<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
9 Julie is die 190ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (191ste in skrikkeljare). Daar volg nog 175 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 926 – Pous Johannes X sluit in Mantua 'n verbond met Hugo van die Provence, koning van Italië.
- 1386 – Veldslag van Sempbach: 1500 man van die Switserse Bondgenootskap vernietig die Oostenrykse aanvalsmag van 6000 man onder hertog Leopold van Habsburg (Oostenryk). Hertog Leopold sterf op die slagveld.
- 1606 – Pous Paulus V skryf 'n brief aan koning James I van Engeland om hom geluk te wens met troonsbestyging (drie jaar later).
- 1753 – Pous Benedictus XIV publiseer Sollicita ac provida oor die herorganisasie van die Indeks van Verbode Boeke.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: die Duitse magte gee in Duits-Suidwes-Afrika hulle op Khorab oor aan Suid-Afrikaanse soldate onder genl. Louis Botha.
- 1916 – Die Suid-Amerikaanse Sokkerassosiasie word in Buenos Aires, Argentinië, deur vier lande gestig.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Holocaust - Anne Frank se gesin begin skuil in 'n solder bo haar vader se kantoor in 'n Amsterdamse pakhuis.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Geallieerde valskermstroepe land in Sisilië en Operasie Husky begin.
- 1962 – Die Starfish Prime-kernontploffing in die ruimte vind plaas.
- 1991 – Suid-Afrika word tot die Olimpiese beweging hertoegelaat ná 30 jaar in isolasie.
- 2002 – Stigting van die Afrika-unie, die opvolger van die Organisasie vir Afrika-eenheid, in Lusaka.
- 2011 – Suid-Soedan verklaar onafhanklikheid van Soedan.
Geboortes
- 1785 – Johannes Smuts, 'n staatsamptenaar, sakeman en die tweede burgemeester van Kaapstad († 1869).
- 1834 – Sir Thomas Scanlen, eerste minister van die Kaapkolonie († 1912).
- 1898 – Gerard Walschap, Vlaamse skrywer († 1989).
- 1901 – Barbara Cartland, Britse skryfster († 2000).
- 1910 – Govan Mbeki, Suid-Afrikaanse politikus en vader van Thabo Mbeki († 2001).
- 1932 – John Anthony West, Amerikaanse skrywer, dosent en geologiegids († 2018).
- 1932 – Donald Rumsfeld, 'n Amerikaanse politikus en sakeman († 2021).
- 1933 – Oliver Sacks, Britse neuroloog en skrywer († 2015).
- 1942 – Richard Roundtree, Amerikaanse akteur († 2023).
- 1947 – O.J. Simpson ("The Juice"), afgetrede Amerikaanse voetbalspeler, akteur en misdadiger († 2024).
- 1948 – Jeanne Zaidel-Rudolph, Suid-Afrikaanse komponis.
- 1956 – Tom Hanks, Amerikaanse akteur.
- 1957 – Kelly McGillis, Amerikaanse filmaktrise en -vervaardiger.
- 1969 – Gert-Jan Segers, Nederlandse politikus.
- 1995 – Georgie Henley, Engelse aktrise.
- 1997 – Tatjana Schoenmaker, Suid-Afrikaanse vroueswemmer.
Sterftes
- 518 – Anastasius I, keiser van Bisantium (* 430).
- 1627 – Dirk Rafaelsz Camphuysen, Nederlandse skilder, digter en teoloog (* 1586)
- 1797 – Edmund Burke, Ierse filosoof en politikus (* 1729)
- 1850 – Zachary Taylor, die twaalfde President van die Verenigde State (* 1784).
- 1959 – T.P.N. Coetsee, Suid-Afrikaanse politikus en merinoteler (* 1874).
- 1984 – Arthur Bleksley, Suid-Afrikaanse wetenskaplike (* 1908).
- 2002 – Rod Steiger, Amerikaanse akteur (* 1925).
- 2019 – Ross Perot, Amerikaanse sakeman, politikus en miljardnêr (* 1930).
- 2021 – Geoff Makhubo, Suid-Afrikaanse politikus en burgemeester van die Johannesburg Metro (* 1968).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 9 July. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar