<< | November 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
5 November is die 309de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (310de in skrikkeljare). Daar volg nog 56 dae.
Gebeure
- 1439 – Die konsilie van Basel kies Amadeus VIII hertog van Savoje as Teenpous Felix V.
- 1466 – Giovanni Battista Cibo (later Pous Innocentius VIII) word biskop van Savona.
- 1511 – Franse biskoppe saam met keiser Maximiliaan probeer om Pous Julius II af te sit.
- 1556 – ’n Mongoolse mag verslaan die Hindu magte onder leiding van Generaal Hemu op ’n slagveld ongeveer 80 kilometer noord van Delhi en verseker daardeur die Indiese troon vir Akbar.
- 1605 – Buskruitverraad: ’n Sameswering gelei deur Guy Fawkes om die Engelse Parlement op te blaas word gefnuik toe Thomas Knyvet, ’n vrederegter, Fawkes in ’n kelder onder die Parlementsgebou betrap..
- 1625 – Pous Urbanus VIII verklaar Raymond Nonnatus heilig.
- 1688 – Protestantse Prins Willem van Oranje land by Brixham in Devon, onderweg om sy skoonvader Koning James II, die laaste katolieke monarg van Engeland, af te sit.
- 1791 – Pous Pius VI publiseer “Ancorché antichissimo” oor die opstand in Avignon.
- 1837 – Piet Retief lê sy eerste besoek aan Dingaan af by uMgungundlovu.
- 1838 – Honduras onttrek vanuit die Sentraal Amerikaanse Federasie. Dit lei tot die ineenstorting van die Verenigde Provinsies van Sentraal-Amerika.
- 1862 – Roohuid-oorloë: In Minnesota word meer as 300 Santee Sioux skuldig bevind aan verkragting van en moord op blanke setlaars en word gevonnis om gehang te word.
- 1872 – Vroueregte: In weerwil van die wet, gaan stem die vroueregteaktivis Susan B. Anthony (sy is later met $100 beboet vir haar deelname).
- 1895 – George B. Selden verkry die eerste Amerikaanse patent vir ’n motorvoertuig.
- 1911 – Nadat Italië oorlog verklaar het teen die Ottomaanse Ryk op 29 September,1911 annekseer hy Tripoli en Cyrenaika.
- 1912 – Woodrow Wilson behaal ’n wegholoorwinning in die Amerikaanse presidentsverkiesing oor die ampsdraer William Howard Taft.
- 1913 – Koning Otto van Beiere word deur sy neef, kroonprins Ludwig, onttroon en neem die titel Ludwig III aan.
- 1914 – Die Verenigde Koninkryk van Brittanje annekseer Siprus en verklaar saam met Frankryk oorlog teen die Ottomaanse Ryk.
- 1916 – Die Koningkryk van Pole word gesamentlik deur die keisers van Duitsland en Oostenryk geproklameer.
- 1917 – St. Tikhon van Moskou word verkies tot Patriarch van Moskou en van die Russies-Ortodokse Kerk.
- 1930 – Die Nobelprys vir literatuur word aan Sinclair Lewis toegeken.
- 1935 – Parker Brothers stel die bordspel Monopoly bekend.
- 1937 – Tweede Wêreldoorlog: Adolf Hitler hou ’n geheime vergadering waarin hy sy planne uitlê om lewensruimte vir die Duitse mense te verkry.
- 1940 – Franklin D. Roosevelt wen die Amerikaanse presidentsverkiesing en word die eerste president van Amerika vir ’n derde ampstermyn.
- 1964 – Mariner-program: Mariner 3 word lanseer.
- 1968 – Richard Nixon wen die Amerikaanse presidentsverkiesing.
- 1987 – Govan Mbeki word vrygelaat nadat hy 24 jaar op Robbeneiland-gevangenis deurgebring het. Hy is voorheen lewenslange tronkstraf opgelê vir hoogverraad.
- 1990 – Rabbi Meir Kahane, stigter van die verregse Kach-beweging, word doodgeskiet na ’n toespraak in 'n hotel in New York.
- 1996 – Bill Clinton verslaan sy teenstander, Bob Dole, in die Amerikaanse presidentsverkiesing vir sy tweede ampstermyn.
- 2006 – Die voormalige Irakese diktator, Saddam Hussein, word ter dood veroordeel om gehang te word, ná hy skuldig bevind is aan misdade teen die mensdom.
- 2006 – Australië wen die eindstryd van die vyfde Kampioenetrofee in Indië met agt paaltjies (D/L-metode) teen Wes-Indië.
Geboortes
- 1648 – Ibrahim, sultan van die Ottomaanse Ryk († 1648)
- 1701 − Pietro Longhi, Venesiaanse skilder († 1785).
- 1742 – , Britse skilder († 1821)
- 1854 – Paul Sabatier, Franse chemikus en Nobelpryswenner († 1941).
- 1855 – , Franse meteoroloog († 1913)
- 1857 – , Amerikaanse joernalis († 1944)
- 1863 – , Amerikaanse motorvervaardiger († 1928)
- 1885 – Will Durant, Amerikaanse historikus († 1981)
- 1892 – , Brits-Indiese genetikus († 1964)
- 1895 – , Amerikaanse skrywer († 1956)
- 1905 – Joel McCrea, Amerikaanse akteur († 1990)
- 1911 – Roy Rogers, Amerikaanse sanger, kitaarspeler en akteur (Sons of the Pioneers) († 1998)
- 1913 – Vivien Leigh, Britse aktrise († 1967)
- 1916 – Cornelis Pama, Suid-Afrikaanse heraldikus en genealoog († 1994).
- 1921 – , keiserin van Iran
- 1931 – Charles Margrave Taylor, Kanadeese filosoof.
- 1931 – Ike Turner, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, kitaarspeler en vervaardiger (Kings of Rhythm en Ike & Tina Turner) († 2007)
- 1941 – , Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, kitaarspeler en akteur (Simon & Garfunkel)
- 1941 – Elke Sommer, Duitse aktrise
- 1943 – Sam Shepard, Amerikaanse akteur en skrywer († 2017)
- 1946 – , Nederlandse sanger, akteur en skilder († 2001)
- 1946 – , Amerikaanse sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler (The Byrds, The Flying Burrito Brothers en International Submarine Band) († 1973)
- 1947 – , Britse sanger, liedjieskrywer, kitaarspeler en akteur (Herman’s Hermits)
- 1949 – , Amerikaanse akteur
- 1954 – André le Roux du Toit, Afrikaanse skrywer, digter en musikant
- 1959 – Bryan Adams, Kanadese sanger, liedjieskrywer, kitaarspeler, vervaardiger en akteur
- 1963 – Yair Lapid, Israelse politikus, joernalis, akteur, televisie-aanbieder en skrywer
- 1963 – Tatum O'Neal, Amerikaanse aktrise en skryfster
- 1972 – Rassie Erasmus, Suid-Afrika se sewe-en-veertigste Springbokkaptein
- 1974 – , Amerikaanse sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler (Whiskeytown, The Finger en Ryan Adams and the Cardinals)
- 1974 – Naval Ravikant, Amerikaanse entrepreneur en belegger.
- 1988 – Virat Kohli, Indiese krieketspeler.
Sterftes
- 1836 – Karel Hynek Mácha, Tsjeggiese digter (* 1810).
- 1854 – Sir George Cathcart, 'n Britse generaal, diplomaat en goewerneur van die Kaapkolonie (* 1794).
- 1933 – Texas Guinan, Amerikaanse aktrise en sakevrou (* 1884).
- 1951 – Reggie Walker, Suid-Afrikaanse atleet (* 1889).
- 1977 – Guy Lombardo, Kanadees-Amerikaanse violis en dirigent (* 1902).
- 1979 – Al Capp, Amerikaanse spotprenttekenaar (* 1909).
- 1982 – Albert Hertzog, 'n Suid-Afrikaanse politikus (* 1899).
- 1985 – Elise Muller, 'n Afrikaanse skrywer (* 1919).
- 1985 – Dirk van der Walt, predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (* 1919).
- 1989 – Vladimir Horowitz, Russiese pianis (* 1903).
- 1990 – Meir Kahane, Amerikaans-Israeliese skrywer en politiuks (* 1932).
- 1991 – Jukskei legende en senator Marthinus Philippus Prinsloo (* 1905)
- 1994 – Johan Heyns, invloedryke Afrikaner Calvinistiese teoloog en moderator van die algemene sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1928).
- 2010 – Jill Clayburgh, Amerikaanse aktrise (* 1944).
- 2012 – Louis Pienaar, Suid-Afrikaanse regter, diplomaat en die laaste blanke administrateur van Suidwes-Afrika (* 1926).
- 2018 – Renier van Rooyen, Suid-Afrikaanse entrepreneur en stigter van Pep Stores (* 1931).
- 2019 – Laurel Griggs, Amerikaanse kinderaktrise (* 2006).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 5 November. |
- Guy Fawkes-nag – Verenigde Koninkryk, Nieu-Seeland en die Kanadese provinsie Newfoundland en Labrador
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar