Clemens XIV was die 249ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 5 jaar, 4 maande en 4 dae, van 1769 tot 1774.
Pous Clemens XIV | |
---|---|
Geboortenaam | Lorenzo Ganganelli |
Pontifikaat begin | 19 Mei 1769 |
Pontifikaat eindig | 22 September 1774 |
Voorganger | Clemens XIII |
Opvolger | Pius VI |
Gebore | 31 Oktober 1705 , |
Sterf | 22 September 1774 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Clemens |
Biografie
Pous Clemens XIV is gebore as Lorenzo Ganganelli (of Giovanni Vincenzo Antonio Ganganelli) op 31 Oktober 1705 in , . Sy pa, Lorenzo Ganganelli was die plaaslike dokter. Sy ma was Angela Serafina Maria Mazza (of Macci of Mazzi). Hy word gedoop op 2 November 1705. Graaf Barnaldi van Milaan help om sy studies te bekostig. Op 15 Mei 1723 tree hy toe tot die Franciskaner Orde en neem sy pa se naam Lorenzo aan as sy kloosternaam. Na sy novisiaat word hy op 18 Mei 1724 in die Orde opgeneem. Hy studeer teologie aan die S. Bonaventura Kollege in Rome en filosofie aan die universiteite van Ascoli, Bologna en Milaan. In 1740 keer hy terug na die Kollege van S. Bonaventura as regent. In 1746 word hy konsultant van die Heilige Offisie. Hy laat talryke boeke van die Franse bybelverklaarders verbied. Op 24 September 1759 word hy tot kardinaal bevorder. Op 19 Mei 1769 volg hy Pous Clemens XIII op en word gekroon op 4 Junie 1769 deur kardinaal Alessandro Albani. Hy regeer tot sy dood op 22 September 1774 en word opgevolg deur Pous Pius VI. Die naam ‘Clemens’ beteken 'sagmoedige'.
Kerklike loopbaan
Pontifikaat
Die konklaaf na die dood van Pous Clemens XIII het drie maande geduur en word oorheers deur die probleem van die Jesuïete wat deur die Bourbon-konings uit Portugal, Spanje en Frankryk verban is. Die kardinale uit die lande is teengestaan deur die Zelanti, 'n groep van kardinale wat die Jesuïte goed gesind was. Pous Clemens XIV is na die 185ste stemming verkies. Hy was nie biskop nie en op 28 Mei 1769 word hy biskop gewy en hy bestyg die troon op 4 Junie 1769.
As Franciskanermonnik en van burgerlike afkoms verbreek hy die lang ry van pouse wat uit die Italiaanse adelstand gekom het. Hy verander die politieke koers en maak staat op medewerkers. Hy probeer tyd wen in die vraagstuk oor die Jesuïte en het reeds tydens die konklaaf sy posisie oor die vraagstuk geheim gehou. Hy hef die banvloek "In coena Domini" op op Wit Donderdag 1770. Die toegewing lei daartoe dat die pous weer 'n nuntius na Portugal kan stuur. Die Bourbonkonings hou aan om druk uit te oefen en op 17 Oktober 1772 sluit die pous die Collegium Romanum. Dit was nie genoeg nie en op 21 Julie 1773 word die pous gedwing om die Jesuïte ontbind met die brief "Dominus ac redemptor noster". Die Jesuïte word gerehabiliteer deur Pous Pius VII in 1814.
Die kollege van kardinale
Pous Clemens XIV het 16 nuwe kardinale aangestel in 11 konsistories.
Die konsistorie van 29 Januarie 1770
- Mario Compagnoni Marefoschi, sekretaris van Propaganda Fide.
Die konsistorie van 6 Augustus 1770
- João Cosme da Cunha, aartsbiskop van Evora, Portugal.
Die konsistorie van 10 September 1770
- Scipione Borghese, titulêr aartsbiskop van Teodosia.
- Giovanni Battista Rezzonico, prefek van die Apostoliese Paleis.
Die konsistorie van 12 Desember 1770
- Antonio Casali, goewerneur van Rome.
- Pasquale Acquaviva d'Aragona, president van Urbino.
- Antonio Eugenio Visconti, titulêr aartsbiskop van Efeso.
- Bernardino Giraud, aartsbiskop van Ferrara.
Die konsistorie van 23 September 1771
- Innocenzo Conti, titulêr aartsbiskop van Tiro.
Die konsistorie van 16 Desember 1771
- Charles-Antoine de La Roche-Aymon, aartsbiskop van Reims.
Die konsistorie van 14 Desember 1772
- Leopold Ernest von Firmian, prins-biskop van Passau.
- Gennaro Antonio de Simone, apostoliese protonotarius.
- Francesco Carafa della Spina di Traetto, titulêr aartsbiskop van Patras.
- Francesco Saverio de Zelada, titulêr aartsbiskop van Petra in Palestina.
- Giovanni Angelo Braschi, later Pous Pius VI.
- Francesco D'Elci, ouditeur generaal van die Apostoliese Kamer.
Bulle, briewe, ensiklieke en dekrete
- 21 September 1769 – Decet Quam Maxime – Oor die misbruik van belasting.
- 12 Desember 1769 – Inscrutabili Divinae Sapientiae – Instelling van 'n Universele Jubileum.
- 12 Desember 1769 – Cum Summi – Instelling van 'n Universele Jubileum.
- 30 April 1774 – Salutis Nostrae – Instelling van 'n Universele Jubileum.
Bibliografie
- Artaud de Montor, Alexis, Chevalier de. (1911) The lives and times of the popes (vertaal vanaf "Les vies des papes") The Catholic publication Society of America, New York. Heruitgee: Kessinger Publishing. http://www.saint-mike.org/library/ papal_library/default.asp
- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
Verwysings
- De Montor, Artaud, Chevalier de. 1911. The Lives and Times of the Popes. The Catholic Publications Society, New York.
- Clement XIV. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
- Wilhelm, J. (1908). Pope Clement XIV. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek April 22, 2011 by: http://www.newadvent.org/cathen/04034a.htm
Eksterne skakels
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- CF Inskrywing in die Catholic Forum (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
- Bulle 'n Databasis van pouslike ensiklieke, dekrete en bulle (in Engels)
- VH Inskrywing in die Vatican History (in Duits).
- CA Inskrywing in die "Cardinals of the Holy Roman Church".
- Inskrywing in die Catholic Hierarchy (Engels)
- Inskrywing in die Giga Catholic Information (Engels).
- Inskrywing in die Saint-Mike Papal Library (Engels).
Wikimedia Commons bevat media in verband met Clemens XIV. |
Nota
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
Voorafgegaan deur Clemens XIII | Pous (Pontifex Maximus) 1769 – 1774 | Opgevolg deur Pius VI |
Basis URL: de:Clemens XIV.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar