<< | Oktober 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
17 Oktober is die 290ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (291ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 75 dae.
Gebeure
- 732 – Slag van Poitiers; Karel Martel verslaan die Islamitiese leër onder aanvoering van Abd-el-Rahman.
- 1346 – Koning David II van Skotland lei 'n inval teen Engeland tydens die Honderdjarige oorlog, maar word gevange geneem in die Slag van Neville's Cross.
- 1404 – Pous Innocentius VII volg Pous Bonifatius IX op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1544 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word kardinaal-biskop van Albano.
- 1604 – Kepler se Ster: Die Duitse sterrekundige Johannes Kepler neem 'n uitsonderlike helder ster waar wat skielik in die Ophiuchus-konstellasie verskyn het.
- 1772 – Pous Clemens XIV sluit die Jesuïte-kollege Collegium Romanum onder druk van die Bourbon-prinse.
- 1777 – Amerikaanse Vryheidsoorlog: Die koloniale magte oorwin die Britte tydens die Slag van Saratoga.
- 1806 – Keiser Jacques I van Haïti sterf in 'n sluipmoordaanval naby Port-au-Prince.
- 1887 – The Star-dagblad verskyn die eerste keer in Johannesburg.
- 1961 - Witrenosters word hervestig in die Krugerwildtuin.
- 1968 – Die swart atlete Tommie Smith en John Carlos teken stomprotes aan teen rassediskriminasie in Amerika by die Olimpiese Spele in Meksiko.
- 1970 – Anwar Sadat word president van Egipte
- 1989 – Die Loma Prieta-aardbewing, die grootste aardbewing op die San Andreas-breuk in Kalifornië sedert 1906, tref die San Francisco-baaigebied.
- 2003 – Die toringspits word by die dak van die 106-vloer hoë wolkekrabber Taipei 101 in Taipei gevoeg, wat dit die Petronas-torings in Kuala Lumpur laat verbysteek om destyds die wêreld se hoogste gebou te word.
Geboortes
- 1577 – Dmitri Pozjarski, Russiese prins van die Rjoerik-dinastie († 1642)
- 1835 – Alexine Tinne, Nederlandse ontdekkingsreisiger († 1869).
- 1902 – Irene Ryan, Amerikaanse aktrise († 1973).
- 1912 – Albino Luciani, later Pous Johannes Paulus I, die 263ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1978).
- 1915 – Arthur Miller, Amerikaanse skrywer († 2005).
- 1918 – Rita Hayworth, Amerikaanse aktrise en danser (± 1987).
- 1920 – Montgomery Clift, Amerikaanse rolprent- en teaterakteur († 1966).
- 1926 – Julie Adams, Amerikaanse aktrise († 2019).
- 1933 – "Bill" Anders, Apollo 8-ruimtevaarder († 2024).
- 1938 – Evel Knievel, Amerikaanse waaghals en vermaakkunstenaar († 2007).
- 1945 – Graça Machel, Eerste Dame van Mosambiek en later ook Suid-Afrika.
- 1947 – Erik Aaby, voormalige Noorweegse tydrenjaer.
- 1948 – S'bu Ndebele, Suid-Afrikaanse ANC-politikus.
- 1954 – Thomas Davenport, Amerikaanse kennisbestuurkundige
- 1968 – Thom Edward Yorke, hoofsanger van Radiohead.
- 1969 – Ernie Els, Suid-Afrikaanse beroepsgholfspeler en entrepeneur.
- 1972 – Eminem, Amerikaanse kletsrymer.
- 1979 – Kimi Räikkönen, Finse motorrenjaer.
- 1987 – Andriëtte Norman, Afrikaanse sangeres.
- 1990 – Patrick Lambie, Springbokrugbyspeler.
- 1992 – Jacob Artist, Amerikaanse akteur.
Sterftes
- 532 – Pous Bonifatius II, die 55ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1744 – Giuseppe "del Gesù" Guarneri, Italiaanse maker van strykinstrumente uit die Guarneri-familie van Cremona (* 1698).
- 1837 – Johann Hummel, Duitse komponis (* 1778).
- 1849 – Frédéric Chopin, Poolse pianis en komponis (* 1810).
- 1973 – Ingeborg Bachmann, Oostenrykse skryfster (* 1926).
- 2019 – Bill Macy, Amerikaanse akteur (* 1922).
- 1967 – Puyi, laaste Chinese keiser (* 1906).
- 1967 – Jan Serfontein, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister 1954–1966 (* 1898)
- 1970 – Vola Vale, Amerikaanse aktrise (* 1897).
- 1973 – Ingeborg Bachmann, Oostenrykse skrywer en digter (* 1926).
- 1991 – Tennessee Ernie Ford, Amerikaanse akteur en sanger (* 1919).
- 2007 – Joey Bishop, Amerikaanse akteur (* 1918).
- 2008 – Levi Stubbs, Amerikaanse akteur en sanger (* 1936).
- 2015 – Danièle Delorme, Franse aktrise en vervaardiger (* 1926).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 17 Oktober. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar