<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
8 Desember is die 342ste dag (343ste in 'n skrikkeljaar) van die jaar soos uitgereken met die Gregoriaanse kalender. Daar bly nog 23 dae in hierdie jaar oor.
Gebeure
- 1700 – Pous Clemens XI word gekroon deur kardinaal Benedetto Pamphili.
- 1854 – Pous Pius IX verklaar die dogma dat die Maagd Maria sondevry gebore is.
- 1869 – Pous Pius IX open die Eerste Vatikaanse Konsilie.
- 1880 – Die Paardekraal-volksvergadering vind plaas in die huidige Krugersdorp.
- 1881 – Die Ringtheaterbrand breek in Wene uit en 384 mense sterf.
- 1907 – Koning Gustav V van Swede bestyg die Sweedse troon.
- 1914 – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van die Falkland-eilande vind plaas.
- 1941 – Die Verenigde State verklaar oorlog teen Japan. In antwoord, verklaar Duitsland oorlog teen die VSA.
- 1941 – Die eerste gebruik van gas teen die Jode deur die Nazis vind plaas in die Chelmno-kamp naby Łódź.
- 1949 – Die hoofstad van die Republiek van China word vanaf Nanjing na Taipei, Taiwan toe verskuif.
- 1976 – Die Eagles stel die Hotel California-album vry, een van die grootse verkopers van alle tye.
- 1980 – Mark David Chapman vermoor die voormalige Beatle John Lennon.
- 1982 – Die Desember-moorde vind in Suriname plaas.
- 1991 – Leiers van Rusland, Wit-Rusland en die Oekraïne vergader om die Sowjetunie te ontbind en stig die Gemenebes van Onafhanklike State.
- 1993 – Die Noord-Amerikaanse Vrye Handelsooreenkoms word gewettig deur die VSA-president, Bill Clinton.
- 2008 – Handves 08 'n internetversoekskrif waarin politieke hervorming in die Volksrepubliek China geëis word, word in die land gepubliseer.
- 2013 – Metallica tree op in Antarktika, wat hulle die eerste musiekgroep maak wat op al 7 kontinente opgetree het.
Geboortes
- 65 v.C. – Quintus Horatius Flaccus, Romeinse digter († 8 v.C.).
- 1542 – Maria I van Skotland, Koningin van Skotland († 1587).
- 1626 – Koningin Christina van Swede († 1689).
- 1724 – Claude-Bénigne Balbastre, Franse komponis, orrelis, klavesimbelspeler en klavierspeler († 1799)
- 1799 – Hans Dons de Lange, 'n Voortrekkerverkenner († 1861).
- 1864 – Camille Claudel, Franse beeldhoudster († 1943).
- 1865 – Jean Sibelius, Finse komponis († 1957).
- 1894 – James Thurber, Amerikaanse skrywer († 1961).
- 1901 – F.W. Boonzaier, Afrikaanse dramaturg († 1963).
- 1913 – Sir De Villiers Graaff, leier van die Verenigde Party (1956 tot 1977) († 1999).
- 1925 – Sammy Davis Jr., Amerikaanse akteur, sanger († 1990).
- 1930 – Maximilian Schell, Oostenryks-Switserse akteur, filmregisseur, skrywer († 2014).
- 1940 – Louis Wilsenach, Suid-Afrikaanse skilder, digter, sendeling en baanbreker in die advertensiewese († 2020).
- 1943 – Jim Morrison, Amerikaanse sanger van die groep The Doors († 1971).
- 1946 – John Rubinstein, Amerikaanse akteur, komponis.
- 1952 – Patrick McKenzie, Suid-Afrikaanse politikus uit die bruin gemeenskap.
- 1966 – Sinéad O'Connor Ierse sanger en musikant († 2023).
Sterftes
- 1681 – Gerard ter Borch II, ook bekend as Gerard Terborch, 'n Nederlandse kunsskilder (* 1617).
- 1864 – George Boole, Engelse wiskundige (* 1815).
- 1895 – Théodore Hersart de la Villemarqué, Bretonse skrywer (* 1815).
- 1903 – Herbert Spencer, Engelse filosoof (* 1820).
- 1907 – Koning Oscar II van Swede (* 1829).
- 1933 – Karl Jatho, Duitse vliegtuigpionier en uitvinder (* 1873).
- 1954 – Ernest Brown Babcock, Amerikaanse plantgenetikus (* 1877).
- 1978 – Golda Meir, voormalige eerste minister van Israel (*1898).
- 1980 – John Lennon, Britse sanger en liedjieskrywer van die The Beatles (* 1940).
- 1994 – Antônio Carlos Jobim, Brasiliaanse liedjieskrywer, komponis en sanger (* 1927).
- 2016 – John Glenn, Amerikaanse ruimtevaarder, politikus en Marinierskorpsvegvlieënier (* 1921).
- 2019 – René Auberjonois, 'n Amerikaanse akteur en regisseur (* 1940).
- 2023 - Ryan O'Neal, Amerikaanse akteur (* 1941).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Eutichianus in die Rooms-Katolieke Kerk.
- Feesdag van Onbevlekte Ontvangenis van Maria in die Rooms-Katolieke Kerk.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 8 December. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar