Bonginkosi Emmanuel "Blade" Nzimande (gebore 14 April 1958) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat tussen Mei 2009 en Oktober 2017 as Minister van Hoër Onderwys en Opleiding, en weer sedert 30 Mei 2019 as Minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Tegnologie dien. Einde Februarie 2018 is hy deur president Cyril Ramaphosa as Minister van Vervoer benoem. Na Malusi Gigaba se bedanking, het hy ook vir 10 dae as waarnemende Minister van Binnelandse Sake gedien.
Blade Nzimande | |
Blade Nzimande in 2011 | |
Minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Tegnologie | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 30 Mei 2019 | |
Vise | Buti Manamela. |
---|---|
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | nuwe pos geskep |
Waarnemende Minister van Binnelandse Sake | |
Ampstermyn 13 November 2018 – 22 November 2018 | |
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Malusi Gigaba |
Opgevolg deur | Siyabonga Cwele |
Minister van Vervoer | |
Ampstermyn 28 Februarie 2018 – 29 Mei 2019 | |
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | |
Opgevolg deur | Fikile Mbalula |
Minister van Hoër Onderwys en Opleiding | |
Ampstermyn 11 Mei 2009 – 17 Oktober 2017 | |
President | Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur | Naledi Pandor |
Opgevolg deur | Hlengiwe Mkhize |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 14 April 1958 Edendale, Natal, Suid-Afrika |
Politieke party | Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party |
Alma mater | Georgetown High, Edendale Universiteit van Natal |
Hy dien as uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en besit 'n doktorsgraad in filosofie met spesialisering in sosiologie. By die COSATU-konferensie in Junie 2011 het Nzimande hom sterk uitgespreek teen voorstelle oor nasionalisering, deur te beweer dat dit nie noodwendig progressief is nie en afhang van watter klasbelange bevorder sal word.
Nzimande is die skrywer van die boek Children of Wars: The impact of violence on schooling in Natal.
Verwysings
- "Profile of Dr Bonginkosi "Blade" NZIMANDE" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2018. Besoek op 9 Julie 2007.
- "Zuma announces new cabinet" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2009. Besoek op 10 Mei 2009.
- (af) Omstrede minister Gigaba bedank
- "Closing Address to 10th Congress by Newly Elected Secretary General – Blade Nzimande" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Februarie 2012. Besoek op 9 Julie 2007.
- "Nationalisation won't help poor: Nzimande – TIMES Live" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 13 November 2013.
- "SA History Online: Biography of Emmanuel Bonginkosi Nzimande" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2019. Besoek op 21 Maart 2017.
Eksterne skakels
- Blade Nzimande op People's Assembly
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar