<< | November 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
20 November is die 324ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (325ste in skrikkeljare). Daar volg nog 41 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 284 – Gaius Aurelius Valerius Diocletianus word keiser van Rome.
- 1168 – Teenpous Callixtus III word verkies.
- 1551 – Pous Julius III stel 14 nuwe kardinale aan.
- 1679 – Pous Innocentius XI publiseer die bul Sollicitudo pastoralis oor die religieuse ordes.
- 1687 – Pous Innocentius XI publiseer die bul Coelestis Pastor waarin Miguel de Molinos veroordeel word.
- 1700 – Tydens die Slag van Narva verslaan Koning Karel XII van Swede die leër van tsaar Pieter die Grote.
- 1722 – Die Nederlandse skip die Schoonenberg loop in die vroeë oggendure by Struisbaai op die rotse.
- 1724 – Pous Benedictus XIII stel Vincenzo Petra, titulêr aartsbiskop van Damaskus aan as kardinaal.
- 1789 – New Jersey word die eerste VSA-staat om die Handves van Menseregte te bekragtig.
- 1913 – Die nuwe pier aan die onderpunt van Adderleystraat in Kaapstad word geopen.
- 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van Cambrai vind plaas; die eerste massa tenkaanval.
- 1945 – Die Neurenberg-verhore begin.
- 1947 – Huwelik van Prinses Elizabeth II, die dogter van Koning George VI van die Verenigde Koninkryk, met luitenant Philip Mountbatten
- 1969 – Eksplisiete foto's van dooie burgerlikes van die My Lai-menseslagting, wat tydens die Viëtnamoorlog in Viëtnam plaasgevind het, word gepubliseer.
- 1974 - 'n Lufthansa Boeing 747, Vlug 540 tussen Frankfort en Johannesburg, stort neer in Nairobi, Kenia. Van die 157 mense aanboord sterf 59.
- 1998 – Die Internasionale Ruimtestasie word lanseer.
- 1999 – Die Volksrepubliek China lanseer sy eerste Shenzhou-ruimtetuig
- 2001 – Die Afrikaanse Wikipedia word opgerig.
Geboortes
- 1620 – Awwakoem Petrof, Russiese aartspriester († 1682)
- 1629 – Ernst August, keurvors van Brunswyk-Lüneburg, die Hertog van Brunswyk-Lüneburg († 1698)
- 1663 – Johannes Cornelis d’Ableing, waarnemende goewerneur van die Kaap († 1721)
- 1750 – Tipu Sultan, Moslem Indiese militêre leier. Heerser van die Mysore-koninkryk in Suid-Indie († 1799).
- 1761 – Francesco Saverio Castiglioni (later Pous Pius VIII), die 253ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1830).
- 1794 – Eduard Rüppell, Duitse natuurwetenskaplike en ontdekkingsreisiger in Afrika († 1884).
- 1858 – Selma Lagerlöf, Sweedse skryfster en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1909 († 1940).
- 1889 – Edwin Hubble, Amerikaanse sterrekundige († 1953).
- 1917 – Bobby Locke, Suid-Afrikaanse gholfkampioen († 1987).
- 1917 – Robert Carlyle Byrd, Amerikaanse politikus († 2010)
- 1919 – Phyllis Thaxter, Amerikaanse aktrise († 2012)
- 1923 – Nadine Gordimer, Suid-Afrikaanse skryfster en Nobelpryswenner vir Letterkunde in 1991 († 2014).
- 1942 – Joe Biden, 46ste President van die Verenigde State van Amerika.
- 1959 – Orlando Figes, Britse geskiedkundige en skrywer.
- 1968 – David van Rooyen (Des), afgedankte kabinetsminister van finansies van Suid-Afrika.
Sterftes
- 1938 – Arthur Elliott, 'n Suid-Afrikaanse fotograaf en oudheidkundige (* 1870).
- 1952 – Benedetto Croce, Italiaanse filosoof, historikus, literatuurkritikus en politikus (* 1866).
- 1985 – Henning Klopper, Suid-Afrikaanse taalstryder en LV (* 1895.
- 1992 – Henry Charles Hopkins, Suid-Afrikaanse predikant en skrywer (* 1918).
- 1995 – D.C.H. Uys, Suid-Afrikaanse politikus (* 1909).
- 2007 – Ian Smith, Rhodesiese eerste minister (* 1919).
- 2018 – Aaron Klug, Britse skeikundige en biochemikus (* 1926).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 20 November. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar