Die Koninkryk van Holland (1806–1810) (Nederlands: Koninkrijk Holland, Frans: Royaume de Hollande) was 'n marionetkoninkryk wat deur Napoleon Bonaparte vir sy broer Lodewyk Bonaparte geskep is om beter beheer oor Nederland uit te oefen. Die naam van die voorste Nederlandse provinsie, Holland, is vir die hele land gebruik. In 1807 is die Pruisiese Oos-Friesland en Jever by die koninkryk gevoeg, maar na die Engelse inval in 1809 moes Holland al die grond suid van die Rynrivier aan Frankryk teruggee.
| |||||
| |||||
Ligging van die Koninkryk van Holland | |||||
Hoofstad | Den Haag (1806–1808) Utrecht (1808) Amsterdam (1808–1810) | ||||
Taal/Tale | Nederlands, Frans | ||||
Godsdiens | Protestantisme, Rooms-Katolieke Kerk | ||||
Regering | Monargie | ||||
Koning | Lodewyk Bonaparte | ||||
Historiese tydperk | Eerste Franse Keiserryk | ||||
- Benoeming van Lodewyk Bonaparte tot koning | 5 Junie 1806 | ||||
- Anneksasie deur | 9 Julie 1810 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1795 | 48 000 km2 18 533 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1795 skatting | 2 000 000 | ||||
Digtheid | 41,7 /km² 107,9 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Gulden |
Staatskundige geskiedenis van die Nederlande | ||
Noordelike Nederlande | Suidelike Nederlande | Heilige Romeinse Ryk & Duitse Bond |
van | Goue van Wes-Francië | Goue van Oos-Francië |
Gelre |
|
|
1384 | ||
1482 | ||
1543 (vanaf 1566 ) | ||
1588 Republiek die Sewe Verenigde Nederlande | 1585 | |
1713 | ||
1795 Bataafse Republiek | 1794 | |
1806 Koninkryk Holland | ||
1810 | 1804 | |
1813 | 1814 | |
1815 Verenigde Koninkryk die Nederlande | 1815 Groothertogdom Luxemburg | |
1830 Koninkryk die Nederlande | 1830 Koninkryk België | 1848 & 1867 Groothertogdom Luxemburg |
Koning Lodewyk het nie volgens Napoleon se verwagtinge presteer nie en het probeer om Nederlandse belange te akkommodeer eerder as sy broer s'n. Die koninkryk is in 1810 ontbind waarna Nederland deur Frankryk geannekseer is tot 1813. Die Koninkryk van Holland het rofweg ooreengekom met die gebied wat deur vandag se Nederland gedek word, behalwe vir Limburg, en dele van Zeeland, wat Franse gebied was en Oos-Friesland wat vandag deel is van Duitsland.
Verwysings
- [1], besoek op 7 Julie 2007
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar