<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
3 Julie is die 184ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (185ste in skrikkeljare). Daar volg nog 181 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1437 – Die konsilie van Basel publiseer die “monitum” wat die magte van Pous Eugenius IV probeer beperk.
- 1478 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Mende.
- 1608 – Samuel de Champlain stig Quebec, Kanada.
- 1747 – Pous Benedictus XIV stel Henry Benedict Mary Clement Stuart van York aan as kardinaal.
- 1826 – Bartolomeo Alberto Cappellari (later Pous Gregorius XVI) word kardinaal-priester van S. Callisto.
- 1863 – Amerikaanse Burgeroorlog: Einde van die Slag van Gettysburg en oorwinning vir die Noordelike Magte.
- 1886 – Carl Benz onderneem 'n proefrit met sy eerste motor in Mannheim.
- 1890 – Idaho word die 43ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1919 – Achille Ratti (later Pous Pius XI) word titulêr aartsbiskop van Naupactus en nuntius in Pole.
- 1938 – 'n LNER-Klas A4-lokomotief stel 'n wêreldrekord op vir stoomlokomotiewe van 126 m.p.h.
- 1962 – Algerië word onafhanklik van Frankryk.
- 1976 – 'n Israeliese spesiale taakspan red gyselaars van die vliegtuigkapers in Entebbe, Uganda.
- 1988 – Die Amerikaanse Vloot skiet vlug vlug 655 van Iran Air af.
Geboortes
- 321 – Valentinianus I, keiser van die Wes-Romeinse Ryk († 375)
- 1626 – Abadin Tadia Tjoessoep, Indonesiese Moslem van adellike afkoms wat Islam in die Kaap gevestig het († 1699).
- 1878 – George M. Cohan, Amerikaanse liedjieskrywer, akteur, sanger en danser († 1942).
- 1883 – Franz Kafka, een van die grootste fiksieskrywers van die 20ste eeu († 1924).
- 1886 – Raymond A. Spruance, Amerikaanse admiraal en diplomaat († 1969).
- 1889 – Richard Cramer, Amerikaanse akteur († 1960).
- 1896 – Doris Lloyd, Engelse aktrise († 1968).
- 1897 – L.W. Hiemstra, Suid-Afrikaanse taalkundige († 1978).
- 1906 – George Sanders, Russies-gebore Britse akteur († 1972).
- 1921 – Susan Peters, Amerikaanse aktrise († 1952).
- 1935 – Harrison Schmitt, Amerikaanse geoloog en ruimtevaarder.
- 1937 – Tom Stoppard, Tsjeggies-gebore Engelse skrywer.
- 1937 – Linda Rode, Suid-Afrikaanse skrywer, vertaler en samesteller van kinderliteratuur.
- 1940 – Jerzy Buzek, Poolse politikus, 9de Eerste Minister van Pole.
- 1943 – Gary Waldhorn, Britse akteur.
- 1943 – Kurtwood Smith, Amerikaanse akteur.
- 1952 – Peter Mathebula, Suid-Afrika se eerste swart bokswêreldkampioen († 2020).
- 1952 – Laura Branigan, Amerikaanse sangeres en liedjieskrywer († 2004).
- 1962 – Tom Cruise, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 1964 – Yeardley Smith, Amerikaanse aktrise, komediant en skrywer.
- 1970 – Arlene Foster, Noord-Ierse politikus.
- 1970 – Audra McDonald, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 1971 – Julian Assange, Australiese joernalis, uitgewer en aktivis, stigter van WikiLeaks
- 1976 – Bob Skinstad, Suid-Afrika se vyftigste Springbokkaptein.
- 1980 – Roland Schoeman, Suid-Afrikaanse Olimpiese swemmer.
- 1981 − Ilse De Vis, Vlaamse aktrise en televisieomroeper.
- 1987 – Sebastian Vettel, Duitse Formule Een-renjaer, viermalige wêreldkampioen.
- 1994 – Ben Winchell, Amerikaanse akteur.
Sterftes
- 683 – Pous Leo II, die 80ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 611).
- 1872 – Ferdinand Augustijn Snellaert, Vlaamse skrywer.(* 1809).
- 1904 – Theodor Herzl, Joods-Oostenrykse joernalis, uitgewer en stigter van die Sionisme (* 1860)
- 1948 – J.F.W. Grosskopf, Afrikaanse skrywer (* 1885).
- 1969 – Brian Jones, Britse multi-instrumentalis, stigterslid van The Rolling Stones (* 1942).
- 1971 – Jim Morrison, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, digter en akteur (The Doors en Rick & The Ravens) (* 1943)
- 1981 – Ross Martin, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1920).
- 1986 – Rudy Vallée, Amerikaanse akteur en sanger (* 1901).
- 1989 – Jim Backus, Amerikaanse akteur en stemkunstenaar (* 1913).
- 2012 – Andy Griffith, Amerikaanse akteur, sanger en vervaardiger (* 1926).
- 2015 – Fredi Nest, Afrikaanse sanger (* 1959).
- 2015 – Diana Douglas, Brits-Amerikaanse aktrise (* 1923).
- 2022 – Barry Ronge, Suid-Afrikaanse joernalis, rubriekskrywer, skrywer, omroeper, filmresensent en humoris (* 1948)
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Leo II in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 3 Julie. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar