<< | November 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
13 November is die 317de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (318de in skrikkeljare). Daar volg nog 48 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1550 – Pous Julius III publiseer 'n bul wat die hervatting van die Konsilie van Trente aankondig.
- 1564 – Pous Pius IV publiseer die geloofsbelydenis van Trente in sy bul Iniunctum nobis.
- 1690 – Pous Alexander VIII stel Francesco Barberini en Lorenzo Altieri aan as kardinaal.
- 1742 – Pous Benedictus XIV publiseer Certiores effecti waarin gestel word dat die gemeente aan die eugaristie moet deelneem.
- 1775 – Pous Pius VI stel Juan Tomás de Boxadors y Sureda de San Martín, O.P., generaal van sy orde, as kardinaal aan.
- 1798 – Pous Pius VI publiseer Cum nos superiori oor die verkiesing van 'n pous.
- 1847 – Sonderbund-oorlog: Die stad en Kanton Freiburg word deur die troepe van die Switserse Bondgenootskap ingeneem.
- 1887 – Bloody Sunday-konflik op Trafalgarplein.
- 1900 – 'n Groep van 862 lede van die Russiese kultus bekend as Die Broers en Susters van die Rooi Dood pleeg selfmoord deur verbranding naby Sint Petersburg. Eenhonderd van die lede sterf.
- 1964 – De Villiers Lamprecht word die eerste Suid-Afrikaner wat 'n droommyl hardloop.
- 1970 – 'n Tropiese sikloon van oor die 160 km/h tref die digbevolkte Gangesdelta-gebied van Bangladesj, met na raming 500 000 sterftes tot gevolg. Dit word beskou as die ergste sikloonramp in die 20ste eeu.
- 1985 – Die vulkaan Nevado del Ruiz bars uit en veroorsaak 'n lahar (vulkansiese moddervloed) wat Armero, Colombia begrawe en ongeveer 23 000 mense sterf.
- 1990 – Sover bekend word die eerste webbladsy geskryf.
- 2015 – Islamitiese Staat-ondersteuners vermoor 132 mense in aanvalle en beseer 'n verdere 415 in Parys, Frankryk.
- 2022 – Engeland wen die eindstryd van die agtste T20I-wêreldbeker in Australië met vyf paaltjies teen Pakistan.
Geboortes
- 354 – Augustinus van Hippo, Christelike leier, filosoof en skrywer uit Noord-Afrika († 430).
- 1312 – Edward III, koning van Engeland († 1377).
- 1866 – Frederic Creswell, leier van die Suid-Afrikaanse Arbeidersparty († 1948).
- 1934 – Garry Marshall, Amerikaanse akteur († 2016).
- 1942 – Lothar Zagrosek, Duitse dirigent.
- 1955 – Whoopi Goldberg, Amerikaanse aktrise.
- 1956 – Nosiviwe Mapisa-Nqakula, Suid-Afrikaanse politikus, tans Speaker van die Nasionale Vergadering.
- 1965 – Mark Perrow, Suid-Afrikaanse kanovaarder († 2020).
- 1996 – Dougie Baldwin, Australiese akteur.
- 1999 – Lando Norris, Britse Formule Eenrenjaer.
Sterftes
- 867 – Pous Nicolaas I, die 105de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ~820)
- 1093 – Malcolm III (62), koning van Skotland (* ~1031).
- 1771 – Konrad Ernst Ackermann, Duitse bestuurder-akteur (* 1712)
- 1859 – Prudens van Duyse, Vlaamse skrywer (* 1804).
- 1868 – Gioachino Rossini, Italiaanse komponis (* 1792).
- 1954 – Ewald von Kleist, Duitse veldmaarskalk (* 1881).
- 1988 – Antal Doráti, Hongaarse dirigent (* 1906).
- 1999 – Anna Scheepers, ’n Suid-Afrikaanse vakbondleier (* 1914).
- 2014 – Charles Fryer, Suid-Afrikaanse digter en uitgewer (* 1946).
- 2018 – Katherine MacGregor, Amerikaanse aktrise (* 1925).
- 2020 – Peter Sutcliffe Britse reeksmoordenaar (* 1946).
- 2021 – Wilbur Smith, Zambiesgebore Suid-Afrikaanse romanskrywer (* 1933).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 13 November. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar