<< | Oktober 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
2 Oktober is die 275ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (276ste in skrikkeljare). Daar volg nog 90 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 313 – Die eerste Lateraanse sinode vind plaas.
- 1316 – Pous Johannes XXII neem sy intrek in Avignon.
- 1529 – Martin Luther en Ulrich Zwingli ontmoet in Marbach. ’n Geskil oor die gebruik van die nagmaal lei daartoe dat Switserse en Duitse Protestante nie verenig nie.
- 1623 – Pous Urbanus VIII stel sy neef Francesco Barberini sr. aan as kardinaal.
- 1730 – Pous Clemens XII stel vier nuwe kardinale aan, waaronder Alessandro Aldobrandini, titulêr aartsbiskop van Rodi.
- 1756 – Gregorio Barnaba Chiaramonti, later Pous Pius VII, word Benediktyner-monnik.
- 1758 – Pous Clemens XIII stel Antonio Marino Priuli, biskop van Vicenza, en François-Joachim de Pierres de Bernis, kanunnik van Lyon, aan as kardinale.
- 1826 – Pous Leo XII stel tien nuwe kardinale aan, waaronder Pietro Caprano, titulêr aartsbiskop van Iconio.
- 1835 – Die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog begin.
- 1847 – Pous Pius IX stel munisipale bestuur van Rome in.
- 1901 – Die Britse Vloot laat hul eerste duikboot te water.
- 1954 – Die Maria van Riebeeck-standbeeld word deur prins Bernhard van Lippe-Biesterfeld onthul.
- 1958 – Guinee ontvang onafhanklikheid van Frankryk
- 1981 – Switserse elektronika en tegnologie maatskappy Logitech gestig deur ingenieurs Daniel Borel, Pierluigi Zappacosta en Giacomo Marini.
- 1990 – Die Duitse Demokratiese Republiek (DDR), wat sedert 7 Oktober 1949 op die grondgebied van die voormalige Sowjet-besettingsone in Oos-Duitsland en die Sowjet-sektor van (Oos-)Berlyn bestaan het, kom tot ’n einde.
- 2004 – Parkrun word deur Paul Sinton-Hewitt gestig by Bushy Park in Londen, Engeland.
Geboortes
- 1452 – Richard III, koning van Engeland († 1485).
- 1627 – Patriarg Adriaan van Moskou, laaste Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland († 1700).
- 1852 – Curt von François, die stigter van Windhoek († 1931).
- 1852 – William Ramsay, Skotse chemikus en Nobelpryswenner († 1916).
- 1857 – MT Steyn, president van die Vrystaat († 1916).
- 1867 – James Stevenson-Hamilton, Suid-Afrikaanse wild- en natuurbewaarder en (Britse) soldaat († 1957).
- 1869 – Mahatma Gandhi, Indiese massa-bewegingsleier († 1948).
- 1897 – Bud Abbott, Amerikaanse akteur en komediant († 1974).
- 1926 – Jan Morris, Walliese geskiedkundige, outeur en reisskrywer († 2020).
- 1929 – Lorrae Desmond, Australiese aktrise († 2021).
- 1936 − Sandra Seacat, Amerikaanse aktrise en leermeesteres († 2023).
- 1944 − Ton Koopman, Nederlandse dirigent, orrelis, klavesimbelspeler en musikoloog.
- 1951 – Sting, Britse akteur en sanger.
Sterftes
- 829 – Michael II, keiser van die Bisantynse Ryk (* 770).
- 1264 – Pous Urbanus IV, 182ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1195).
- 1919 – Alfred Geist, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1863).
- 1920 – Max Bruch, Duitse komponis (* 1838).
- 1927 – Svante Arrhenius, Sweedse chemikus, fisikus en Nobelpryswenner (* 1859).
- 1985 – Rock Hudson, Amerikaanse akteur (* 1925).
- 1998 – Gene Autry, Amerikaanse akteur (* 1907).
- 1999 – Sarel Hayward, Suid-Afrikaanse politikus (* 1924).
- 1999 – Heinz G. Konsalik, Duitse outeur (* 1921).
- 1999 – Georg Tintner, Oostenrykse dirigent (* 1917).
- 2016 – Neville Marriner, Engelse violis en dirigent (* 1924).
- 2023 – Trienke Laurie, Suid-Afrikaanse skrywer ((* 1946).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar