<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
21 Augustus is die 233ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (234ste in skrikkeljare). Daar volg nog 132 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1740 – Pous Benedictus XIV word gekroon deur kardinaal Carlo Maria de' Marini.
- 1901 – Die Cadillac Motormaatskappy word gestig in Detroit, Michigan, Verenigde State.
- 1959 – Hawaii word die 50ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1972 – Die olietenkskepe Texanita en Oswego Guardian bots voor Stilbaai en eersgenoemde sink.
- 1977 – Sestien plaaswerkers word doodgeskiet deur ZANLA-kaders by die Odzanu Junction-plaas naby Umtali, Rhodesië.
- 1986 – Giftige gas ontsnap van die vulkaniese Nyosmeer in Kameroen en meer as 1 700 mense sterf.
- 1989 – Raymond Suttner, anti-apartheidsaktivis en dosent in die regte aan Wits, woon die kongres van die OAE in Harare by, ondanks sy inperking.
- 1991 – Letland word van die Sowjetunie onafhanklik.
Geboortes
- 1165 – Filips II van Frankryk, koning van Frankryk († 1223).
- 1698 – Giuseppe "del Gesù" Guarneri, Italiaanse maker van strykinstrumente van die Guarneri-familie van Cremona († 1744).
- 1765 – William IV, koning van Groot-Brittanje († 1837).
- 1789 – Augustin Louis Cauchy, Frans wis- en natuurkundige († 1857).
- 1797 – John Montagu, Koloniale Sekretaris van die Kaap die Goeie Hoop († 1853).
- 1824 – Egidius Benedictus Watermeyer, Suid-Afrikaanse skrywer en regter († 1867).
- 1904 – Count Basie, Amerikaanse musikant en komponis († 1984).
- 1917 – Tini Vorster, voormalige presidentsvrou van Suid-Afrika († 2000).
- 1929 – Ahmed Kathrada, ANC-lid en anti-apartheidsaktivis († 2017).
- 1930 – Prinses Margaret, Gravin van Snowdon, Britse koninklike († 2002).
- 1938 – Kenny Rogers, Amerikaanse sanger en akteur († 2020).
- 1939 – Festus Mogae, politikus en derde president van Botswana (1998–2008).
- 1942 – Maria Kaczyńska, Poolse presidentsvrou († 2010).
- 1943 – Tolla van der Merwe, Suid-Afrikaanse storieverteller en komediant († 2000).
- 1944 – Eleanor Baker, Suid-Afrikaanse skrywer († 2002).
- 1945 – Patty McCormack, Amerikaanse aktrise.
- 1955 – Ngoako Ramathlodi, politikus en voormalige premier van Limpopoprovinsie.
- 1956 – Kim Cattrall, Kanadees-Britse aktrise.
- 1959 – Margaret Gardiner, Suid-Afrikaanse skoonheidskoningin en joernalis.
- 1961 – Stephen Hillenburg, Amerikaanse animator, bedenker SpongeBob SquarePants († 2018)
- 1967 – Carrie-Anne Moss, Kanadese model en rolprentaktrise.
- 1975 – Alicia Witt, Amerikaanse aktrise.
- 1986 – Usain Bolt, Jamaikaanse atleet.
- 1989 – Rob Knox, Britse akteur († 2008).
- 1989 – Hayden Panettiere, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 1992 – Felipe Nasr, Brasiliaanse F1-renjaer.
Sterftes
- 1870 – Johannes Poortermans, Nederlands gebore skilder en litograaf (* 1786)
- 1938 – Frans Engelenburg, Suid-Afrikaanse joernalis en koerantredakteur en tweekeer voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (* 1863).
- 1940 – Leon Trotsky, Russiese teoretikus en politikus (* 1879).
- 1978 – Nicolaas Diederichs, politikus en derde Staatspresident van Suid-Afrika (1975–1978) (* 1903).
- 1982 – Sobhuza II (83), Paramount Chief (Opperhoofman) van Swaziland, later koning van Swaziland (* 1899).
- 2014 – Verna Vels, Afrikaanse skryfster en omroeper (* 1933).
- 2018 – John van Reenen, Suid-Afrikaanse wêreldrekordhouer in skyfwerp (* 1947).
- 2018 – Stefán Karl Stefánsson, Yslandse akteur en sanger (* 1975).
- 2021 – Nicoletta Orsomando, Italiaanse televisie-aanbieder en aktrise (* 1929).
- 2024 – William Smith, Suid-Afrikaanse wetenskap- en wiskunde-onderwyser, bekend op televisie (* 1939).
Gepubliseer
- 1871 – Die apostoliese konstitusie "In Hac Sublimi" deur Pous Pius IX.
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 21 August. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar