<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
7 Junie is die 158ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (159ste dag in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 207 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1304 – Pous Benedictus XI ekskommunikeer Guillaume de Nogaret.
- 1370 – Pous Urbanus V stel Pierre d'Estaign en Pietro Corsini aan as kardinaal.
- 1424 – Pous Martinus V stel Rhabanus van Helmstatt aan as biskop van Utrecht. Rhabanus bedank weens vrees vir vyandelikhede.
- 1494 – Die Verdrag van Tordesillas word geteken. Dit besleg die konflik tussen Spanje en Portugal oor die nuut-ontdekte Amerikas.
- 1520 – Hendrik VIII Tudor en Francis I van Frankryk ontmoet op die Veld van die Goudlaken by Calais, Frankryk.
- 1555 – Pous Paulus IV stel sy neef Carlo Carafa aan as kardinaal. Carafa word afgeset en tereggestel op 4 Maart 1561.
- 1576 – Die Engelse navigator Martin Frobisher wat na die Noordwes-deurgang gesoek het, vertrek na Labrador.
- 1706 – Pous Clemens XI stel Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) aan as kardinaal.
- 1929 – Die Lateraanse verdrag word bekragtig. Vatikaanstad word 'n onafhanklike staat.
- 1929 – Switserland onderteken die Kellogg-verdrag.
- 1948 – Edvard Beneš bedank as President van Tsjeggo-Slowakye eerder as om 'n grondwet te teken wat sy land in 'n Kommunistiese staat sou omskep.
- 1975 – Die eerste Krieketwêreldbeker begin in Engeland.
- 1988 – Trein-apartheid in Wes-Kaapland word geskrap as die eerste stap in 'n plan om diskriminasie op treine landwyd uit te skakel.
- 1990 – Pres. F.W. de Klerk kondig die einde aan van die noodtoestand wat vier jaar geduur het en sê R814 miljoen gaan aan die verbetering van die veiligheidsmagte bestee word.
- 2017 – 'n Bosbrand breek uit in die Tuinroete te Elandskraal naby Karatara wat groot brandskade tot gevolg het in Knysna.
Geboortes
- 1762 – Cornelius de Jong, Nederlandse seekaptein en skrywer († 1838)
- 1877 – George Villiers, Britse politikus en vyfde Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1931–1937) († 1955).
- 1917 – Gwendolyn Brooks, Amerikaanse digter († 2000).
- 1917 – Dean Martin, Amerikaanse akteur, sanger en komediant († 1995).
- 1922 – Hubert du Plessis, Suid-Afrikaanse komponis en pianis († 2011).
- 1929 – John Napier Turner, Leier van die Liberale Party en Eerste Minister van Kanada in 1984 († 2020)
- 1937 – Neeme Järvi, Amerikaanse dirigent van Estiese afkoms.
- 1942 – Moeammar al-Ghaddafi, de facto leier van Libië van 1969 tot 2011 († 2011).
- 1946 – Jan Engelen, 'n Suid-Afrikaanse akteur en TV-regisseur († 2018).
- 1953 – Johnny Clegg, Suid-Afrikaanse musikant († 2019).
- 1954 – Jan Theuninck, Belgiese skilder en digter
- 1958 – Prince, Amerikaanse popster († 2016).
- 1959 – Mike Pence, Amerikaanse prokureur, politikus en 48ste visepresident van die Verenigde State, sedert 2017.
- 1971 – Brandon Topham, Suid-Afrikaanse politikus, geoktroïeerde rekenmeester en besigheidsman.
- 1978 – Bill Hader, Amerikaanse akteur.
- 1991 – Emily Ratajkowski, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
- 555 – Pous Vigilius, 59ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±500).
- 1843 – Friedrich Hölderlin, Duitse digter en bibliotekaris (* 1770).
- 1902 – Maarten Pelser, predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerk (* 1851).
- 1910 – Sir William Francis Butler, 'n Britse generaal en ook waarnemende Goewerneur van die Kaapkolonie (* 1838).
- 1937 – Jean Harlow, Amerikaanse aktrise en sangeres (* 1911)
- 1954 – Alan Turing, wiskundige, rekenaarwetenskaplike (* 1912).
- 1956 – Clarence van Riet Lowe, Suid-Afrikaanse siviele ingenieur en prehistoriese argeoloog (* 1894).
- 1963 – ZaSu Pitts, Amerikaanse aktrise (* 1894)
- 1965 – Judy Holliday, Amerikaanse aktrise en sangeres (* 1921)
- 1968 – Dan Duryea, Amerikaanse akteur en sanger (* 1907)
- 1970 – E.M. Forster, Engelse novelis, kortverhaalskrywer, essayis (* 1879)
- 1980 – Henry Miller, Amerikaanse novelis en essayis (* 1891)
- 2002 – Signe Hasso, Sweeds-Amerikaanse aktrise (* 1915)
- 2012 – Phillip Tobias, Suid-Afrikaanse paleontoloog (* 1925).
- 2013 – Pierre Mauroy, Franse onderwyser en politikus, Eerste Minister van Frankryk (* 1928)
- 2014 – Epainette Mbeki, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en moeder van Thabo Mbeki (* 1916).
- 2015 – Christopher Lee, Engelse akteur, sanger en skrywer (* 1922).
- 2017 – Johann Botha, Suid-Afrikaanse TV- en radio-aanbieder (* 1963).
- 2017 – PG du Plessis, Afrikaanse skrywer (* 1934).
- 2021 – Shaleen Surtie-Richards, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1955).
- 2024 – "Bill" Anders, Apollo 8-ruimtevaarder (* 1933).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Marcellus I in die Ortodokse Kerk.
Verwysings
- "Pierre Mauroy, Former French Socialist Premier, Dies at 84 - The New York Times". nytimes.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2020. Besoek op 3 Maart 2017.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 7 June. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar