<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
27 Junie is die 178ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (179ste in skrikkeljare). Daar volg nog 187 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 678 – Pous Agato volg Pous Donus op.
- 1511 – Pous Julius II begin 'n baard dra as teken van rou oor die val van Bologna.
- 1584 – Pous Gregorius XIII stig die Maroniete seminarie in Rome.
- 1709 – Pieter die Grote verslaan Karel XII van Swede by die slag van Poltava.
- 1759 – Generaal James Wolfe begin die beleg van Quebec.
- 1787 – Edward Gibbon voltooi The History of the Decline and Fall of the Roman Empire .
- 1862 – Slag van Cold Harbor: Amerikaanse Burgeroorlog - Generaal Robert E. Lee van die Gekonfedereerde State van Amerika behaal die oorwinning.
- 1871 – Die jen word Japan se amptelike geldeenheid.
- 1893 – Val van die New York aandelebeurs.
- 1905 – Muitery op die slagskip Potemkin.
- 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Griekeland verklaar oorlog teen die Sentrale Magte.
- 1953 – Joseph Laniel word eerste minister van Frankryk.
- 1954 – Die wêreld se eerste kernkragsentrale ingewy by Obninsk, naby Moskou.
- 1957 – 500 mense sterf as gevolg van Orkaan Audrey in Louisiana en Texas.
- 1964 – Etienne Leroux ontvang die Hertzogprys vir Sewe Dae by die Silbersteins.
- 1967 – Die wêreld se eerste OTM word in Enfield, Londen geïnstalleer.
- 1969 – Die Stonewall-oproer lui die begin van die gayregtebeweging in die VSA in.
- 1977 – Frankryk verleen onafhanklikheid aan Djibouti
- 1984 – Pierre Elliott Trudeau wen die Albert Einstein prys vir vrede.
- 1986 – Die Internasionale regshof beslis teen die VSA in Nicaragua v. Verenigde State van Amerika.
- 1991 – Slovenië word deur Joego-Slawiese magte aangeval.
- 2001 – Die Internasionale regshof beslis teen die VSA in die LaGrand-saak.
Geboortes
- 1350 – Manuel II Palaiologos, keiser van die Bisantynse Ryk († 1425)
- 1682 – Charles XII van Swede, koning van Swede in 1697-1718 (d. 1718) (Junie 17 op die Sweedse kalender).
- 1838 – Paul von Mauser, wapenontwerper († 1914).
- 1846 – Charles Stewart Parnell, Ierse nasionalis, in Avondale, County Wicklow.
- 1850 – Lafcadio Hearn, outeur († 1904)
- 1869 – Hans Spemann, ontvanger van die Nobel Prys vir medisyne 1935 († 1941)
- 1869 – Emma Goldman, Amerikaanse anargis en feminis († 1940).
- 1870 – Frank Rattray Lillie, dierkundige († 1947).
- 1872 – Paul Laurence Dunbar, 'n Amerikaanse skrywer († 1906).
- 1880 – Helen Keller, Amerikaanse skryfster, aktivis en dosent († 1968).
- 1882 – Eduard Spranger, filosoof († 1963).
- 1906 – Catherine Cookson, outeur († 1998).
- 1918 – Erns Louis Jansen, Suid-Afrikaanse regter († 2011).
- 1925 – Jerome Felder, AKA Doc Pomus, musikant, komponis († 1991).
- 1925 – Dawie Couzyn, opera- en ligte Afrikaanse musieksanger († 2010).
- 1927 – Otto Herbert Hajek, beeldhouer.
- 1927 – Virginia Lee, Suid-Afrikaanse sangeres van ligte musiek († 7 Januarie 1990).
- 1935 – Louis van Niekerk, Afrikaanse verhoog-, rolprent- en TV-akteur en ’n teaterregisseur († 2023).
- 1941 – Krzysztof Kieslowski, regisseur († 1996).
- 1948 – Richard G. Morris, Britse neurowetenskaplike.
- 1949 – Dierdré Snijman, Suid-Afrikaanse plantkundige en planttaksonoom.
- 1951 – David Kramer, Suid-Afrikaanse musikant.
- 1967 – Samantha Newark, Engelse akteur en komponis.
- 1983 – Dale Steyn, Suid-Afrikaanse toetskrieketspeler.
Sterftes
- 363 – Keiser Julianus Apostata (* 331).
- 1831 – Sophie Germain, Franse wiskundige (* 1776).
- 1831 – Groothertog Konstantyn Pawlowitsj van Rusland, tsesarewitsj van Rusland en onderkoning van (* 1779).
- 1844 – Joseph Smith Jr., stigter van die Mormoonse Kerk (* 1805).
- 1890 – Dietlof Maré, sakeman en landdros in die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) (* 1824).
- 1934 – Isidoor Teirlinck, Vlaamse skrywer (* 1851).
- 1952 – Elmo Lincoln, Amerikaanse akteur (* 1889).
- 1957 – Malcolm Lowry, Engelse skrywer (* 1909).
- 1989 – Alfred Jules Ayer, Britse filosoof (* 1910).
- 1998 – Kerim Tekin, Turkse sanger (* 1975).
- 2001 – Jack Lemmon, Amerikaanse akteur (* 1925).
- 2009 – Gale Storm, Amerikaanse sangeres/aktrise (* 1922).
- 2016 – Bud Spencer, Italiaanse akteur (* 1929).
- 2016 – Alvin Toffler, Amerikaanse futuris, joernalis en skrywer (* 1928).
- 2018 – Renata Coetzee, kenner van die tradisionele voedselkulture van Suid-Afrikaners (* 1930).
Vakansies, vieringe en waarnemingsdae
- Fees van Cyrillus van Alexandrië.
- MIV-toetsdag in die VSA.
- Stonewalldag, gayregtetrotsdag.
- Dag van die Halfbloed - Brasilië
Wikimedia Commons bevat media in verband met 27 Junie. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar