<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
18 Maart is die 77ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (78ste in skrikkeljare). Daar volg nog 288 dae.
Gebeure
- 178 – Pous Julianus van Alexandrië volg Agrippinus as Patriarg van die Kerk in Alexandrië op.
- 417 – Pous Zosimus volg Pous Innocentius I op.
- 731 – Pous Gregorius III volg Pous Gregorius II op.
- 1123 – Pous Callixtus II hou die Eerste Lateraanse Konsilie.
- 1226 – Pous Honorius III verklaar William, aartsbiskop van York heilig.
- 1229 – Sesde Kruistog: Heilige Romeinse Keiser Frederick II verklaar homself tot Koning van Jerusalem.
- 1310 – Jacques Duèze (later Pous Johannes XXII) word biskop van Avignon.
- 1438 – Albert II van Habsburg word Koning van die Romeine in die Heilige Romeinse Ryk.
- 1513 – Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III) word aartsbiskop van Siponte Manfredonia.
- 1686 – Vincenzo Maria Orsini, (Later Pous Benedictus XIII) word Metropolitaanse aartsbiskop van Benevento (Italië).
- 1715 – Vincenzo Maria Orsini, (Later Pous Benedictus XIII) word kardinaal-biskop van Porto e Santa Rufina.
- 1751 – Pous Benedictus XIV publiseer Providas Romanorum teen Vrymesselary.
- 1839 – Die Eerste Opiumoorlog breek uit.
- 1921 – Die Pools-Sowjetoorlog, wat die grens tussen die Tweede Poolse Republiek en Sowjet Rusland bepaal, kom formeel tot ’n einde met die ondertekening van die Vrede van Riga.
- 1921 – Die Kronstadt-rebellie word deur die Rooi Leër onderdruk.
- 1922 – Mahatma Gandhi word gevonnis tot ses jaar tronkstraf vir burgerlikeongehoorsaamheid.
- 1965 – Ruimtevaarder Aleksei Leonof trek ’n ruimtepak aan en verlaat die Voskhod 2 ruimtetuig om die eerste persoon te word om in die ruimte te loop
- 1976 – Die Suid-Afrikaanse Vloot neem sy eerste duikboot, die SAS Maria van Riebeeck, in gebruik.
- 1980 – Tropiese sikloon Kolia, suid van Madagaskar, veroorsaak buitengewone deinings langs die Natalse kus. Golwe so hoog as 5 meter stort oor die seewalle van Laer Marine Parade in Durban en rig groot skade aan.
- 1988 – Die Hugenotetonnel op die N1-hoofweg tussen die Paarl en Worcester (Wes-Kaap, Suid-Afrika) word amptelik geopen.
Geboortes
- 1496 – Maria Tudor, koningin van Frankryk († 1533).
- 1733 – Friedrich Nicolai, Duitse skrywer en uitgewer († 1811).
- 1834 – Marie Koopmans-de Wet, kampvegter vir Afrikanerregte, kultuurleidster en beskermvrou van die kunste († 1906).
- 1837 – Grover Cleveland, die 22ste en 24ste President van die Verenigde State († 1908).
- 1837 – Richard Maurice Bucke, Kanadese psigiater († 1902).
- 1858 – Rudolf Diesel, Duitse ingenieur en uitvinder († 1913).
- 1869 – Neville Chamberlain, Britse politikus († 1940).
- 1914 – Anna Scheepers, ’n Suid-Afrikaanse vakbondleier († 1999)
- 1926 – Peter Graves, Amerikaanse akteur en regisseur († 2010).
- 1928 – Fidel Ramos, Filippynse president (1992 - 1998).
- 1931 – Jürgen Schadeberg, Duitsgebore Suid-Afrikaanse fotograaf en kunstenaar († 2020).
- 1932 – John Updike, Amerikaanse skrywer († 2009).
- 1936 – Frederik Willem de Klerk, Suid-Afrikaanse politikus (Nasionale Party) en laaste blanke staatspresident († 2021).
- 1945 – Susan Tyrrell, Amerikaanse aktrise († 2012).
- 1947 – Stevo Crvenkovski, diplomaat van die Republiek van Masedonië († 2004).
- 1950 – Brad Dourif, Amerikaanse akteur.
- 1959 – Luc Besson, Franse filmregisseur en scenarioskrywer.
- 1965 – Alan Winde, Premier van die Wes-Kaap.
- 1970 – Suzan Anbeh, Duitse aktrise.
- 1972 – Dane Cook, Amerikaanse akteur en komediant.
- 1979 – Adam Levine, Amerikaanse sanger.
- 1982 – Timo Glock, Duitse F1- en motorrenjaer.
- 1993 – Urassaya Sperbund, Thai-Noorweegse aktrise.
- 1997 – Rieko Ioane, Nieu-Seelandse rugbyspeler.
- 1997 – Ciara Bravo, Amerikaanse aktrise en sangeres.
Sterftes
- 978 – Eduard die Martelaar, koning van die Angel-Saksiese Koninkryk Wessex in Engeland (* 962).
- 1227 – Pous Honorius III, 177ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1148).
- 1584 – Iwan die Verskriklike, tsaar van Rusland (* 1530).
- 1768 – Laurence Sterne, Iersgebore Engelstalige romansier, en 'n Anglikaanse predikant (* 1713)
- 1928 – Paul van Ostaijen, Vlaamse digter (* 1896).
- 1856 – Sir Henry Pottinger, Britse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1789).
- 1949 – Billy Millar, Suid-Afrika se elfde Springbokkaptein (* 1883).
- 1980 – Erich Fromm, Duits-Amerikaanse sielkundige (* 1900).
- 2007 – Bob Woolmer, Engelse krieketspeler en -afrigter (* 1948).
- 2009 – Moultrie Patten, Amerikaanse akteur (* 1919).
- 2009 – Natasha Richardson, Brits-Amerikaanse aktrise (* 1963).
- 2016 – Guido Westerwelle, Duitse politikus (* 1961).
- 2020 – Alfred Worden, Amerikaanse ruimtevaarder en ingenieur (* 1932).
- 2024 – Hans Heese, Suid-Afrikaanse skrywer en genealoog (* 1945).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 18 March. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar