<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
11 Junie is die 162ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (163ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 203 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1509 – Koning Henry VIII van Engeland trou met Catharina van Aragon.
- 1639 – Fabio Chigi (later Pous Alexander VII) word nuntius in Keulen.
- 1670 – Pous Clemens X bevestig die aflate gekoppel aan besoeke van die heilige plekke in Palestina.
- 1690 – Pous Alexander VIII verklaar Sint Kinga (ook Cunegunde) van Pole, salig.
- 1770 – Kaptein James Cook ly skipbreuk op die Groot Koraalrif.
- 1725 – Pous Benedictus XIII stel Niccolò Coscia, titulêr aartsbiskop van Traianopoli en Niccolò del Giudice, apostoliese protonotarius aan as kardinale.
- 1742 – Verdrag van Breslau maak vrede tussen Maria Theresa van Oostenryk en Frederik II van Pruise.
- 1898 – Die Guangxu keiser van China begin sy Honderd dae van hervorming.
- 1899 – Pous Leo XIII dra die hele mensdom op tot die Heilige Hart van Jesus.
- 1936 – Die Switserse volk keur 'n regerings-krediet van 235 miljoen Frank goed om die opknapping van die weermag en verdedigingsinfrastruktuur te finansier.
- 1936 – Die Switserse parlement keur die mosie af om diplomatieke bande met Sowjet-Rusland aan te knoop.
- 1955 – Le Mans-ramp: Sewe en sewentig mense sterf en ander word beseer toe 'n renmotor van die baan af tol en in die skare vasjaag.
- 1963 – Die Universiteit van Alabama word gedesegregeer toe Goewerneur George Wallace gedwing word om te bedank nadat hy probeer verhoed het dat swart studente by die universiteit inskryf.
- 2003 – Die naam van die hoofstad van die Limpopoprovinsie, "Pietersburg" word amptelik gewysig na Polokwane.
- 2023 – Australië verslaan in die eindstryd van die tweede Wêreldtoetskampioenskap op The Oval in Londen Indië met 209 lopies.
Geboortes
- 1716 – Otto II. Freiherr von Münchhausen, Duitse plantkundige († 1774)
- 1776 – John Constable, Engelse Romantiese skilder († 1837).
- 1864 – Richard Strauss, Duitse komponis († 1949).
- 1906 – NP van Wyk Louw, Suid-Afrikaanse digter, akademikus en dramaturg († 1970).
- 1910 – Jacques Cousteau, Franse wetenskaplike, uitvinder van die akwalong († 1997).
- 1911 – Margaret Keay, Suid-Afrikaansgebore Britse plantpatoloog († 1998).
- 1932 – Athol Fugard, Suid-Afrikaanse dramaturg, akteur en regisseur.
- 1937 – Gerrit Kruger, Suid-Afrikaanse klassikus
- 1939 – Jackie Stewart, Skotse motorrenjaer.
- 1964 – Jean Alesi, Frans-Italiaanse Formule Eenrenjaer.
- 1972 – Heather Clark, Suid-Afrikaanse branderplankryer.
- 1975 – Denis Matsuev, Russiese pianis.
- 1981 – Bonné de Bod, televisie-aanbieder en -vervaardiger.
- 1982 – Jacques Freitag, Suid-Afrikaanse hoogspringatleet († 2024).
- 1983 – Wynand Olivier, Suid-Afrikaanse beroepsrugbyspeler en Springboksenter.
Sterftes
- 1727 – George I, koning van Groot-Brittanje (* 1660).
- 1867 – Jean Pierre Pellissier, Franse sendeling en stamvader van 'n bekende Afrikaanse familie (* 1808).
- 1941 – A.A.S. le Fleur, visioenêre Griekwa leier (* 1867).
- 1952 – Frank Brownlee, magistraat in die Transkei en volksverhaal skrywer (* 1876)
- 1991 – Cromwell Everson, Suid-Afrikaanse komponis en skrywer van die eerste Afrikaanse opera, Klutaimnestra (* 1925).
- 2001 – Timothy McVeigh, die Oklahoma Stad bomplanter, word tereggestel.
- 2012 – Christa Steyn, Afrikaanse sangeres (* 1958).
- 2020 – Mel Winkler, Amerikaanse akteur (* 1941).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 11 June. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar