Nederland is sedert 16 Maart 1815 ’n monargie en word sedertdien regeer deur lede van die Huis van Oranje-Nassau.
Huis van Oranje-Nassau | |
---|---|
Land | Nederland |
Eerste monarg | Willem I |
Datum | 16 Maart 1815 |
Huidige hoof | Willem-Alexander van Nederland |
Geskiedenis
Die eerste koning van Nederland, van 1806 tot 1810, was Frans. Napoleon Bonaparte het sy broer aangestel as koning oor wat toe bekendgestaan het as die Koninkryk van Holland.
Die huidige monargie is oorspronklik in 1813 gestig toe die Franse uitgedryf is en die destyde Prins van Oranje verklaar is tot soewereine prins van die . Die status van die nuwe monargie is in 1815 bevestig by die Kongres van Wene as deel van die herindeling van Europa ná die val van Napoleon. Die hedendaagse Nederland en België is aan die Huis van Oranje-Nassau toegeken om oor te heers as die . Die koning van Nederland het ook die erflike groothertog van Luxemburg geword.
Die eerste koning van Nederland, Willem I, was as kind van prinses Albertine -Agnes van Oranje Nassau (kleindogter van prins Willem van Oranje) ’n direkte afstammeling van wat Nederland sedert 1568 gelei het in hul tagtigjarige stryd om onafhanklikheid van Spanje. Sy familie het ’n groot invloed op die Nederlandse politiek gehad en was afkomstig van , Duitsland, tuiste van die -familie. Willem se titel "Prins van Oranje" het hy gekry deur sy erfenis van die Prinsdom van , Frankryk, in 1544.
Abdikasie het ’n tradisie geword in Nederland. Koningin Wilhelmina en koningin Juliana het albei geabdikeer ten gunste van hul dogters en Willem I het geabdikeer ten gunste van sy oudste seun, . Op 30 April 2013 het koningin Beatrix geabdikeer ten gunste van haar oudste seun, Willem-Alexander van Nederland.
Monarge van Nederland
Toe Wilhelmina (regeer 1890–1948) op tienjarige ouderdom koningin word, het haar ma, , tweede vrou van wyle Willem III, as regent waargeneem totdat Wilhelmina agtien word. Luxemburg was onder die Saliese wet nie bereid om ’n dame as heerser te aanvaar nie. Hule het , die voormalige Hertog van Nassau, gekies as Groothertog van Luxemburg en so die vereniging tussen Nederland en Luxemburg beëindig. Wilhelmina se bewind is oorheers deur die twee wêreldoorloë. Sy en haar man, , het een dogter, Juliana, gehad wat in 1948 koningin geword het. Wilhelmina is in 1962 oorlede.
Juliana (regeer 1948–1980) het ’n meer moederlike karakter gehad. Sy het getrou met prins en hulle het vier dogters gehad: Beatrix, , en . Sy is op 20 Maart 2004 oorlede en haar man op 1 Desember 2004.
Koningin Beatrix (regeer 1980–2013) en haar man, wyle , het drie seuns: Willem-Alexander, wyle prins en prins .
Koning Willem-Alexander (in 1967 gebore) was sedert 1980 die Prins van Oranje. Hy het geskiedenis aan die Universiteit van Leiden studeer en is getroud met koningin Máxima (gebore Máxima Zorreguieta Cerruti), ’n bankier wie se pa ’n minister van landbou in Argentinië was.
Hulle het drie dogters, , en .
Sien ook
- Koningsdag
Bronne
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Monarchy of the Netherlands
Eksterne skakels
- (nl) (en) Amptelike koninklike webtuiste Geargiveer 2 Februarie 2010 op Wayback Machine
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar