Bethulie is 'n dorp in die suide van die Suid-Afrikaanse provinsie Vrystaat, 180 km suid van Bloemfontein, met 2 100 inwoners (2011-sensus), van wie 514 (24,5%) wit was.
Bethulie | |
---|---|
Bethulie | |
Koördinate: 30°29′50″S 25°58′23″O / 30.49722°S 25.97306°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distriksmunisipaliteit | Xhariep |
Plaaslike Munisipaliteit | Kopanong |
Stigting | 1829 |
Oppervlak | |
• Totaal | 37 km2 (14 vk. myl) |
Hoogte | 1 282 m (4 206 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 6 497 |
• Digtheid | 180/km2 (500/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 9992 |
Alhoewel Bethulie nie langs een van die provinsiale hoofpaaie lê nie, dien die dorp nogtans as 'n landbou- en spoorwegsentrum. Die naam, wat letterlik "deur God uitverkies" beteken, gaan terug op die direkteure van die plaaslike sendingstasie, wat as die bakermat van die dorp gedien het. Die sendingstasie se hoofgebou, Pellisierhuis, die voormalige tuiste van die Franse sendeling eerw. Jean Pellissier, dateer van 1843 en word as die oudste gebou noord van die Oranjerivier beskou.
Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is van die grootste Britse konsentrasiekampe in Bethulie opgerig. Bethulie is ook die geboorteplek van die Suid-Afrikaanse akteur Patrick Mynhardt, ook bekend as die Boytjie van Bethulie.
Besienswaardighede
- Die Pellisierhuismuseum is op 20 Julie 1979 geopen en behandel die geskiedenis van Bethulie en sy omgewing. Die huis vertoon ook 'n versameling van 19de-eeuse huis- en landbougereedskap en oorblyfsels van die Vryheidsoorlog.
- Die D.H. Steynbrug naby Bethulie oorspan die Oranjerivier en is met 2 993 meter die langste in Suid-Afrika.
- Die belangrikste toeristebestemmings in die omgewing is Bethuliedam met uitstekende watersportgeriewe en die Mynhardtwildtuin.
Sien ook
Wikimedia Commons bevat media in verband met Bethulie. |
- NG gemeente Bethulie
- Gereformeerde kerk Bethulie
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
Nota: Afstande per pad gemeet
Verwysings
- Somtotaal van hoofplekke Bethulie en Lephoi tydens die 2011-sensus
- 2011-sensus – Bethulie
- Reisafstande na Bethulie
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar