<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
29 April is die 119de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (120de in skrikkeljare). Daar volg nog 246 dae.
Gebeure
- 419 – Teenpous Eulalius se pontifikaat eindig met sy vlugtog uit Rome.
- 1050 – Pous Leo IX hou 'n Paas-sinode oor die leer van Berengar van Tours.
- 1429 – Honderdjarige Oorlog: Johanna van Arkel bevry Orleans van Engelse besetting.
- 1432 – Die konsilie van Basel roep Pous Eugenius IV op om voor hulle te verskyn.
- 1552 – Pous Julius III sluit vrede met koning Hendrik II van Frankryk.
- 1625 – Pous Urbanus VIII publiseer sy bul Omnes gentes plaudite minibus oor die jubileumjaar 1625.
- 1658 – Pous Alexander VII stel drie nuwe kardinale aan, almal lede van die Apostoliese Kamer.
- 1661 – China se Qing-dinastie beset Taiwan.
- 1670 – Pous Clemens X volg Pous Clemens IX op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1672 – Louis XIV van Frankryk val Nederland binne.
- 1770 – James Cook ontdek Botany Bay, Australië.
- 1921 – Achille Ratti (later Pous Pius XI) word titulêr aartsbiskop van Adana.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: die Duitse weermag in Italië gee oor aan die Geallieerdes.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Adolf Hitler trou met Eva Braun in 'n Berlynse bomskuiling en hy wys admiraal Karl Dönitz aan as sy opvolger.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: die Dachau-konsentrasiekamp bevry deur Amerikaanse troepe.
- 1946 – Voormalige Eerste Minister van Japan Hideki Tojo en 28 voormalige Japannese leiers aangekla van oorlogsmisdade.
- 1967 – Na hy weier om militêre diens te verrig in die Amerikaanse Leër (agv geloofsredes), word Muhammad Ali se bokstitel van hom weggeneem.
- 1970 – Viëtnamoorlog: Verenigde State en Suid-Viëtnamese magte val Kambodja binne om te jag op die Viëtkong.
- 1975 – Viëtnamoorlog: Operasie Frequent Wind - die laaste Amerikaanse burgers word ontruim uit Saigon voor 'n verwagte Noord-Vietnamese oorname. Die VSA se deelname aan die oorlog kom tot 'n einde.
- 1975 - Die konsulaat van Israel in Johannesburg word beset.
- 1988 – Glasnost: Sowjet-Unie-leier Mikhail Gorbachev beloof meer geloofsvryheid.
- 2002 – Die Swartland en Weskus Herald word op Porterville gestig.
- 2011 – Die Britse Prins William trou met die Engelse Kate Middleton.
Geboortes
- 1818 – Aleksander II van Rusland, tsaar van Rusland († 1881)
- 1854 – Henri Poincaré, Franse fisikus († 1912).
- 1863 – William Randolph Hearst, Amerikaanse uitgewer; onderwerp van die film († 1951).
- 1879 – Thomas Beecham, Britse dirigent († 1961).
- 1899 – Duke Ellington, Amerikaanse komponis en pianis van jazzmusiek († 1974).
- 1893 – Harold Urey, Amerikaanse chemikus, wenner van die Nobelprys vir Chemie († 1981).
- 1895 – Malcolm Sargent, Britse dirigent († 1967).
- 1901 – Hirohito, Keiser van Japan († 1989).
- 1909 – Tom Ewell, Amerikaanse akteur († 1994).
- 1914 – Reinhard Kolldehoff, Duitse akteur († 1995).
- 1917 – Celeste Holm, Amerikaanse aktrise († 2012).
- 1922 – Toots Thielemans, Belgiese jazz-musikant, komponis en kitaarspeler († 2016).
- 1936 – Zubin Mehta, Indiese musikant.
- 1938 – Bernard Madoff, Amerikaanse beleggingsadviseur, gevonnisde bedrieër († 2021).
- 1946 – John Waters, Amerikaanse filmregiseur.
- 1954 – Jerry Seinfeld, Amerikaanse komediant, akteur, skrywer, regisseur.
- 1955 – Kate Mulgrew, Amerikaanse aktrise.
- 1957 – Daniel Day-Lewis, Brits-Ierse akteur.
- 1958 – Michelle Pfeiffer, Amerikaanse aktrise.
- 1958 – Eve Plumb, Amerikaanse aktrise.
- 1964 – Federico Castelluccio, Italiaans-Amerikaanse akteur en skilder.
- 1970 – Uma Thurman, Amerikaanse aktrise.
- 1970 – Andre Agassi, Amerikaanse professionele tennisspeler.
- 1987 – Mark Stanley, Engelse akteur.
Sterftes
- 998 – Crescentius II, 'van die marmer perd'. Opgehang deur keiser Otto III.
- 1676 – Michiel de Ruyter, Nederlandse admiraal (* 1607).
- 1673 – Patriarg Pitirim van Moskou, die agtste Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland (* onbekend)
- 1947 – Alex Frew, Suid-Afrika se sesde Springbokkaptein (* 1877).
- 1951 – Ludwig Wittgenstein, Oostenryks-Britse filosoof en akademikus (* 1889).
- 1956 – Wilhelm Ritter von Leeb, Duitse veldmaarskalk (* 1876).
- 1969 – Julius Katchen, Amerikaanse pianis (* 1926).
- 1980 – Alfred Hitchcock, Engels-Amerikaanse regisseur en filmvervaardiger (* 1899).
- 1992 – Mae Clarke, Amerikaanse aktrise (* 1910).
- 2008 – Albert Hofmann, Switserse chemikus en akademikus (* 1906).
- 2014 – Bob Hoskins, Engelse akteur (* 1942).
- 2018 – Derek Keys, Suid-Afrikaanse politikus (* 1931).
- 2019 – Justus Tshungu, Suid-Afrikaanse omroeper (* 1925).
- 2020 – Irrfan Khan, Indiese akteur (* 1967).
- 2021 – Prinses Mantfombi Dlamini, eggenote van wyle koning Goodwill Zwelithini. (* 1953).
- 2024 – Dingaan Thobela Suid-Afrikaanse professionele bokser (* 1966).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Romeinse Ryk – Tweede dag van die Floralia ter ere van Flora
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar