Suidwes-Afrika (Duits: Südwestafrika, Engels: South-West Africa, Nederlands: Zuidwest-Afrika; kort SWA) is 'n voormalige Volkebond-mandaat van Suid-Afrika, wat tussen 1915 en 1990 op die gebied van die huidige Republiek van Namibië bestaan het.
| |||||
| |||||
Leuse: Viribus Unitis | |||||
Volkslied: Die Stem van Suid-Afrika | |||||
Ligging van Suidwes-Afrika | |||||
Hoofstad | Windhoek 22°56′S 17°09′E / 22.933°S 17.150°O | ||||
Taal/Tale | Afrikaans, Duits (1984–1990), Engels, Khoekhoe en Nederlands (1915–1983) | ||||
Godsdiens | Nederduitsch Hervormde Kerk, Calvinisme, Nederduitse Gereformeerde Kerk | ||||
Regering | Republiek | ||||
Geskiedenis | |||||
- Begin van die Eerste Wêreldoorlog in Duits-Suidwes-Afrika | 9 Augustus 1914 | ||||
- Stigting van Suidwes-Afrika | 9 Julie 1915 | ||||
- Verdrag van Versailles (Volkebond-mandaat onder bestuur deur die Unie van Suid-Afrika) | 28 Junie 1919 | ||||
- Trougebied van die Verenigde Nasies (nie deur Suid-Afrika aanvaar nie) | 14 Desember 1946 | ||||
- Begin van die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog van die SWAPO | 26 Augustus 1966 | ||||
- de jure onder hul eie bestuur | 27 Oktober 1966 | ||||
- Onafhanklikheid van Namibië | 21 Maart 1990 | ||||
- Suid-Afrika staan die Walvisbaai en Pikkewyn-eilande aan Namibië af | 1 Maart 1994 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1979 | 823 000 km2 317 762 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1979 skatting | 1 000 000 | ||||
Digtheid | 1,2 /km² 3,1 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Pond (1920–1961) Rand (1961–1993) |
Die Unie van Suid-Afrika het die gebied op 9 Julie 1915 tydens die Eerste Wêreldoorlog (sien Suidwes-Afrika-veldtog) van die Duitse Keiserryk verower en geannekseer. Met die Verdrag van Versailles, wat ná die Eerste Wêreldoorlog op 28 Junie 1919 onderteken is, het die Volkebond die gebied aan Suid-Afrika oordra. Op 14 Desember 1946 het die Verenigde Nasies die gebied van Suid-Afrika se heerskappy ontbind, wat die Unie geïgnoreer het en Suidwes-Afrika tot sy vyfde provinsie verklaar het.
Op 27 Oktober 1966 het die Verenigde Nasies die gebied as Namibië onder sy eie regering gestel, wat tot die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog van die SWAPO teen Suid-Afrika gelei het. 1971 het die Internasionale Geregshof die Suid-Afrikaanse besetting vir ongrondwetlik met die internasionale reg verklaar, wat sedert die mid-1970's tot 'n voortdurende oorgangsproses tot die onafhanklikheid van Namibië gelei het.
Bantoestans
Die Suid-Afrikaanse regering het 10 bantoestans in Suidwes-Afrika in die laat 1960's en vroeë 1970's in ooreenstemming met die Odendaal-plan, waarvan vier selfregering toegestaan is, gestig. Hierdie Bantoestans is in 1980 met outonome regerings vervang, wat op etnisiteit gebaseer was.
Die bantoestans was:
- Boesmanland
- Damaraland
- Oos-Caprivi (selfregerend 1976)
- Hereroland (selfregerend 1970)
- Kaokoland
- Kavangoland (selfregerend 1973)
- Namaland
- Ovamboland (selfregerend 1973)
- Rehoboth
- Tswanaland
Verwysings
- (en) Cedric Thornberry (2004). A Nation Is Born: The Inside Story of Namibia's Independence. Gamsberg Macmillan Publishers Ltd. pp. 9–11. ISBN 978-99916-0-521-0.
- (en) World Statesman
Bronne
- (de) Johannes Paul: Deutsche, Buren und Engländer in Südwestafrika. Begleitwort zu einer Nationalitätenkarte der Europäer in Südwestafrika. In: „Koloniale Rundschau“ Heft 9/10, 1931.
- (de) Johannes Paul: Deutsch-Südwestafrika. In: Handwörterbuch des Grenz- und Auslandsdeutschtums, hrsg. von Carl Petersen; Otto Scheel; Paul Hermann Ruth; Hans Schwalm.
Eksterne skakels
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Suidwes-Afrika.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar