<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
12 Junie is die 163ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (164ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 202 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1405 – Pous Innocentius VII bevorder Angelo Correr (later Pous Gregorius XII) tot kardinaal-priester van San Marco in Rome.
- 1405 – Pous Innocentius VII bevorder Oddone Colonna (later Pous Martinus V) tot kardinaal-diaken van San Giorgio in Velabro.
- 1407 – Pous Innocentius VII bevorder Petros Philargos (later Teenpous Alexander V) tot kardinaal.
- 1550 – Helsinki, die hoofstad van Finland, is gestig.
- 1586 – Ippolito Aldobrandini (later Pous Clemens VIII) word hoof van die Apostoliese Penitentiarie.
- 1673 – Pous Clemens X stel vyf nuwe kardinale aan waaronder Girolamo Gastaldi.
- 1701 – Die opvolgingswet (Act of Settlement 1701) word in die Britse parlement aanvaar.
- 1707 – Bahadur Shah I verslaan sy broer Azam Shah by Jajau.
- 1724 – Prospero Lorenzo Lambertini (later Pous Benedictus XIV) word titulêr biskop van Theodosia.
- 1864 – Amerikaanse Burgeroorlog: Unie-generaal Ulysses S. Grant onttrek sy troepe in die Slag van Cold Harbor.
- 1889 – 88 mense sterf in die Armagh spoorwegramp naby Armagh in Noord-Ierland.
- 1898 – Die Filippyne word onafhanklik van Spanje.
- 1901 – Tweede Vryheidsoorlog: Britse magte onder brig. genl. SB Beatson ly gevoelige verliese teen genl. Chris Muller in die Slag van Wilmansrust in Oos-Transvaal.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Britse bomwerpers val die Switserse stede Renens en Genève aan. Groot skade word aangerig en 5 persone sterf. Switserland was in 'n neutrale staat tydens die Tweede Wêreldoorlog.
- 1942 – Saambou Bank word onder die naam Unie Bouvereniging gestig.
- 1964 – Anti-apartheidsleier Nelson Mandela word tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
- 1979 – 'n Mens-aangedrewe vliegtuig genaamd die Gossamer Albatross vlieg oor die Engelse Kanaal.
- 1987 – Die President van die Verenigde State, Ronald Reagan, daag die leier van die Sowjetunie, Michail Gorbatsjof, in die openbaar uit om die Berlynse Muur af te breek.
- 1991 – Boris Jeltsin verkies as president van Rusland.
- 1991 – Berg Pinatubo, 'n vulkaan in die Filippyne, bars uit.
- 2012 – Riah Phiyega word aangestel as Suid-Afrika se eerste vroulike polisiekommissaris.
Geboortes
- 1843 – Sir David Gill, 'n Skotse sterrekundige en hoof van die Kaapse Sterrewag († 1914).
- 1908 – Otto Skorzeny, Duitse Waffen-SS spesiale operasies kenner († 1975).
- 1915 – David Rockefeller, Amerikaanse beleggingsbankier († 2017).
- 1920 – Peter Jones, Britse akteur († 2000).
- 1924 – George H.W. Bush, Amerikaanse politikus en 41ste President van die Verenigde State (1989–1993) († 2018).
- 1929 – Anne Frank, Nazi-slagoffer in Frankfurt am Main († 1945).
- 1932 – Mimi Coertse, Suid-Afrikaanse sopraansangeres.
- 1932 – Patrick Mynhardt, Suid-Afrikaanse film- en teaterakteur († 2007).
- 1941 – Chick Corea, Amerikaanse musikus, in Chelsea, Massachusetts.
- 1945 – Anthony Hall-Martin, kenner op die gebied van swartrenosters en die Afrika-olifant († 2014).
- 1961 – Pierre Coetzer, voormalige Suid-Afrikaanse swaargewigbokskampioen.
- 1963 – T.B. Joshua, Nigeriese Christelike TV-evangelis († 2021).
- 1981 – Adriana Lima, Brasiliaanse fotomodel.
- 1981 – Gurthrö Steenkamp, Springbokrugbyspeler.
- 1983 – Bryan Habana, Springbokrugbyspeler.
Sterftes
- 816 – Pous Leo III, die 96ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±750).
- 1966 – Hermann Scherchen, Duitse dirigent (* 1891).
- 2003 – Gregory Peck, Amerikaanse akteur (* 1916).
- 2003 – Anna M. Louw, Afrikaanse skrywer en 'n wenner van die Hertzogprys (* 1913).
- 2005 – Die laaste Reënkoningin, Makobo Constance Modjadji VI.
- 2014 – Carla Laemmle, Amerikaanse aktrise en danseres (* 1910).
- 2019 – Sylvia Miles, Amerikaanse aktrise (* 1924).
- 2022 – Philip Baker Hall, Amerikaanse akteur (* 1931).
- 2022 – Phil Bennett, Walliese internasionale rugbyspeler (* 1948).
- 2024 – Wjatsjeslaf Zoedof, Sowjetse ruimtevaarder (* 1942).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 12 June. |
- Nasionale Dag van Rusland
- Voorheen die feesdag van Pous Leo III in die Rooms-Katolieke Kerk.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar