Die Turks- en Caicoseilande (Engels: Turks and Caicos Islands) is 'n argipel in die Atlantiese Oseaan en 'n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk in Noord-Amerika. Die eilande het 'n bevolking van 44 542 in 2020 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 948 km². Die eilande bestaan uit die Caicos- en die Turkseilande. Die Turks- en Caicoseilande lê in die ooste van die Bahamas en in die noorde van Hispaniola (Haïti en Dominikaanse Republiek). Die hoofstad is Cockburn Town en die grootste stad is .
| |||||
Nasionale leuse: Beautiful By Nature (Engels vir: "Pragtig van Nature") | |||||
Volkslied: God Save the King (Engels vir: "God beskerm die koning") Nasionale lied: This Land of Ours (Engels vir: "Hierdie land van ons") | |||||
Hoofstad | Cockburn Town | ||||
Grootste stad | |||||
Amptelike tale | Engels | ||||
Regering | Parlementêre afhanklikheid onder ’n grondwetlike monargie Charles III | ||||
Onafhanklikheid | Britse oorsese gebied 3 September 1783 3 Januarie 1958 31 Mei 1962 15 Oktober 2012 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) | 948 km2 (185ste) 366 myl2 feitlik geen | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2012-sensus - Digtheid | 44 542 (215de) 31 458 47 / km2 121,7 / myl2 | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita | $924 583 000 | ||||
Geldeenheid | Amerikaanse dollar ($) (USD ) | ||||
Tydsone - Somertyd | OST (UTC-5) ODT (UTC-4) | ||||
Internet-TLD | .tc | ||||
Skakelkode | +1-649 | ||||
a. Vir al die Britse oorsese gebiede |
Die Turks- en Caicoseilande is oor eeue heen deur inheemse Amerikaanse volke bewoon. Die eilandgroep is in 1512 vir Europa ontdek. Gedurende die volgende eeue is die eilandgroep deur verskeie Europese magte opgeëis, en die Britse Ryk het uiteindelik beheer oorgeneem. Oor baie jare heen is die eilandgroep indirek vanaf Bermuda, Bahamas en later Jamaika bestuur. Toe die Bahamas in 1973 van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword het, het die Turks- en Caicoseilande hul eie goewerneur gekry en is sedertdien 'n Britse kolonie op sy eie reg. Daar was al pogings om die Turks- en Caicoseilande by Kanada in te lyf.
Etimologie
Die Turks- en Caicoseilande is na die inheemse Turk se troetelkaktus (Melocactus intortus) en die Lucayaanse naam caya hico vir 'n eilandketting genoem.
Hoofeilande
Naam | Oppervlakte (km²) | Bevolking (2008) | Bevolkingsdigtheid |
---|---|---|---|
Caicoseilande | 589 km² | 26 584 | 45,13/vk km |
Turkseilande | 24 km² | 5 800 | 241,67/vk km |
Sport
Krieket is die gewildste sportsoort van die Turks- en Caicoseilande en word as nasionale sport beskou. Die Turks- en Caicoseilande vorm nie deel van die Wes-Indiese Krieketraad nie en vervolgens kan krieketspelers van dié eilandnasie nie vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan uitdraf nie. Ander gewilde sportsoorte sluit in hengel, seil en sokker.
Verwysings
- (en) "Statistics Department". Regering van die Turks- en Caicoseilande. Besoek op 20 September 2022.
- (en) "Year Book of Statistics 2001–2017". Department van Statistiek. Regering van die Turks- en Caicoseilande. 2018. p. 140. Besoek op 20 September 2022.
- (en) "Vital Statistics Report 2020". Department van Statistiek. Regering van die Turks- en Caicoseilande. 2021. p. 20. Besoek op 20 September 2022.
- (en) "Turks and Caicos Islands | Data". Wêreldbank. Besoek op 10 Augustus 2021.
- (en) "World Directory of Minorities and Indigenous Peoples – Turks and Caicos Islands: Overview]". Minority Rights Group International, 2007.[dooie skakel]
- (en) Kersell, John E. (1988). "Government administration in a very small microstate: Developing the Turks and Caicos Islands". Public Administration and Development. 8 (2): 169–181. doi:10.1002/pad.4230080206.
- (en) "Turks and Caicos – History". Geographia.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2017. Besoek op 15 Maart 2020.
- (en) "Turks and Caicos". Turksandcaicostourism.com. 24 Januarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2020. Besoek op 15 Maart 2020.
- (en) "ICC Members: Turks and Caicos Islands". Internasionale Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2013. Besoek op 7 Oktober 2012.
Bronnelys
- Algemeen
- (en) "Turks and Caicos Islands". Encyclopædia Britannica. Besoek op 20 September 2022.
- (en) "Turks and Caicos Islands". Central Intelligence Agency. Besoek op 20 September 2022.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Turks- en Caicoseilande.
- (en) Toerisme-inligting oor Turks- en Caicoseilande op Wikivoyage
Verenigde Koninkryk | ||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar