<< | November 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
9 November is die 313de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (314de in skrikkeljare). Daar volg nog 52 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 264 – Pous Maksimus van Alexandrië volg Dionisius as Patriarg van die Kerk in Alexandrië op.
- 1389 – Pous Bonifatius IX word in Rome gekroon.
- 1494 – Die de' Medicis word uit Florence verdryf.
- 1518 – Pous Leo X verplig alle Christene om te glo dat die pous aflate kan toestaan.
- 1799 – Die staatsgreep van 18 Brumaire gelei deur Emmanuel Joseph Sieyès en Napoléon Bonaparte werp die Franse regering omver.
- 1872 – Die Groot Bostonvuur van 1872 begin en vernietig uiteindelik meer as 700 geboue in Boston in die VSA.
- 1901 – Prins George, die hertog van Cornwall, word Prins van Wallis en die Graaf van Chester.
- 1907 – Die Cullinan-diamant word op sy verjaarsdag aan Koning Edward VII geskenk.
- 1918 – Beëindiging van die Duitse Keiserryk en stigting van die Republiek van Weimar.
- 1938 – Kristallnacht, die eerste grootskaalse voorval van fisiese anti-Joodse geweld in Nazi Duitsland, begin.
- 1953 – Kambodja word van Frankryk onafhanklik.
- 1989 – Val van die Berlynse Muur. Dit simboliseer die einde van die Koue Oorlog en die naderende ineenstorting van die Warskouverdrag; die begin van die einde van Sowjet kommunisme.
- 2011 – Mark Boucher neem sy 500ste vangskoot in toetskrieket, die eerste persoon ooit.
Geboortes
- 1805 – Karel Lodewijk Ledeganck, Vlaamse skrywer († 1847).
- 1841 – Koning Edward VII van die Verenigde Koninkryk († 1910).
- 1914 – Hedy Lamarr, Amerikaanse aktrise en uitvinder († 2000).
- 1922 – Imre Lakatos, Hongaarse wiskundige, natuurkundige en wetenskapfilosoof († 1974).
- 1923 – Dorothy Dandridge, Amerikaanse aktrise († 1965).
- 1927 – Carel Boshoff, stigter van Orania († 2011).
- 1934 – Carl Sagan, ’n Amerikaanse sterrekundige, astrofisikus, kosmoloog en skrywer († 1996).
- 1965 – Bryn Terfel, Walliese operasanger.
- 1993 – Bianca Buitendag, Suid-Afrikaanse professionele branderplankryer.
Sterftes
- 959 – Konstantyn VII van Bisantium. Sy seun Romanos II volg hom op (* 905).
- 1918 – Albert Ballin, Duitse reder en entrepreneur (* 1857).
- 1940 – Neville Chamberlain, Britse politikus (* 1869).
- 1970 – Charles de Gaulle, Franse militêre generaal en staatsman (* 1890).
- 1999 – Dricky Beukes, Afrikaanse skrywer (* 1918)
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 9 November. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar