<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
21 September is die 264ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (265ste in skrikkeljare). Daar volg nog 101 dae.
Gebeure
- 1676 – Pous Innocentius XI volg Pous Clemens X op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1765 – Gregorio Barnaba Chiaramonti later Pous Pius VII word priester gewy.
- 1792 – Franse Revolusie: Die Nasionale Konvensie stem om die monargie af te skaf en die Franse Eerste Republiek word uitgeroep.
- 1877 – Gioacchino Pecci (later Pous Leo XIII) word kamerlengo.
- 1937 – J.R.R. Tolkien se The Hobbit word gepubliseer.
- 1949 – Kommuniste roep die Volksrepubliek China uit.
- 1964 – Malta word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1981 – Belize word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1991 – Armenië word van die Sowjetunie onafhanklik.
Geboortes
- 1452 – Girolamo Savonarola, Italiaanse Dominikaanse hervormer († 1498).
- 1645 – Louis Joliet, Franse ontdekkingsreisiger en pelshandelaar († 1700).
- 1827 – Groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland, die tweede oudste seun van tsaar Nikolaas I van Rusland († 1892).
- 1867 – Henry L. Stimson, Amerikaanse politikus († 1950).
- 1909 – Kwame Nkrumah, eerste leier van Ghana na onafhanklikheid († 1972).
- 1921 – Vause Raw, Suid-Afrikaanse politikus († 2001).
- 1924 – Amílcar Cabral, Kaaps-Verdiese landboukundige, skrywer en politikus. († 1973).
- 1931 – Larry Hagman, Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger († 2012).
- 1934 – Leonard Cohen, Kanadese sanger, liedjieskrywer, musikant, digter en romanskrywer († 2016).
- 1941 – Hannes Marais, Suid-Afrika se vier-en-dertigste Springbokkaptein.
- 1947 – Stephen King, Amerikaanse skrywer.
- 1954 – Shinzo Abe, Japannese politikus († 2022).
- 1957 – Kevin Rudd, Australiese politikus en vorige Eerste minister van Australië.
- 1988 – Tom MacDonald, Kanadese kletsrymer en sanger.
- 1993 – Akani Simbine, Suid-Afrikaanse olimpiese naelloper.
Sterftes
- 687 – Pous Konon, die 83ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 630).
- 1327 – Edward II van Engeland (* 1284).
- 1832 – Sir Walter Scott, 'n Skotse digter en skrywer (* 1771).
- 1867 – Egidius Benedictus Watermeyer, Suid-Afrikaanse skrywer en regter (* 1824).
- 1912 – Jan Lion Cachet, Suid-Afrikaanse gereformeerde teoloog (* 1838).
- 1957 – Haakon VII van Noorweë, eerste koning van Noorweë (* 1872)
- 1981 – Nigel Patrick, Engelse akteur (* 1912)
- 2007 – Alice Ghostley, Amerikaanse aktrise (* 1923).
- 2020 – Michael Lonsdale, Franse akteur (* 1931).
- 2021 – Willie Garson, Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger (* 1964).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
- Internasionale Vredesdag en Peace One Day; Onafhanklikheidsdag in Malta (1964), Belize (1981) en Armenië (1991).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 21 September. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar