<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
22 April is die 112de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (113de in skrikkeljare). Daar volg nog 253 dae in die jaar.
Gebeure
- 1056 – Waarneming van 'n supernova in die Kreef nebula.
- 1073 – Pous Gregorius VII volg Pous Alexander II op.
- 1121 – Teenpous Gregorius VIII word afgesit.
- 1418 – Die konsilie van Konstanz, waarmee die Westerse Skisma beëindig is, sluit af.
- 1500 – Portuguese seevaarder Pedro Alvares Cabral word die eerste Europese persoon om Brasilië te aanskou ("ontdek").
- 1509 – Henry VIII bestyg die troon van Engeland na die dood van sy vader.
- 1529 – Verdrag van Saragossa verdeel die westelike halfrond tussen Spanje en Portugal: die verdelingslyn is 297.5 seemyl wes van die Molukke. Spanje verkry monetêre kompensasie van Portugal in ruil vir meer teritoriale gebied as wat gespesifiseer was in die vorige verdrag.
- 1629 – Pous Urbanus VIII verklaar André Corsini heilig.
- 1754 – Pous Benedictus XIV stel Antonino Sersale, aartsbiskop van Napels aan as kardinaal.
- 1819 – Die Slag van Grahamstad vind plaas.
- 1836 – Texas Rewolusie: 'n Dag na die Slag van San Jacinto, neem magte van Texas generaal Sam Houston Meksikaanse Generaal Antonio Lopez de Santa Anna gevange.
- 1864 – Die Kongres van die Verenigde State bepaal met die Coinage Act of 1864 dat die woorde "In God We Trust" op alle munte van die VSA-geldeenheid gedruk moet word.
- 1889 – Oklahoma land rush: President Benjamin Harrison open Oklahoma vir wit besetting.
- 1898 – Spaans-Amerikaanse Oorlog: Die Amerikaanse Vloot begin 'n blokkade van Kubaanse hawens en die USS Nashville neem beleg van 'n Spaanse handelskip.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Tweede Slag van Ypres - Duitse troepe gebruik gifgas by Ypres, België.
- 1930 – Die Verenigde Koninkryk, Japan en die Verenigde State teken die London Naval Treaty wat duikbootoorlogvoering reguleer en skeepsbou beperk.
- 1943 – Albert Hofmann skryf sy eerste verslag oor die hallusinogeniese eienskappe van LSD.
- 1954 – VSA senator Joseph McCarthy begin verhore om die Amerikaanse Leër te ondersoek oor kommunisme.
- 1970 – Eerste Aardedag gevier.
- 1978 – The Blues Brothers maak hulle eerste verskyning op Saturday Night Live
- 1993 – Die Holocaust gedenkmuseum word in Washington, D.C., VSA ingewy.
- 1993 – Vrystelling van Mosaic weergawe 1.0
Geboortes
- 1610 – Pietro Vito Ottoboni (later Pous Alexander VIII), 241ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1691).
- 1724 – Immanuel Kant, Duitse filosoof († 12 Februarie 1804).
- 1844 – Andries Stockenstrom, regter en Prokureur-generaal († 1880).
- 1870 (N.S.) – Wladimir Lenin, Russiese rewolusionêr, staatsleier († 1924).
- 1904 – Robert Oppenheimer, Amerikaanse teoretiese fisikus († 1967).
- 1905 – Abraham Jonker, Suid-Afrikaanse politikus, skrywer en joernalis († 1966).
- 1916 – Yehudi Menuhin, Amerikaanse violis († 1999).
- 1922 – Eghard van der Hoven, Suid-Afrikaanse akteur en hoof van Truk († 2006).
- 1922 – Charles Mingus, Amerikaanse jazzmusikant en -komponis († 1979)
- 1926 – Charlotte Rae, Amerikaanse aktrise. († 2018).
- 1935 – Mac Maharaj, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en politikus van Indiese oorsprong.
- 1935 – Jerry Fodor, Amerikaanse filosoof († 2017).
- 1937 – Jack Nicholson, Amerikaanse akteur.
- 1950 – Peter Frampton, Britse musikant.
- 1952 – Marilyn Chambers, Amerikaanse erotiese aktrise († 2009).
- 1977 – Robbie Hunter, Suid-Afrikaanse fietsryer.
- 1985 – Sam Altman, Amerikaanse entrepreneur, belegger en programmeerder.
- 1986 – Amber Heard, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1992 – Rolene Strauss, die 2014 Mejuffrou Suid-Afrika en Mej. Wêreld.
- 1992 – Schalk Bezuidenhout, komediant en akteur.
Sterftes
- 282 – Pous Maksimus van Alexandrië 15de patriarg van die Kerk in Alexandrië (* ?).
- 283 – Pous Gajus, die 28ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 536 – Pous Agapetus I, die 57ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1984 – Ansel Adams, Amerikaanse fotograaf (* 1902).
- 1988 – Irene Rich, Amerikaanse aktrise (* 1891).
- 1923 – D.F. du Toit, Oom Lokomotief, stigterslid van die GRA (* 1846).
- 1993 – Dr. Andries Treurnicht, Suid-Afrikaanse politikus, kabinetsminister, koerantredakteur en predikant (* 1921).
- 1994 – Richard Nixon, 37ste President van die Verenigde State (* 1913).
- 2000 – Margaret Singana, Suid-Afrikaanse sangeres (* 1838).
- 2002 – Linda Lovelace, Amerikaanse pornografiese aktrise (* 1949).
- 2005 – Gregoire Boonzaier, Suid-Afrikaanse kunsskilder (* 1909).
Vakansies en Feesdae
- Aardedag
- Feesdag van Pous Soter van die Rooms-Katolieke Kerk.
- Feesdag van Pous Gajus van die Rooms-Katolieke Kerk in die Ortodokse Kerk is dit op 11 Augustus.
- Feesdag van Pous Dionisius in Frankryk en (die res van die Rooms-Katolieke Kerk vier dit op 26 Desember).
- Feesdag van Pous Agapetus I in die Ortodokse Kerk. Die Rooms-Katolieke Kerk vier dit op 20 September.
- Feesdag van Pous Maksimus van Alexandrië in die Kopties-Ortodokse Kerke.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar