<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
29 Desember is die 363ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (364ste in skrikkeljare). Daar volg nog 2 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1170 – Die Aartsbiskop van Kantelberg, Thomas Becket, word vermoor in sy eie katedraal onder opdrag van Hendrik II van Engeland.
- 1523 – Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) word biskop van Sabina.
- 1700 – Pous Clemens XI verklaar Jakov Varingez salig.
- 1845 – Die Republiek van Texas word geannekseer deur die Verenigde State en word die staat Texas.
- 1890 – Die Amerikaanse Leër vermoor meer as 400 lede van die Groot Siouxnasie tydens die Slagting van Wounded Knee.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Helvetia vind plaas.
- 1911 – Mongolië word van die Manchu-Qing-ryk onafhanklik.
- 1911 – Sun Yat-sen word verkies as die eerste President van die Republiek China.
- 1916 – Die SS O'Bell strand net suidwes van die mond van die M'basherivier en naby Mendupunt in die destydse Galekaland.
- 1937 – Die Ierse Vrystaat word vervang deur 'n nuwe staat genaamd die Republiek van Ierland nadat 'n nuwe grondwet aanvaar is.
Geboortes
- 1709 – Jelizawjeta Petrowna, Keiserin Elisabeth van Rusland († 1762).
- 1808 – Andrew Johnson, die 17de President van die Verenigde State († 1875)
- 1911 – Klaus Fuchs, Duitse teoretiese fisikus en atoomspioen († 1988).
- 1918 – Dricky Beukes, Suid-Afrikaanse skrywer († 1999).
- 1929 – Dr. Jan van Elfen 'n skrywer van mediese boeke, onder andere Dokter in die huis († 2007).
- 1932 – Inga Swenson, Amerikaanse aktrise († 2023).
- 1936 – Mary Tyler Moore, 'n Amerikaanse aktrise en komediant († 2017).
- 1938 – Jon Voight, Amerikaanse akteur.
- 1939 – Patricia Berjak, Suid-Afrikaanse plantkundige († 2015).
- 1961 – Anton Nel, Suid-Afrikaanse klassieke konsert pianis.
- 1976 – Danny McBride, Amerikaanse akteur.
- 1982 – Alison Brie, Amerikaanse aktrise.
- 1996 – Dylan Minnette, Amerikaanse akteur.
Sterftes
- 1630 – Johannes Stalpaert van der Wiele, Nederlandse priester, skrywer en digter (* 1579)
- 1815 – Saartjie Baartman, Khoikhoi-vrou wat in Europa as die Hottentot-Venus tentoongestel is (* 1789).
- 1926 – Rainer Maria Rilke, Oostenrykse digter (* 1875).
- 1959 – Leila Reitz, eerste vrou in Suid-Afrika se Volksraad (* 1887).
- 1962 – Hans Rosbaud, Oostenrykse dirigent (* 1895).
- 1986 – Andrei Tarkofski, Sowjet-Russiese rolprentregisseur, filmteoretikus, toneel- en operaregisseur (* 1932).
- 1995 – Lita Grey, Amerikaanse aktrise (* 1908).
- 2004 – Eugenio Garin, Italiaanse filosoof en Renaissance geskiedkundige (* 1909).
- 2011 – Amichand Rajbansi, leier van die Minority Front in Suid-Afrika se Parlement (* 1942).
- 2012 – Tony Greig, Suid-Afrikaansgebore Engelse krieketspeler (* 1946).
- 2021 – Peter Klatzow, Suid-Afrikaanse komponis en pianis (* 1945).
- 2022 – Pelé, Brasiliaanse sokkerspeler, hy word dikwels beskryf as die beste sokkerspeler van alle tye (* 1940).
- 2022 – Vivienne Westwood, Engelse modeontwerper (* 1941).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 29 December. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar