<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
28 Maart is die 87ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (88ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 278 dae in hierdie jaar.
Gebeure
- 845 – Parys word beleer deur Viking stropers, waarskynlik onder die leiding van Ragnar Lodbrok, wat 'n groot klomp geld verlang voor hulle bereid is om die stad te verlaat.
- 1509 – Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) word biskop van Parma.
- 1676 – Pous Clemens X verklaar Johannes van Kanti salig.
- 1776 – Juan Bautista de Anza vind die aangewese plek vir die Presidio of San Francisco.
- 1804 – Die Bocken-oorlog naby Zürich begin toe die boere om Zürich in opstand kom teen verhoogte belastings deur die Stad Zürich.
- 1854 – Krimoorlog: Die Verenigde Koninkryk en Frankryk verklaar oorlog teen Rusland.
- 1910 – Henri Fabre word die eerste persoon wat 'n seevliegtuig loods nadat hy opgestyg het vanaf water naby Martigues, Frankryk.
- 1930 – Konstantinopel en Angora verander hulle name na Istanbul en Ankara.
- 1939 – Spaanse Burgeroorlog: Generalissimo Francisco Franco verower Madrid, en beëindig die oorlog.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Britse Kommando's val Saint-Nazaire aan.
- 1964 – Die eerste roofradio-stasie, Radio Caroline, word gevestig.
- 1979 – In Pennsilvanië faal 'n pomp in die verkoelingstelsel van die kernreaktor by Three Mile Island, wat daartoe lei dat radio-aktiewe water ontsnap en lei tot 'n kernsmelting (Engels: nuclear meltdown).
- 1994 – In Suid-Afrika baklei Inhatha en ANC-ondersteuners in sentraal-Johannesburg wat lei tot 18 sterftes.
- 2002 – Die uitstalling "The Italians: Three Centuries of Italian Art" open in die Nasionale galery van Australië.
- 2016 – Die Oculus Rift 'n kommersiële produk waarmee 'n skynwerklikheid beleef kan word, word vir die publiek vrygestel.
Geboortes
- 1609 – Koning , († 1670).
- 1605 – Johann Amos Comenius, bekend as die vader van moderne onderwys, († 1670).
- 1862 – , politikus, wenner van die Nobelprys vir Vrede 1926, († 1932).
- 1871 – Willem Mengelberg, Nederlandse konsertdirigent († 1951).
- 1887 – Helena Barry-Hofmeyr, Vrystaatse Nasionale L.P.R., († 1954).
- 1902 – Dame Flora Robson, Engelse aktrise († 1984).
- 1906 – Robert Allen, Amerikaanse akteur († 1998).
- 1909 – Nelson Algren, Amerikaanse skrywer († 9 Mei 1981).
- 1913 – Fred le Roux, Afrikaanse joernalis, lektor en redakteur († 1984).
- 1921 – Dirk Bogarde, Britse akteur, († 1999).
- 1923 – Monica Breed, Afrikaanse omroeper, aktrise en skrywer van kleuterprogramme en hoorbeelde († 2021).
- 1924 – Freddie Bartholomew, Amerikaanse akteur († 1992).
- 1928 – Zbigniew Brzeziński, Sekurieteitadviseur van die VSA († 2017).
- 1933 – Cobus Rossouw, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1942 – Daniel Dennett, Amerikaanse filosoof.
- 1943 – Conchata Ferrell, Amerikaanse aktrise, († 2020).
- 1948 – Dianne Wiest, Amerikaanse aktrise
- 1949 – Paul Bayvel, Springbokrugby speler († 2020).
- 1955 – Reba McEntire, Amerikaanse sanger en aktrise.
- 1970 – Vince Vaughn, Amerikaanse akteur.
- 1975 – Shanna Moakler, Amerikaanse aktrise.
- 1978 – Eusebius McKaiser, Suid-Afrikaanse politieke ontleder, joernalis en uitsaaier († 2023).
- 1981 – Julia Stiles, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
- 1285 – Pous Martinus IV, die 189ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1210).
- 1687 – Constantijn Huygens, 'n digter, komponis, argitek, diplomaat en geleerde van die Nederlandse Goue Eeu (* 1596).
- 1884 – Prins Leopold, Hertog van Albany, seun van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk (* 1853).
- 1905 – Sir Charles Adderley, Britse staatsman na wie Adderleystraat in Kaapstad vernoem is (* 1814).
- 1935 – Tielman Roos, advokaat, regter, politikus en Suid-Afrikaanse minister van justisie (* 1879).
- 1941 – Virginia Woolf, Britse skryfster († 1882).
- 1943 – Sergei Rachmaninoff, Russiese komponis (* 1873).
- 1953 – Jim Thorpe, Amerikaanse atleet (* 1887).
- 1969 – Dwight D. Eisenhower, Generaal in die Amerikaanse Weermag en 34ste President van die Verenigde State (* 1890).
- 1996 – Dick Findlay, Suid-Afrikaanse kunstenaar en dramaturg (* 1928).
- 2016 – Jo Onderstall, 'n Suid-Afrikaanse amateur-plantkundige (* 1929).
- 2017 – Ahmed Kathrada, ANC-lid en anti-apartheidsaktivis (* 1929).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 28 Maart. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar