<< | November 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
8 November is die 312de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (313de in skrikkeljare). Daar volg nog 53 dae.
Gebeure
- 1047 – Pous Benedictus IX volg Pous Clemens II op.
- 1519 – Hernán Cortés bereik Tenochtitlán waar die Asteekse heerser Moctezuma II hom met prag en praal ontvang, soos wat betaamlik sou wees vir 'n terugkerende god.
- 1576 – Die Bevrediging van Gent onderteken
- 1793 – In Parys word die Louvre deur die Franse Rewolusionêre regering as 'n museum vir gebruik deur die publiek geopen.
- 1889 – Montana word die 41ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1895 – Wilhelm Röntgen ontdek die x-strale.
- 1923 – Adolf Hitler, Erich Ludendorff en ander lede van die Kampfbund begin die Biersaalputsch in München, in 'n poging om beheer oor te neem in Duitsland.
- 1958 – Pioneer 2 word lanseer.
- 1987 – Australië klop Engeland in die eindstryd met 7 lopies en wen sodoende die vierde Krieketwêreldbeker in Indië en Pakistan.
- 1991 – Die Suid-Afrikaanse krieketspan kom die eerste keer in Kalkutta aan vir een van drie eendag-wedstryde in Indië en bring die stad tot stilstand.
- 2002 – Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad neem Resolusie 1441 aan, wat Irak dwing om te ontwapen of ernstige gevolge in die gesig te staar.
Geboortes
- 1656 – Edmond Halley, ’n Britse sterrekundige, ontdekker van Halley se Komeet († 1742).
- 1847 – Bram Stoker, Ierse skrywer († 1912).
- 1848 – Gottlob Frege, Duitse wiskundige († 1925).
- 1883 – Arnold Bax, Engelse komponis († 1953).
- 1885 – Tomojoeki Jamasjita, Japannese generaal in die Tweede Wêreldoorlog († 1946).
- 1900 – Margaret Mitchell, Amerikaanse skryfster († 1949).
- 1900 – Charley Paddock, Amerikaanse atleet († 1943).
- 1914 – Norman Lloyd, Amerikaanse akteur († 2021).
- 1922 – Chris Barnard, Suid-Afrikaanse hartchirurg († 2001).
- 1932 – Stéphane Audran, Franse aktrise († 2018).
- 1935 – Alain Delon, Franse akteur.
- 1946 – Guus Hiddink, Nederlandse sokkerspeler en -afrigter.
- 1952 – Alfre Woodard, Amerikaanse aktrise.
- 1954 – Kazuo Ishiguro, Japannees-Britse skrywer en Nobelpryswenner.
- 1967 – Courtney Thorne-Smith, Amerikaanse aktrise.
- 1968 – Parker Posey, Amerikaanse aktrise.
- 1972 – Gretchen Mol, Amerikaanse aktrise.
- 1975 – Tara Reid, Amerikaanse aktrise.
- 1974 – Penny Heyns, Suid-Afrikaanse swemmer.
- 1986 – Aaron Swartz, Amerikaanse rekenaarprogrammeerder, skrywer en internetaktivis († 2013).
- 1988 – Jessica Lowndes, Kanadese aktrise en sangeres.
- 1991 – Riker Lynch, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, akteur en danser.
- 2003 – , kleindogter van koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk.
Sterftes
- 618 – Pous Deusdedit, die 68ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 955 – Pous Agapetus II, die 129ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1308 – Johannes Duns Scotus, Fransiskaanse teoloog en filosoof (* 1266)
- 1674 – John Milton, Engelse digter en skrywer (* 1608)
- 1953 – Johannes van Melle, Nederlandsgebore Afrikaanse skrywer van onder meer Bart Nel (* 1887).
- 1980 – Lulu Latsky, eerste vrou in Suid-Afrika wat 'n doktorsgraad in Wetenskap verwerf (* 1901).
- 1986 – Wjatsjeslaf Molotof, Sowjet-politikus en diplomaat (* 1890)
- 1990 – Wolfgang Schmieder, Duitse bibliotekaris en musiekkundige (* 1901).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 8 November. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar