Childeric I (c. 437– c. 481) was die koning van die van 457 tot met sy dood in 481. Hy was die vader van Clovis.
Childeric I | |
---|---|
Koning van die Franke | |
Childeric op 'n Franse munt uit 1720 | |
Dinastie | |
Bewind | 457 – 482 |
Ander titels | Koning van die Saliese Franke |
Gebore | c. 440 |
Gesterf | 482 |
Voorganger | Merovech |
Opvolger | Clovis I |
Gade | Basina van Thüringen |
Nakomelinge | Clovis I |
Kinders | Clovis I Audofleda Lanthilde Alboflède |
Vader | Merovech |
Moeder | Vérica |
|
Childeric I het volgens oorlewering sy vader Merovech as koning opgevolg, tradisioneel gedateer in 457 of 458. Met sy Frankiese krygsbende is het hy sy hoofstad in Doornik gevestig op grond wat hy as 'n foederatus van die Romeine ontvang het. Hy het daarna vir 'n tyd lank die vrede met die Romeine bewaar.
In ongeveer 463 in Orléans, het hy saam met die Romeinse generaal , wat in gestasioneer was, die Wesgote verslaan wat van plan was om hulle gebied langs die oewers van die Loirerivier uit te brei. Na die dood van Aegidius het hy eers Comes ("Graaf") Paulus van Angers, saam met 'n gemengde groep Gallo-Romane en Franke, ondersteun in die verslaan van die Gote en die buit van goedere. Odoacer het Angers gehaal, maar Childeric het die volgende dag daar aangekom en gevegte is hervat. Graaf Paulus het gesterf en Childeric het die stad geneem. Na Childeric se verowering van Angers het hy 'n Saksiese krygsbende agternagesit tot by die eilande aan die mond van die Loire aan die Atlantiese Oseaan en hulle daar verdelg. Volgens Gregorius van Tours, het hy daarna kante geruil en saam met 'n groep wat Italië wou binneval, gekeer.
Hy het in 481 gesterf en is in Doornik begrawe. Hy het sy seun Clovis gelaat wat na hom Koning van die Franke geword het.
Childeric se graftombe
Childeric se graftombe is op 27 Mei 1653 ontdek deur 'n messelaar wat besig was met herstelwerk aan die Sint-Brice kerk in Doornik in België. Talle waardevolle voorwerpe is gevind insluitend 'n weelderig versiende swaard, 'n torse-agtige armband, juwele uit goud en cloisonné emalje met granate, goue muntstukke, 'n gou bulkop en 'n ring met die inskripsie CHILDERICI REGIS ("van Childeric die koning"), wat die graftombe se identifikasie moontlik gemaak het. Sowat 300 goue bye is ook gevind. Aartshertog Leopold Willem, goewerneur van die Suidelike Nederlande het die vonds in Latyn laat publiseer en die skat het eers na die Habsburgs in Wene gegaan en is later aan Lodewyk XIV geskenk. Dié was nie beïndruk daarmee nie en het dit in die Bibliothèque Nationale de France laat stoor tydens die Franse Rewolusie. Napoleon was meer geïnteresseerd in in Childeric se bye toe hy opsoek was na 'n heraldiese simbool om die Bourbon fleur-de-lis te troef. Hy het dan ook Childeric se bye as simbool van die gebruik.
In die nag van 5-6 November 1831 is Childeric se skat saam met 80 kg ander skatte uit die biblioteek gesteel en vir die goud gesmelt. 'n Paar stukke is teruggevind waar dit in die Seine weggesteek is, insluitend twee bye. Die rekord van die ontdekking bestaan nou egter slegs in die gravure wat tydens die ontdekking gemaak is en in 'n paar reproduksies wat vir die Habsburgs gemaak is.
Eksterne skakels
- Northvegr webite: Geargiveer 7 Maart 2008 op Wayback Machine Gregorius van Tours, Historia Francorum
- "A note on Childeric's bees": the discovery of his tomb: volg die skakels vir die graverings van Childeric se skat en die twee oorblywende goue bye.
Voorafgegaan deur Merovech | 457–482 | Opgevolg deur Clovis I |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar