<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
18 Mei is die 138ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (139ste in skrikkeljare). Daar volg nog 227 dae.
Gebeure
- 1291 – Die Moslems verower die kruisvaarderstad Akko
- 1521 – Pous Leo X verbied Latynse dienste in Griekse kerke.
- 1642 – Stigting van Montréal (Notre-Dame de Ville-Marie de Montréal)
- 1652 – Rhode Island skep die eerste wet in Noord-Amerika wat slawerny onwettig maak.
- 1672 – Pous Clemens X verklaar Jacobus (James) Blanconibus van Mevania salig.
- 1699 – Pous Innocentius XII publiseer die brief Regi saeculorum oor die Jubeljaar 1700.
- 1712 – Pous Clemens XI stel 18 nuwe kardinale aan, waaronder Lodovico Pico della Mirandola, titulêr patriarg van Konstantinopel.
- 1721 – Pous Innocentius XIII word gekroon deur kardinaal Benedetto Pamphili.
- 1724 – Lorenzo Ganganelli (Later Pous Clemens XIV) word Franciskaan.
- 1743 – Pous Benedictus XIV publiseer Nimiam Licentiam oor die geldigheid van gemengde huwelike.
- 1765 – 'n Brand verwoes 'n kwart van die dorp Montreal, Quebec.
- 1803 – Napoleontiese Oorloë: Die Verenigde Koninkryk trek die Verdrag van Amiens terug en verklaar oorlog teen Frankryk.
- 1804 – Napoleon Bonaparte word verklaar as keiser van Frankryk deur die Franse Senaat.
- 1814 – Pous Pius VII publiseer Il trionfo oor die terugkeer na Rome.
- 1848 – Opening van die eerste Duitse Nasionale Vergadering (Nationalversammlung) in Frankfurt, Duitsland
- 1863 – Amerikaanse Burgeroorlog: Die Slag van Vicksburg begin (eindig 4 Julie).
- 1869 – Oorgawe van die Ezo-republiek aan Japan.
- 1899 – Jan van Riebeeck se standbeeld word onthul in Heerengracht Straat, Kaapstad
- 1900 – Die Verenigde Koninkryk verklaar 'n protektoraat oor Tonga.
- 1910 – Die aarde beweeg deur die stert van Halley se Komeet.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Slag van Monte Cassino – Duitsland ontruim Monte Cassino en Geallieerde magte neem die pos oor na ’n geveg wat 20 000 lewens geëis het.
- 1950 – Lord Bertrand Russell, wiskundige en filosoof, ontvang die Nobelprys vir Letterkunde
- 1953 – Rogers Dry Lake, Kalifornië, Jacqueline Cochran word die eerste vrou wat die klankgrens breek (sy het in 'n North American F-86 Sabre teen ’n gemiddelde spoed van 652,337 myl/h gevlieg).
- 1958 – 'n Lockheed F-104 Starfighter stel 'n wêreldspoedrekord van 1 404,19 myl/h.
- 1969 – Apollo-program: Apollo 10 word gelanseer.
- 1974 – Kernwapentoets: As deel van die projek Smiling Buddha laat Indië hulle eerste kernwapen suksesvol ontplof, en word die sesde nasie om dit te doen.
- 1980 – Mount Saint Helens se uitbarsting in die deelstaat Washington - 57 mense sterf.
- 1991 – Somaliland verklaar eensydig sy onafhanklikheid van Somalië.
- 1995 – Alain Juppé word Eerste Minister van Frankryk.
Geboortes
- 1048 – Omar Khayyam, Persiese digter, wiskundige, sterrekundige († 1131).
- 1872 – Lord Bertrand Russell, wiskundige en filosoof († 1970).
- 1883 – Walter Gropius, argitek, stigter van Bauhaus († 1969).
- 1891 – Rudolf Carnap, Duitse filosoof († 1970).
- 1896 – Walter Fitzgerald 'n Engelse akteur († 1976).
- 1912 – Perry Como, Amerikaanse sanger († 2001).
- 1912 – Walter Sisulu, anti-apartheid aktivis († 2003).
- 1919 – Dame Margot Fonteyn, balletdanseres († 1991)
- 1920 – Pous Johannes Paulus II, die 264ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 2005).
- 1922 – Bill Macy, Amerikaanse akteur († 2019).
- 1928 – Pernell Roberts, Amerikaanse akteur († 2010).
- 1931 – Robert Morse, Amerikaanse akteur († 2022).
- 1934 – Dwayne Hickman, Amerikaanse akteur en regisseur († 2022).
- 1937 – Christiane Jaccottet, Switserse klavesimbelspeelster († 1999).
- 1969 – Martika, Kubaans-Amerikaanse sanger.
- 1970 – Tina Fey, skrywer, komediant, aktrise.
- 1986 – Kevin Anderson, Suid-Afrikaanse tennisspeler.
- 1990 – Simoné Nortmann, Suid-Afrikaanse aktrise.
Sterftes
- 526 – Pous Johannes I (* 470), die 53ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1012 – Johannes III Crescentius.
- 1675 – Jacques Marquette, 'n Franse Jesuïetsendeling en ontdekkingsreisiger (* 1637).
- 1911 – Gustav Mahler, Tsjeggies-Oostenrykse komponis en dirigent (* 1860).
- 1964 – Harm Oost, 'n Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en politikus (* 1877).
- 1988 – Daws Butler, Amerikaanse akteur (* 1916).
- 1990 – Jill Ireland, Britse aktrise (* 1936).
- 1995 – Elizabeth Montgomery, Amerikaanse aktrise (* 1933).
- 1995 – Alexander Godunov, Amerikaanse balletdanser, akteur (* 1949).
- 1995 – Elisha Cook Jr., Amerikaanse akteur (* 1903).
- 2013 – Vuyo Mbuli, SAUK-TV en radiopersoonlikheid (* 1967).
- 2016 – Samuel Pauw, Suid-Afrikaanse modernistiese en postmodernistiese argitek (* 1936).
- 2021 – Charles Grodin, Amerikaanse akteur (* 1935).
- 2023 – Jim Brown, 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, voetbalspeler en regisseur (* 1936).
Vakansiedae
- Feesdag van Pous Johannes I in die Rooms-Katolieke Kerk.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar