Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (ook bekend as die Oos-Rand) is 'n metropolitaanse munisipaliteit wat die plaaslike regering van die Oos-Rand-gebied van Gauteng vorm.
Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (Oos-Rand)
| |
---|---|
Kaart | Vlag |
Wapen | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Koördinate | 26°10′38″S 28°13′19″E / 26.17722°S 28.22194°O |
Gestig op | 2000 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 1 975 vk km |
Hoogte bo seevlak | 1 570 m |
Bevolking: | |
- Totaal | 3 178 470 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 600/vk km |
Tydsone | UTC+2 |
- Somertyd | UTC+2 |
Burgemeester | Tania Lynette Campbell (Demokratiese Alliansie) |
Amptelike webwerf | www.ekurhuleni.com |
Ekurhuleni is een van die 5 distrikte van die Gauteng-provinsie in Suid-Afrika. Die hoofsetel van Ekurhuleni is in Germiston. Die meeste van die 3 178 470 inwoners praat Zoeloe (2011-sensus).
Die naam Ekurhuleni beteken "Plek van Vrede" in Tsonga, maar word amptelik nie in die ander landstale vertaal nie. So word na die gebied in Afrikaans steeds as Oos-Rand verwys, terwyl Engelssprekendes dit East Rand noem. Die Nederlandse Taalunie, gee Oost-Rand aan as die Nederlandse naam van die gebied.
Ekurhuleni is naburig aan:
- Tshwane aan die noordekant
- Metsweding (CBDC2) in die noordooste
- Nkangala (DC31) aan die oostekant
- Sedibeng (DC42) aan die suidekant
- Johannesburg aan die westekant
Stede en dorpe
Die volgende stede, dorpe en buurte is ingesluit by hierdie reuse munisipaliteit, wat in 2000 geskep is:
- Alberton
- Bedfordview
- Benoni
- Boksburg
- Brakpan
- Edenvale
- Germiston
- Kemptonpark
- Nigel
- Springs
Tale
- Zoeloe: 753 094 (30,38%)
- Afrikaans: 320 841 (12,94%)
- Noord-Sotho: 282 815 (11,41%)
- Suid-Sotho: 278 163 (11,22%)
- Engels: 277 942 (11,21%)
- Xhosa: 213 368 (8,61%)
- Tsonga: 141 510 (5,71%)
- Tswana: 76 912 (3,10%)
- Swazi: 45 354 (1,83%)
- Suid-Ndebele: 44 475 (1,79%)
- Venda: 25 757 (1,04%)
- Ander: 18 393 (0,74%)
Etniese groepe
Verwysings
- Ekurhuleni tydens die 2011-sensus
- Die Nederlandse Taalunie is 'n liggaam wat taalsake tussen die drie Nederlandsprekende lande (Nederland, België/Vlaandere en Suriname) reël en vanweë Nederland se historiese taalkundige betrekkinge met die Afrikaanssprekende gemeenskap in Suid-Afrika, sy aktiwiteite ook na dié land uitgebrei het
- Die amptelike taal volgens die Nederlandse Taalunie Nederlandse Taalunie, geraadpleeg op 17 Maart 2013
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar