<< | Oktober 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
27 Oktober is die 300ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (301ste in skrikkeljare). Daar volg nog 65 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 312 – Keiser Konstantyn die Grote wen die veldslag by die Milviaanse brug.
- 625 – Pous Honorius I volg Pous Bonifatius V op.
- 1254 – Pous Innocentius IV hou sy triomfantelike intog in Napels.
- 1597 – Alfonso II, hertog van Ferrara, sterf kinderloos. Pous Clemens VIII voeg Ferrara toe tot die pouslike staat.
- 1608 – Maffeo Barberini (later Pous Urbanus VIII) word biskop van Spoleto.
- 1795 – Die VSA en Spanje teken die Verdrag van Vriendskap, Limiete en Navigasie, wat die grense tussen die Spaanse kolonies en die VSA bepaal.
- 1873 – Die Tradouwpas word oopgestel deur sir Henry Barkly.
- 1904 – Die eerste gedeelte van die New York Stad-moltrein open tussen die New York-stadsaal en die Bronx.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Die Amerikaanse vliegdekskip USS Hornet word deur Japannese lugaanvalle gekelder (reeds op 26ste aangeval).
- 1943 – In Kaapstad stig die NG gemeente Pinelands af van die NG gemeente Maitland.
- 1958 – Generaal Ayub Khan werp Iskander Mirza omver in ’n bloedlose staatsgreep; Khan word die tweede president van Pakistan slegs drie weke nadat Mirza hom aangestel het as handhawer van krygswet.
- 1979 – St. Vincent en die Grenadines word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
Geboortes
- 1782 – Niccolò Paganini, Italiaanse violis († 1840).
- 1858 – Theodore Roosevelt, 26ste president van die Verenigde State (tussen 1901 en 1909) († 1919).
- 1896 – Edith Brown, oorlewende van die Titanic-skeepsramp († 1997).
- 1913 – H.J.J.M. van der Merwe, Afrikaanse taalkundige († 1974).
- 1915 – Hermien Dommisse, Suid-Afrikaanse aktrise en regisseur († 2010).
- 1917 – Oliver Tambo, ANC-president en vryheidsvegter († 1993).
- 1932 – Sylvia Plath, 'n Amerikaanse digter, romanskrywer, en kortverhaalskrywer († 1963).
- 1933 – Jan Hettema, Olimpiese fietsryer en Springbok-tydrenjaer († 2016).
- 1939 – John Cleese, Britse akteur.
- 1952 – Brigitte Engerer, Franse pianis († 2012).
- 1958 – Jonathan Shapiro, Suid-Afrikaanse spotprenttekenaar.
- 1977 – Tessa Jubber, Suid-Afrikaanse aktrise.
Sterftes
- 1605 – Akbar die Grote, Mogolheersers van Indië (* 1542)
- 1939 – Elizabeth Conradie, Afrikaanse lektor en navorser (* 1903).
- 1958 – Doktor Carel Gerretson, Nederlandse skrywer, essayis, geskiedkundige en politikus (* 1884).
- 2010 – Gideon Joubert, Suid-Afrikaanse verslaggewer en skrywer (* 1923).
- 2013 − Lou Reed, Amerikaanse musikant en fotograaf (* 1942).
- 2017 – Cecil Moss, 'n Springbokrugbyspeler, afrigter en dokter (* 1925).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
- Onafhanklikheidsdag in Sint Vincent en die Grenadine (1979).
- Onafhanklikheidsdag in Turkmenistan (1991).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 27 October. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar