<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
3 September is die 246ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (247ste in skrikkeljare). Daar volg nog 119 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 590 – Pous Gregorius I volg Pous Pelagius II op.
- 1458 – Pous Pius II word gekroon deur kardinaal Prospero Colonna.
- 1581 – Camillo Borghese (later Pous Paulus V) word lid van die Apostoliese Penitentiarie.
- 1651 – Nadat Karel II Engeland binneval word hy verslaan in die Slag van Worcester, waarmee die Engelse Burgeroorlog voltrek word. Karel II ontsnap kort hierop na Frankryk.
- 1783 – Die ondertekening van die Verdrag van Parys beëindig die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog.
- 1856 – Republikeinse magte neem die Kasteel van Neuenburg/ in en neem 530 soldate van die Koning van Pruise gevange. Nadat hulle weier om die koning se soldate vry te laat mobiliseer ´n weermag van 160000 man.
- 1901 – Anglo-Boereoorlog: Die 31-jarige Jan Smuts lei 'n kommando oor die Oranjerivier in 'n aanval op die Brits-beheerde Kaapkolonie in Suid-Afrika.
- 1907 – Stigting van die Switserse Reserwebank in Zürich
- 1912 – Keiser Wilhelm II van Duitsland besoek Switserland om gevegsoefeninge van die Switserse Weermag te sien
- 1914 – Pous Benedictus XV volg Pous Pius X op.
- 1934 – Habib Ali Bourguiba en die leiers van die Neo Destour party in Tunisië word onder huisarres geplaas.
- 1939 – Tweede Wêreldoorlog: Met die oorlogsverklaring van Frankryk aan Nazi-Duitsland weens die Duitse inval in Pole begin die Tweede Wêreldoorlog amptelik en begin die skemeroorlog (Duits: Sitzkrieg, Frans: drôle de guerre) aan die Duits-Franse grens.
- 1967 – Swede: Dagen H, verkeersreëls verander en alle Swede moet aan die regterkant van die pad bestuur nadat hulle tot op daardie stadium aan die linkerkant bestuur het.
- 1971– Katar word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 1976 – Die Viking 2 ruimtetuig land op Mars en neem die eerste nabyfoto's van die planeet se oppervlak.
- 1978 - 'n Vickers Viscount-vliegtuig, Air Rhodesia Vlug 825, word afgeskiet naby Kariba. Tien van die 18 oorlewendes word kort daarna vermoor deur guerillas.
- 1984 – P.W. Botha word Suid-Afrika se eerste uitvoerende Staatspresident.
- 1987 – President Jean-Baptiste Bagaza van Burundi word deur 'n militêre staatsgreep afgeset. Pierre Buyoya vervang hom as hoof van die Militêre Komitee vir Nasionale Redding.
- 2000 – Pous Pius IX word salig verklaar.
- 2017 – Noord-Korea voer sy sesde en kragtigste kernwapentoets uit.
Geboortes
- 1643 – Lorenzo Bellini, Italiaanse geneesheer en anatomis († 1704).
- 1728 – Matthew Boulton, Britse nyweraar en entrepreneur († 1809)
- 1811 – Carolus Trichardt, seun van Louis Tregardt, die trekkerleier († 1901).
- 1865 – Ds. Taetse Hamersma, Nederlandsgebore predikant in twee gemeentes van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. († 1932).
- 1875 – Ferdinand Porsche, 'n Oostenryk-Duitse motoringenieur († 1951).
- 1921 – Harry Landers, Amerikaanse akteur en regisseur († 2017).
- 1940 − Kevin Starr, Amerikaanse geskiedkundige († 2017).
- 1941 – Graham Newcater, Suid-Afrikaanse komponis.
- 1946 – George Ballot, Suid-Afrikaanse verhoog-, TV- en rolprentakteur († 2023).
- 1947 − Mario Draghi, Italiaanse ekonoom en eerste minister van Italië.
- 1963 – Malcolm Gladwell, Kanadese skrywer in Brittanje.
- 1964 – Amber Lynn, Amerikaanse pornografiese aktrise en vervaardiger.
- 2001 – Kaia Gerber, Amerikaanse model en aktrise.
Sterftes
- 1658 – Oliver Cromwell, Engelse soldaat en staatsman (* 1599).
- 1880 – Eerw. Daniel Lindley, eerste leraar van die NG gemeente Pietermaritzburg (* 1801).
- 1948 – Edvard Beneš, Tsjeggo-Slowaakse president (* 1884).
- 1962 – E.E. Cummings, Amerikaanse digter (* 1894).
- 1969 – Ho Chi Minh op 79-jarige ouderdom in Hanoi, Viëtnam (* 1890).
- 2012 – Michael Clarke Duncan, Amerikaanse akteur (* 1957).
- 2019 – Carol Lynley, Amerikaanse aktrise (* 1942).
- 2024 – George Meiring, laaste hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en eerste hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (* 1939).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- 1971 – Onafhanklikheidsdag in Katar
Wikimedia Commons bevat media in verband met 3 September. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar