<< | Oktober 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
8 Oktober is die 281ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (282ste in skrikkeljare). Daar volg nog 84 dae.
Gebeure
- 451 – Die Konsilie van Chalcedon vind plaas.
- 1503 – Pous Pius III word gekroon deur kardinaal Raffaello Sansoni Riario.
- 1546 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word kardinaal-biskop van Sabina.
- 1582 – Weens die implementering van die Gregoriaanse kalender, word 8 Oktober 1582 in Italië, Pole, Portugal en Spanje oorgeslaan.
- 1584 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII) word pouslike legaat in Bologna.
- 1645 – Pous Innocentius X verklaar Sint Philip Benzi salig.
- 1871 – Die Groot Vuur van Chicago breek uit.
- 1912 – Die Eerste Balkanoorlog begin toe Montenegro teen Turkye oorlog verklaar.
- 1913 – 'n Noorweegse meisie, genaamd Solveig Gunbjörg Jacobsen, word die eerste kind wat in Antarktika gebore is.
- 1936 – Die eerste uitgawe van die Kaapstadse middagblad Die Suiderstem verskyn as lyfblad van die Verenigde Party.
- 1967 – Che Guevara, 'n Argentynsgebore dokter, Marxistiese revolusionêr en Kubaanse guerrillaleier, word naby La Higuera, Bolivië, in hegtenis geneem.
- 1987 – Die vierde Krieketwêreldbeker begin in Indië en Pakistan.
Geboortes
- 1551 – Giulio Caccini, Italiaanse komponis van die vroeë baroktydperk († 1618).
- 1670 – Hendrik van der Stel, seun van Simon van der Stel († 1722).
- 1884 – Walter von Reichenau, veldmaarskalk in die Duitse Leër († 1942).
- 1888 – Friedrich Fromm, Duitse generaal († 1945).
- 1895 – Juan Perón, Argentynse militaris en president van Argentinië († 1974).
- 1903 – Mikro (die skuilnaam van Christoffel Hermanus Kühn), Afrikaanse skrywer († 1968).
- 1906 – Gerry Brand, Springbokrugbyspeler († 1996).
- 1920 – Frank Herbert, Amerikaanse wetenskapfiksieskrywer († 1986).
- 1934 – Kader Asmal, Suid-Afrikaanse kabinetsminister († 2011).
- 1944 – Jean-Yves Ollivier, Franse sakeman en parallel-diplomaat.
- 1947 – Bob van Asperen, Nederlandse klavesimbel- en Vroeë-klawerbordspeler en dirigent.
- 1949 – Sigourney Weaver, Amerikaanse aktrise en rolprentvervaardiger.
- 1970 – Matt Damon, Amerikaanse akteur.
- 1984 – Tansey Coetzee, Suid-Afrikaanse skoonheidskoningin, in 2007 as Mej. Suid-Afrika gekroon.
- 1997 – Bella Thorne, Amerikaanse aktrise en sangeres.
Sterftes
- 1354 – Cola di Rienzo, Middeleeuse Italiaanse politikus en populêre leier (* 1313).
- 1869 – Franklin Pierce, die veertiende President van die Verenigde State (* 1804).
- 1886 – George French Angas, Britse en Australiese kunstenaar (* 1822).
- 1967 – Clement Attlee, Eerste minister van die Verenigde Koninkryk (* 1883)
- 1982 – Fernando Lamas, Argentynse akteur (* 1915)
- 1987 – Konstantinos Tsatsos, 2de President van Griekeland (* 1899)
- 1992 – Willy Brandt, Duitse regsgeleerde en politikus, 4de Bondskanselier van Wes-Duitsland, Nobelpryswenner (* 1913)
- 2001 – Dmitry Polyansky, eerste adjunkpremier van die Sowjetunie (* 1917)
- 2012 – Nawal Kishore Sharma, Indiese politikus, 20ste Goewerneur van Gujarat (* 1925)
- 2013 – Akong Rinpoche, Tibettaans-Chinese geestelike leier (* 1939)
- 2023 - Burt Young, Amerikaanse akteur (* 1940).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 8 Oktober. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar