<< | November 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
1 November is die 305ste dag van die jaar (306ste in skrikkeljare) in die Gregoriaanse kalender, met nog 60 dae oor.
Gebeure
- 837 – Pous Gregorius IV stel Allerheilige feesdag in.
- 1503 – Pous Julius II volg Pous Pius III op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1512 – Die plafon van die Sixtynse kapel, deur Michelangelo geskilder, word vir die eerste keer aan die publiek ten toon gestel.
- 1521 – Die Straat van Magellaan, die seestraat net suid van die Suid-Amerikaanse vasteland wat die Stille- en die Atlantiese Oseane met mekaar verbind, word vir die eerste keer deur Ferdinand Magellaan deurvaar.
- 1604 – Die tragedie van William Shakespeare, Othello, word vir die eerste keer by die Paleis van Whitehall in Londen opgevoer.
- 1610 – Pous Paulus V verklaar Charles Borromeo heilig.
- 1611 – Die romantiese komedie van William Shakespeare, The Tempest, word vir die eerste keer by die Whitehall Paleis in Londen opgevoer.
- 1658 – Pous Alexander VII verklaar Thomas van Villanova heilig.
- 1683 – Die Britse kroonkolonie van New York word onderverdeel in 12 graafskappe.
- 1745 – Pous Benedictus XIV publiseer Vix Pervenit oor woekerwins en ander oneerlike wins.
- 1755 – Lissabon in Portugal word vernietig deur ’n geweldige aardbewing en tsunami. Na raming het tussen sestig- tot negentigduisend mense gesterf.
- 1765 – Die Britse Parlement vaardig die Seëlwet uit in die 13 kolonies om die Britse militêre aksies in Noord-Amerika te help finansier.
- 1800 – Die Amerikaanse president, John Adams, neem sy intrek in die presidensiële woning, alombekend as die Withuis.
- 1848 – Die eerste mediese skool vir vroue (Boston Female Medical School) open in Boston, Massachusetts.
- 1859 – Sardinië-Frankryk en Oostenryk teken 'n vredesooreenkoms in Zürich
- 1861 – Amerikaanse Burgeroorlog: Die President van die V.S.A., Abraham Lincoln, stel George McClellan aan as bevelvoerder van die Unie weermag. Hy vervang Winfield Scott, reeds in gevorderde leeftyd.
- 1876 – Nieu-Seeland se provinsiale regeringstelsel word gestaak.
- 1894 – Die Russiese Tsaar Aleksander III sterf en word deur sy seun Nikolaas II opgevolg.
- 1902 – By Glentana word 'n droogdok bo-op 'n skerp rots neergesit, die Doks van Glentana.
- 1914 – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van Coronel vind plaas. Dit is die eerste Britse nederlaag van diè oorlog.
- 1918 – Noord-Jemen word van die Ottomaanse Ryk onafhanklik.
- 1918 – ’n Treinongeluk in New York eis die lewens van 93 mense.
- 1922 – Die Ottomaanse Ryk kom tot ’n einde toe die laaste sultan, Mehmet VI, abdikeer.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Operasie Goodtime word van stapel gestuur met die Amerikaanse inval te Bouganville in die Solomon-eilande.
- 1950 – Die NG gemeente Marondera as Marandellas in die huidige Zimbabwe gestig.
- 1950 – Pous Pius XII verkondig die dogma van Maria se hemelopneming.
- 1950 – Sluipmoordpoging van die Puerto Rikaanse nasionaliste Griselio Torresola en Oscar Collazo op die President van die Verenigde State, Harry S. Truman.
- 1952 – Operation Ivy: Die VSA se eerste suksesvolle waterstofbomontploffing met die kodenaam “Mike” [“m” vir megaton], te Eniwetok-eiland op die Bikini-atol in die Stille Oseaan.
- 1954 – Die Front de Libération Nationale begin die Algerynse Onafhanklikheidsoorlog teen Franse heerskappy, met guerrilla-aanvalle in verskeie dele van Algerië.
- 1955 – ’n United Airlines DC-6B ontplof midde-in vlug en stort te Longmont, Colorado neer, met 44 insittendes wat te sterwe kom.
- 1955 – Die Viëtnamoorlog breek tussen die Noord- en Suid-Viëtnamese weermagte uit.
- 1960 – Die Amerikaanse president, John F. Kennedy, stel sy idee van ’n vredeskorps bekend tydens sy verkiesingsveldtog.
- 1963 – Die Arecibo-observatorium, met die wêreld se grootste radioteleskoop, word amptelik in gebruik geneem in Arecibo, Puerto Rico.
- 1969 – Na sewe jaar aan die bopunt van die gewildheidsleer, bereik Elvis Presley se liedjie Suspicious Minds die nommer een-posisie op Billboard Music se trefferlys.
- 1973 – Watergateskandaal: Leon Jaworski word aangestel as die nuwe spesiale aanklaer vir die Watergate-ondersoek.
- 1981 – Antigua en Barbuda verkry hulle onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk van Brittanje.
- 1993 – Die Maastrichtverdrag tree in werking en die Europese Unie word amptelik gestig.
- 1998 – Die Europese Hof vir Menseregte word ingestel.
- 1998 – Suid-Afrika wen die eindstryd van die eerste Kampioenetrofee in Bangladesj met vier paaltjies teen Wes-Indië.
Geboortes
- 1672 – Guillaume Chenu de Chalezac, Franse avonturier († 1731).
- 1778 – Gustav IV Adolf van Swede († 1837).
- 1798 – Sir Benjamin Guinness, Ierse bierbrouer en filantroop († 1868).
- 1801 – Vincenzo Bellini, Italiaanse komponis († 1835).
- 1835 – Sir George Pomeroy Colley, 'n Britse soldaat en Goewerneur van Natal, sterf tydens die Slag van Majuba († 1881).
- 1855 – Folkert Wilko Hesse, Suid-Afrikaanse argitek van Nederlandse herkoms († 1923).
- 1864 – Prinses Elisabeth van Hesse-Darmstadt, vrou van groothertog Sergei Aleksandrowitsj van Rusland († 1918).
- 1867 – Dr. Hendrik Petrus van der Merwe, Afrikaanse kerkleier († 1926).
- 1871 – Stephen Crane, Amerikaanse joernalis, skrywer en digter († 1900).
- 1877 – Roger Quilter, Britse komponis († 1953).
- 1880 – Alfred Wegener, Duitse meteoroloog en geofisikus († 1930).
- 1880 – Sholom Asch, Pools-Amerikaanse skrywer († 1957).
- 1886 – Hermann Broch, Oostenrykse skrywer († 1951).
- 1889 – Mabel Jansen, Suid-Afrikaanse opvoedkundige, joernalis, skrywer en politikus. († 1979).
- 1892 – Alexander Alekhine, Russiese skaakspeler († 1946).
- 1895 – Lewis Martin, Amerikaanse akteur († 1974).
- 1902 – Eugen Jochum, Duitse dirigent († 1987).
- 1923 – Gordon R. Dickson, Kanadese skrywer († 2001).
- 1923 – Victoria de los Angeles, Spaanse sopraan († 2005).
- 1929 – Roy Dryburgh, Suid-Afrika se agt-en-twintigste Springbokkaptein († 2000).
- 1934 – William Mathias, Walliese komponis († 1992).
- 1935 – Gary Player, Suid-Afrikaanse gholfspeler.
- 1942 – Marcia Wallace, Amerikaanse aktrise († 2013).
- 1949 – David Foster, Kanadese musikant, musiekvervaardiger, komponis, liedjieskrywer en verwerker.
- 1950 – Laurika Rauch, Suid-Afrikaanse sangeres.
- 1957 – Lyle Lovett, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, platevervaardiger en akteur.
- 1962 – Anthony Kiedis, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer en akteur (Red Hot Chili Peppers).
- 1963 – Rick Allen, Britse tromspeler (Def Leppard).
- 1972 – Anrich Herbst, Suid-Afrikaanse TV- en filmakteur.
- 1973 – Aishwarya Rai, bekroonde Indiese aktrise in Bollywoodrolprente.
Sterftes
- 1783 – Carolus Linnaeus, Sweedse plantkundige en bioloog (* 1741).
- 1903 – Theodor Mommsen, Duitse politikus, skrywer en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1902 (* 1817).
- 1904 – Willem Eduard Bok, Transvaalse staatsekretaris, na wie Boksburg genoem is (* 1846).
- 1918 – Ewald Auguste Esselen, Prokureur-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1858).
- 1952 – Dixie Lee (40), Amerikaanse aktrise.
- 1956 – Pietro Badoglio, Italiaanse soldaat en staatsman (* 1871).
- 1956 – Gideon Brand van Zyl, Suid-Afrikaanse politikus en sewende Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1946–1950) (* 1873).
- 1972 – Ezra Pound, Amerikaanse digter (* 1885).
- 1979 – Mamie Eisenhower, Eerste Dame van Amerika (* 1896).
- 1982 – King Vidor, Amerikaanse rolprentregisseur (* 1894).
- 1982 – James Broderick, Amerikaanse akteur (* 1927).
- 1985 – Phil Silvers, Amerikaanse akteur en komediant (* 1911).
- 1991 – Mary Ainslee, Amerikaanse aktrise (* 1919).
- 2003 – Daishiro Yoshimura, Japannese sokkerspeler (* 1947).
- 2006 – Adrienne Shelly, Amerikaanse aktrise (* 1966).
- 2015 – Günter Schabowski, DDR-politikus (* 1929).
- 2015 – Fred Thompson, Amerikaanse akteur en politikus (* 1942).
- 2016 – Nico Carstens, Suid-Afrikaanse trekklavierspeler, komponis en boereorkesleier (* 1926).
- 2017 – Brad Bufanda, Amerikaanse akteur (* 1983).
- 2021 – Nelson Freire, Brasiliaanse klassieke pianis (* 1944).
Vakansiedae
- Wêreldvegetariërdag
- Rooms-Katolieke Kerk – Heilige dag van Verskuldiging, Allerheilige.
- Vakansiedag in Spanje, Italië en Kroasië.
- Lá Samhna, die tradisionele eerste dag van die Winter in moderne Ierland, sien ook Samhain.
- Meksiko en die Verenigde State – Dag van die Dooies.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 1 November. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar