<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
16 Februarie is die 47ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 318 dae in die res van die jaar (319 in skrikkeljare).
Gebeure
- 1448 – Pous Nicolaas V bevorder Antonio Cerdá y Lloscos, aartsbiskop van Messina, tot kardinaal.
- 1686 – Die Stavenisse strand by Ifafa Strand.
- 1838 – In die nag van 16/17 Februarie val Zoeloesoldate die Voortrekkers aan en die Groot Moord van Bloukrans vind plaas.
- 1891 – Wolmaransstad word as dorp geproklameer.
- 1908 – Vanwyksdorp se Neo-Gotiese NG kerkgebou word ingewy.
- 1918 – Die Raad van Litaue aanvaar die Onafhanklikheidswet eenparig en verklaar Litaue tot ’n onafhanklike staat.
- 1923 – Howard Carter open die grafkelder van Toetankamen, 'n Farao van die agttiende dinastie van Egipte.
- 1959 – Fidel Castro word Premier van Kuba nadat die heersende diktator Fulgencio Batista op 1 Januarie afgesit is.
- 1962 – Vloede in die kusgebiede van Wes-Duitsland laat 315 mense dood en verwoes die huise van meer as 60 000.
- 1968 – Die eerste noodoproepstelsel na die nommer 9-1-1 word in Haleyville, Alabama in gebruik geneem.
Geboortes
- 1519 – Gaspard de Coligny, Franse admiraal en Protestantse leier († 1572).
- 1834 – Ernst Haeckel, Duitse bioloog en filosoof († 1919).
- 1884 – Robert J. Flaherty, Amerikaanse rolprentvervaardiger en -regisseur († 1951).
- 1935 – Leonore Veenemans, Suid-Afrikaanse sopraan († 1973).
- 1935 – Sonny Bono, Amerikaanse akteur († 1998).
- 1936 – Eliahu Inbal, Israelse dirigent.
- 1939 – Marita Napier, Suid-Afrikaanse sopraan († 2004).
- 1941 – Kim Jong-il, leier van Noord-Korea se Kommunistiese Party († 2011).
- 1948 – Eckhart Tolle, Duitse onderwyser en skrywer.
- 1950 – Peter Hain, Britse politikus en anti-apartheidsaktivis wat veral betrokke was by die ontwrigting van Suid-Afrikaanse rugby- en kriekettoere na Brittanje.
- 1957 – Roy Bennett, Zimbabwiese politikus († 2018).
- 1958 – Ice-T, Amerikaanse kletskunstenaar, akteur en vervaardiger.
- 1974 – Mahershala Ali, Amerikaanse akteur.
- 1989 – Elizabeth Olsen, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1991 – Marilyn Ramos, Mej Suid-Afrika in 2012.
Sterftes
- 1391 – Johannes V Palaiologos, Bisantynse keiser (* 1332)
- 1919 – Heinrich Bosse, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1871).
- 1968 – Gert van den Bergh, Suid-Afrikaanse akteur (* 1920).
- 1986 – Howard Da Silva, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1909).
- 2015 – Lesley Gore, Amerikaanse sangeres (* 1946)
- 2016 – Boutros Boutros-Ghali, Egiptiese politikus en sesde sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (* 1922).
- 2017 – Dick Bruna, Nederlandse grafiese ontwerper, tekenaar en skrywer van kinderboeke (* 1927).
- 2020 – Larry Tesler, Amerikaanse rekenaarwetenskaplike (* 1945).
- 2024 – Aleksei Nawalni, Russiese regsgeleerde, politikus en finansiële aktivis (* 1976).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 16 February. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar