<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
11 Mei is die 131ste dag van die jaar in die Gregoriaanse Kalender (132ste in ’n skrikkeljaar). Daar is nog 234 dae in hierdie jaar oor.
Gebeure
- 330 – Bisantium word gedurende ’n seremonie as Konstantinopel hernoem.
- 868 – Die Diamantsoetra word vervaardig, die oudste gedrukte Chinese boek.
- 1502 – Christophorus Columbus vertrek op sy vierde en laaste reis na Wes-Indië.
- 1792 – Kaptein Robert Gray word die eerste wit man om die Columbiarivier te ontdek.
- 1812 – Eerste Minister Spencer Perceval word vermoor deur ’n bankrot bankier in die ontvangsportaal van die British House of Commons.
- 1813 – Britse setlaars ontdek 'n roete oor die Blue Mountains, wat die binneland van Australië oopmaak vir nedersetting.
- 1818 – Charles XIV van Swede-Noorweë word as die Koning van Swede gekroon.
- 1820 – Tewaterlating van die HMS Beagle.
- 1857 – Indiese rebelle verower die stad Delhi van die Engelse koloniale magte
- 1858 – Minnesota word die 32ste deelstaat van die VSA.
- 1928 – Die eerste analoog-TV-diens word deur WGY, Schenectady in New York begin.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Die Duitse invallers bereik die Albertkanaal.
- 1944 – Tweede Wereldoorlog: Huize Kleykamp waar die Nederlandse sentrale bevolkingsregister gehou word, word deur die Engelse lugmag gebombardeer
- 1949 – Siam se naam verander na Thailand.
- 1949 – Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies verleen met resolusie 273 vir Israël die lidmaatskap van die VN.
- 1950 – Myngasontploffing in die Belgiese streek van Borinage: 130 mynwerkers sterf.
- 1960 – Die hooggeplaaste Nazi-funksionaris Adolf Eichmann word in Argentinië deur die Israëliese geheime diens Mossad gekaap.
- 1987 – Die eerste hart-long-oorplanting vind in Baltimore, Maryland, VSA plaas.
- 1995 – In New York besluit meer as 70 lande om die Nuclear Nonproliferation Treaty onvoorwaardelik te verleng.
- 1996 – ´n DC-9 van die Amerikaanse prysvegter ValuJet Airlines stort by Miami in die moerasgebied van die Everglades National Park, Florida, neer: 109 insittendes sterf.
- 1997 – IBM se Deep Blue-skaaksuperrekenaar wen teen Garry Kasparov en word die eerste rekenaar om ’n wêreldkampioen-skaakspeler te klop.
- 2006 – In Antwerpen vermoor Hans Van Themsche ´n jong kind van 2 jaar en haar Maliese oppasser. Hy verwond ook nog ´n Turkse vrou.
- 2011 – Microsoft koop Skype vir VS$8,5 miljard.
Geboortes
- 1865 – J.H. Leopold, Nederlandse digter († 1925).
- 1888 – Irving Berlin, Amerikaanse komponis († 1989).
- 1892 – Pieter Hamersma, lid van die Kaapse Provinsiale Raad en vooruitstrewende Karooboer († 1953).
- 1892 – Margaret Rutherford, Britse aktrise († 1972).
- 1897 – Boerneef, Suid-Afrikaanse skrywer, digter, leksikograaf en akademikus († 1967).
- 1904 – Salvador Dalí, Spaanse surrealistiese skilder: The Persistence of Memory († 1989).
- 1905 – Ida Gerhardt, klassikus en Nederlandse digteres van die na-simboliese tradisie († 1997).
- 1911 – Phil Silvers, Amerikaanse akteur en komediant († 1985).
- 1948 – Willies Mchunu, politikus en 7de premier van KwaZulu-Natal.
- 1952 – Reza de Wet, Afrikaanse skrywer en dramaturg († 2012).
- 1952 – Frances Farmer, Britse aktrise († 1970).
- 1959 – Jimmy Abbott, Suid-Afrikaanse swaargewigbokser, rofstoeier en evangelis († 2021).
- 1963 – Natasha Richardson, Brits-Amerikaanse aktrise († 2009).
- 1977 – Victor Matfield, Suid-Afrika se twee-en-vyftigste Springbokkaptein.
- 1989 – Ashleigh Simon, Suid-Afrikaanse beroepsgholfspeler.
- 1990 – Richard Gadd, 'n Skotse akteur, skrywer en komediant.
- 2000 – Yuki Tsunoda, Japannese motorrenjaer.
Sterftes
- 912 – Leo VI, keiser van Bisantium (* 866).
- 1812 – Spencer Perceval, Britse staatsman, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk (* 1762).
- 1871 – John Herschel, ’n Britse wiskundige, sterrekundige, apteker en eksperimentele fotograaf/uitvinder (* 1792).
- 1916 – Max Reger, Duitse komponis (* 1873).
- 1973 – Lex Barker, Amerikaanse akteur (* 1919).
- 1976 – Alvar Aalto, Finse argitek en ontwerper (* 1898).
- 1981 – Bob Marley, Jamaikaanse reggae-sanger en musikant (* 1945).
- 1985 – Garmt Stuiveling, Nederlandse digter (* 1907).
- 1995 – Boris Pash, Amerikaanse militêre intelligensie-offisier (* 1900).
- 1995 – John Phillips, Engelse akteur (* 1914).
- 1998 – Willy Corsari (100), Wilhelmina Schmidt, Nederlandse skrywer (* 1897)
- 2001 – Douglas Adams, Britse skrywer (* 1952).
- 2016 – Winnie Rust, Afrikaanse skrywer (* 1939).
- 2020 – Jerry Stiller, Amerikaanse akteur (* 1927).
- 2021 – Norman Lloyd, Amerikaanse akteur, op ouderdom 106 (* 1914).
- 2022 – Shireen Abu Akleh, Palestyns-Amerikaanse joernalis (* 1971).
Vakansie dae
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar