<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
29 Maart is die 88ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (89ste in skrikkeljare). Daar volg nog 277 dae.
Gebeure
- 537 – Pous Vigilius volg Pous Silverius op.
- 1139 – Pous Innocentius II publiseer die bul Omne datum optimum waarin die Orde van die Tempeliers gestig word.
- 1461 – In die Koninkryk van Engeland behaal troepe van die Huis van York 'n oorwinning oor die Huis van Lancaster in die Slag van Towton, die grootste veldslag in die Rose-oorlog tot in daardie stadium.
- 1567 – Pous Pius V publiseer die bul Admonet Nos waarin die herinvestuur van gebiede wat tot die pouslike staat behoort, verbied word.
- 1638 – Sweedse setlaars stig Nieu-Swede naby Delawarebaai, die eerste Sweedse kolonie in die Amerikas.
- 1762 – Lorenzo Ganganelli (later Pous Clemens XIV) word kardinaal-priester van Ss. XII Apostoli.
- 1807 – Heinrich Wilhelm Olbers ontdek die asteroïde 4 Vesta naby Jupiter se wentelbaan.
- 1849 – Die Verenigde Koninkryk annekseer Punjab.
- 1973 – Viëtnamoorlog: Die laaste soldate van die Verenigde State verlaat Suid-Viëtnam.
- 2004 – Bulgarye, Estland, Letland, Litaue, Roemenië, Slowakye en Slowenië sluit by die NAVO aan.
- 2015 – Die Australiese nasionale krieketspan wen hul vyfde Krieketwêreldbeker.
Geboortes
- 1484 – Johann Spangenberg, Duitse protestantse teoloog en hervormer.
- 1790 – John Tyler, tiende President van die Verenigde State (1841–1845) († 1862).
- 1815 – Sir Henry Bartle Frere, 'n Britse goewerneur aan die Kaapkolonie († 1884).
- 1902 – Sir William Walton, Engelse komponis († 1983).
- 1918 – Pearl Bailey, Amerikaanse aktrise en sangeres († 1990).
- 1919 – Eileen Heckart, Amerikaanse aktrise († 2001).
- 1937 – Marike de Klerk, eerste vrou van die voormalige Staatspresident van Suid-Afrika, FW de Klerk († 2001).
- 1939 – Terence Hill, Italiaans-Amerikaanse akteur.
- 1940 – Astrud Gilberto, Brasiliaans-Amerikaanse sangeres.
- 1943 – Eric Idle, Britse akteur.
- 1943 – John Major, Britse premier.
- 1943 – Vangelis, Griekse komponis.
- 1952 – Bola Tinubu, Nigeriese president.
- 1955 – Marina Sirtis, Brits-Amerikaanse aktrise.
- 1957 – Christopher Lambert, Amerikaanse akteur
- 1960 – Jo Nesbø, Noorse skrywer en musikus.
- 1960 – Annabella Sciorra, Amerikaanse aktrise.
- 1961 – Amy Sedaris, Amerikaanse aktrise.
- 1964 – Elle Macpherson, Australiese fotomodel en aktrise.
- 1965 – Lara Wendel, Duitse aktrise.
- 1967 – Michel Hazanavicius, Franse regisseur en vervaardiger.
- 1991 – Hayley McFarland, Amerikaanse aktrise.
- 1998 – Alex Neustaedter, Amerikaanse akteur.
Sterftes
- 1058 – Pous Stefanus IX, (X) die 154ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1020).
- 1772 – Emanuel Swedenborg, Sweedse Lutherse teoloog, wetenskaplike, filosoof en mistici (* 1688).
- 1884 – Dr. Adrian Roux, tweede leraar van die NG Kerk wat in Suid-Afrika georden is (* 1812).
- 1893 – Klaas Waarzegger was die skrywersnaam van Louis Henri Meurant (* 1811).
- 1905 – Sir David Tennant, 'n Kaapse politkus, staatsman en die tweede Speaker van die Kaapkolonie (* 1829).
- 1929 – Elena Caragiani-Stoenescu, eerste vroulike vlieënier in Roemenië (* 1887).
- 1936 – Eugene Marais, Afrikaanse skrywer en digter (* 1871).
- 1944 – Roger Bushell, meesterbrein agter die ontsnapping uit Stalag Luft III (* 1910).
- 1958 – Gerard Moerdijk, Suid-Afrikaanse argitek (* 1890).
- 1991 – Barrie Biermann, Suid-Afrikaanse argitek (* 1924).
- 1992 – Graaf John Spencer, vader van Prinses Diana (* 1924).
- 2004 – Peter Ustinov, Britse skrywer, akteur en filmregisseur (* 1921).
- 2009 – Gerrit Viljoen, Suid-Afrikaanse kabinetsminister (* 1926).
- 2020 – Louis Wilsenach, Suid-Afrikaanse skilder, digter, sendeling en baanbreker in die advertensiewese (* 1940).
- 2020 – Krzysztof Penderecki, Poolse komponis (* 1933).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Avilius van Alexandrië derde patriarg van die Kerk in Alexandrië volgens die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 29 March. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar