akteur.
- 1995 – Paula Beer, Duitse aktrise.
Sterftes
- 1691 – Pous Alexander VIII, die 241ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1610).
- 1733 – Koning August II van Pole (* 1670).
- 1738 – Philippe van Dievoet, Belgiese van koning Lodewyk XIV (* 1654).
- 1897 – Constantin von Ettingshausen, Oostenrykse geoloog en plantkundige (* 1826).
- 1944 – Piet Mondriaan, Nederlandse skilder (* 1872).
- 1964 – Mabel Malherbe, 'n Suid-Afrikaanse politikus, joernalis, die tweede vrou wat tot die Volksraad verkies is en die eerste burgemeesteres van ’n Suid-Afrikaanse stad (Pretoria) (* 1879).
- 1966 – Hedda Hopper, Amerikaanse aktise en joernalis (* 1885).
- 1997 – Victor Ivanoff, Suid-Afrikaanse kunstenaar, spotprenttekenaar en sanger (* 1909).
- 2012 – Wisława Szymborska, Poolse digteres en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde in 1996 (* 1923).
- 2013 – Louis Luyt, Suid-Afrikaanse sakeman, sportadministrateur (* 1932).
- 2014 – Maximilian Schell, Oostenryks-Switserse akteur en regisseur (* 1930).
Gepubliseer
Taalkunde
- 1884 – Die eerste bundel van die Oxford English Dictionary.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 1 February. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar