<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
25 April is die 115de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (116de in skrikkeljare). Daar volg nog 250 dae in die jaar.
Gebeure
- 799 – Aanslag op die lewe van Pous Leo III deur die adel van Rome misluk.
- 1607 – In die Seeslag by Gibraltar vernietig die Nederlandse vloot die Spaanse vloot.
- 1719 – Daniel Defoe se Robinson Crusoe word gepubliseer.
- 1753 – Pous Benedictus XIV verklaar John Liccio salig.
- 1792 – Die struikrower Nicolas J. Pelletier word die eerste persoon wat met 'n guillotine tereggestel word.
- 1792 – Die Marseillaise, die Franse volkslied word gekomponeer.
- 1846 – Mexikaanse-Amerikaanse Oorlog: konflik begin na aanleiding van 'n dispuut oor Texas se grense.
- 1859 – Werk begin met die bou van die Suezkanaal.
- 1898 – Die VSA-kongres verklaar oorlog teen Spanje.
- 1901 – Die staat New York in die VSA vereis motornommerplate.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Die (Anzac-dag) tradisie begin met 'n landing by Gallipoli op die Turkse kus: Die Slag van Gallipoli begin.
- 1926 – Reza Kahn word as die Sjah van Iran gekroon as "Pahlevi".
- 1945 – VSA en Russiese troepe ontmoet by die Elberivier en verdeel Duitsland in twee.
- 1945 – Die Verenigde Nasies word in San Francisco, Kalifornië, gestig.
- 1950 – Die Republiek van die Suid-Molukke word gestig.
- 1953 – Francis Crick en James Watson publiseer Molecular structure of nucleic acids: a structure for deoxyribose nucleic acid wat die dubbele heliksstruktuur van DNS verduidelik.
- 1959 – Die eerste persoon wat nou erken word as 'n pasiënt met vigs, word in 'n hospitaal opgeneem.
- 1959 – Die St. Lawrence Seaway wat die Groot Mere verbind met die Atlantiese Oseaan word amptelik geopen vir skeepsvaart.
- 1961 – Robert Noyce verkry die eerste patent vir 'n geïntegreerde stroombaan.
- 1974 – 'n Staatsgreep vind plaas in Portugal, die "Angelier-revolusie". 50 jaar se diktatuur word beëindig.
- 1980 – 'n Maneuver om VSA-ambassadegyselaars te red in Iran misluk.
- 1981 – Meer as 100 werkers word blootgestel aan bestraling gedurende herstelwerk aan 'n kernkragsentrale in Tsuruga, Japan.
- 1982 – Israel voltooi sy onttrekking uit die Sinai volgens die Camp David-ooreenkoms.
- 1983 – 'n Amerikaanse leerling, Samantha Smith, word na die Sowjetunie genooi deur Yuri Andropov as gevolg van haar brief aan hom.
- 1983 – Pioneer 10 reis verby Pluto se wentelbaan.
- 1988 – John Demjanuk, bekend as "Ivan the Terrible" in die Treblinka-verdelgingskamp, ontvang 'n doodsvonnis in Israel vir sy oorlogsmisdade tydens die Tweede Wêreldoorlog
- 1990 – Tydens 'n verkiesingsvergadering in Keulen word Oskar Lafontaine, die bondskanselierkandidaat van die SPD, deur 'n geestesieke vrou aangeval en met 'n mes gesteek.
- 1990 – Violeta Barrios de Chamorro word in Managua as president van Nicaragua beëdig.
- 1996 – 'n T-43 (militêre weergawe van 'n Boeing 737) bots teen 'n berg naby Dubrovnik, Kroasië en 35 mense sterf, insluitende VSA se Sekretaris van Handel, Ron Brown.
- 2015 – 'n Aardbewing van 7,8 op die Richterskaal saai verwoesting in Nepal.
- 2023 – 'n Massakultusselfmoord word in Shakahola-woud, Kenia, ontdek. Daar word geglo, die Good News International Ministries-leier, Paul Nthenge Mackenzie, het sy volgelinge opdrag gegee om hulself dood te verhonger om "God te ontmoet".
Geboortes
- 1214 – Lodewyk IX van Frankryk, koning van Frankryk († 1270)
- 1228 – Koenraad IV, koning van Duitsland († 1254)
- 1284 – Edward II van Engeland († 1327).
- 1599 – Oliver Cromwell, Engelse soldaat en staatsman († 1658).
- 1681 – Pieter Gysbert Noodt, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop († 1729).
- 1830 – Julius De Geyter, Vlaamse joernalis en skrywer († 1905).
- 1840 – Pjotr Tsjaikofski, komponis († 1893).
- 1872 – Barry Heatlie, Suid-Afrika se vyfde Springbokkaptein († 1951).
- 1872 – Prinses Alix van Hesse-Darmstadt († 1918).
- 1874 – Guglielmo Marconi, Italiaanse natuurkundige en uitvinder († 1937).
- 1898 – Stefania Turkewich, Oekraïense komponis,pianis en musikoloog († 1977).
- 1900 – Wolfgang Pauli, Oostenrykse teoretiese fisikus († 1958).
- 1905 – Maria Malan, Suid-Afrikaanse premiersvrou († 1973)
- 1912 – S. Ignatius Mocke, Afrikaanse digter en skrywer, joernalis en redakteur († 1990).
- 1917 – Ella Fitzgerald, Amerikaanse sangeres († 1996).
- 1927 – Albert Uderzo, Franse strokiesprentkunstenaar en skepper van Asterix († 2020).
- 1930 – Paul Mazursky, Amerikaanse filmregisseur en draaiboekskrywer († 2014).
- 1932 – Frene Ginwala, Suid-Afrikaanse joernalis en politikus (oudspeaker van die Nasionale Vergadering) († 2023).
- 1940 – Al Pacino, Amerikaanse akteur.
- 1946 – Talia Shire, Amerikaanse aktrise.
- 1947 – Johan Cruijff, Nederlandse sokkerspeler en -afrigter († 2016).
- 1969 – Renée Zellweger, Amerikaanse aktise.
- 1977 – Jeff Coetzee, Suid-Afrikaanse tennisspeler.
- 1981 – Felipe Massa, Brasiliaanse Formule Een-renjaer.
- 1988 – Sara Paxton, Amerikaanse aktrise en skyfster.
- 1990 – Jean-Éric Vergne, Franse renjaer.
- 1996 – Allisyn Ashley Arm, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
- 1472 – Leon Battista Alberti, kunstenaar (* 1404).
- 1744 – Anders Celsius, Sweedse sterrekundige (* 1701).
- 1782 – Anne Bonny, Britse seerower (* 1697).
- 1930 – Gustav Baumann, Afrikaanse landmeter in die Vrystaat († 1858).
- 1961 – George Melford, Amerikaanse akteur (* 1877).
- 1990 – Dexter Gordon, jazz-musikant (* 1923).
- 1995 – Ginger Rogers, Amerikaanse aktrise en danseres (* 1911).
- 1999 – Lord Killanin, Ierse voormalige IOK-president (* 1914).
- 2001 – Michele Alboreto, Italiaanse F1-renjaer (* 1956).
- 2002 – Lisa Lopes, Amerikaanse sangeres (* 1971).
- 2005 – John Love (80), Zimbabwiese renjaer.
- 2009 – Bea Arthur, Amerikaanse aktrise (* 1922).
- 2010 – Dorothy Provine, Amerikaanse aktrise (* 1935).
- 2012 – Paul L. Smith, Amerikaanse akteur (* 1937).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- ANZAC dag in Australië en Nieu-Seeland.
- Feesdag van Markus die Evangelis volgens die Rooms-Katolieke Kerk en die Oosters-Ortodokse Juliaanse kalender.
- Feesdag van Pous Anianus van Alexandrië tweede patriarg van die Kerk in Alexandrië in Chalcedoniese Christendom.
- Carnation Revolution gevier in Portugal.
- Robigalië in die Romeinse ryk.
- Haile Selassie se besoek aan Jamaika.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar