<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
29 Junie is die 180ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (181ste in skrikkeljare). Daar volg nog 185 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 538 – Pous Vigilius stuur 'n dekreet aan biskop Protofuturus van Braga.
- 1456 – Pous Callixtus III roep gelowiges op tot gebed om die Turkse beleg van Belgrado te stuit deur die kerkklokke om 12 uur die middag te laat lui.
- 1534 – Franse ontdekkingsreisiger Jacques Cartier ontdek Prins-Edward-Eiland.
- 1613 – Shakespeare se Globe Theatre brand af.
- 1678 – Nadat kommandeur Johan Bax van Herenthals sterf, word Hendrik Crudop aangestel as waarnemende kommandeur van die Kaap die Goeie Hoop.
- 1746 – Pous Benedictus XIV verklaar Camillus de Lellis en Pedro Regalado heilig.
- 1748 – Pous Benedictus XIV publiseer Magnae Nobis oor huweliksbeletsels en vrystellings.
- 1767 – Invoerbelasting op tee en ander goedere dryf die Amerikaanse koloniste nader aan revolusie.
- 1776 – Stigting van San Francisco deur die Spaanse Fransiskaner-orde as San Francisco de Asís, vernoem na die heilige Francis van Assisi.
- 1904 – Twee naakte veenlyke, die Paar van Weerdinge, word ontdek.
- 1913 – Die tweede Balkan-oorlog begin.
- 1922 – Frankryk vergun 100 hektaar by Vimy Ridge "vrylik en vir altyd, aan die regering van Kanada, vir die gratis gebruik van die grond kwytgeskeld van alle belasting".
- 1927 – Die eerste toetslopie van Wallace Turnbull se verstelbare-hellingshoekskroef vind plaas.
- 1976 – Die Republiek van Seychelle word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1977 – Die Verenigde Party en Demokratiese Party smelt saam en vorm die Nuwe Republiek Party met sir De Villiers Graaff as tussentydse leier.
- 1991 – Suid-Afrika sluit weer as 'n volle lid by die Internasionale Krieketraad (IKR) aan.
- 1995 – Die Ruimtependeltuig Atlantis koppel vir die eerste keer met die Russiese Mir-ruimtestasie.
Geboortes
- 1801 – Frédéric Bastiat, Franse ekonoom en teoretikus († 1850).
- 1835 – Anton Bergmann, skrywer en Vlaamse aktivis († 1874).
- 1849 – Sergei Witte, staatsman in tsaristiese Rusland († 1915).
- 1851 – Ds. Pieter Adam Strasheim, vader van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Zimbabwe (* 1899).
- 1880 – Ludwig Beck, Duitse generaal († 1944).
- 1886 – Robert Schuman, Franse staatsman, Eerste Minister van Frankryk († 1963).
- 1900 – Antoine de Saint-Exupéry, Franse skrywer en vlieënier († 1944).
- 1901 – Nelson Eddy, Amerikaanse sanger en akteur († 1967).
- 1911 – Katherine DeMille, Amerikaanse aktrise († 1995).
- 1919 – Slim Pickens, Amerikaanse akteur en rodeo-ruiter († 1983).
- 1921 – Jean Kent, Engelse aktrise († 2013).
- 1925 – Giorgio Napolitano, Italiaanse joernalis en politikus († 2023).
- 1925 – Cara Williams, Amerikaanse aktrise († 2021).
- 1929 – Oriana Fallaci, Italiaanse joernalis en skrywer († 2006).
- 1934 – Corey Allen, Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger († 2010).
- 1937 – Willie van Niekerk, Suid-Afrikaanse medikus en politikus († 2009).
- 1941 – Stokely Carmichael, Amerikaanse menseregte-aktivis, in Port of Spain, Trinidad († 1998).
- 1941 – Gert van Tonder, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer.
- 1942 – Bas van der Vlies, Nederlandse politikus († 2021).
- 1944 – Gary Busey, Amerikaanse akteur.
- 1948 – Fred Grandy, Amerikaanse akteur en politikus.
- 1957 – Gurbanguly Berdimuhamedow, politikus, tweede president van Turkmenistan.
- 1957 – María Conchita Alonso, Kubaans-Amerikaanse aktrise, sangeres en vervaardiger.
- 1961 – Sharon Lawrence, Amerikaanse aktrise, sangeres en danser.
- 1962 – Amanda Donohoe, Engelse aktrise.
- 1963 – Anne-Sophie Mutter, Duitse violiste.
- 1967 – Melora Hardin, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 1968 – Brian d'Arcy James, Amerikaanse aktrise en musikant.
- 1968 – Judith Hoag, Amerikaanse aktrise.
- 1972 – Lee Chul-seung, Suid-Koreaanse tafeltennisspeler.
- 1982 – Lily Rabe, Amerikaanse aktrise.
- 1991 – Addison Timlin, Amerikaanse aktrise.
- 1993 – Harrison Gilbertson, Australiese akteur.
- 1994 – Camila Mendes, Amerikaanse aktrise en model.
- 1995 – Nicholas Latifi, Kanadese Formule Een-renjaer.
Sterftes
- 1678 – Johan Bax van Herenthals, kommandeur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1637).
- 1801 – Adriaan van Jaarsveld, Boerekommandant van die Eerste Grensoorlog (* 1745).
- 1861 – Elizabeth Barrett Browning, Engelse digteres (* 1806).
- 1875 – Ferdinand I, keiser van Oostenryk (* 1793).
- 1895 – Thomas Henry Huxley, Britse bioloog en hoofverteenwoordiger van die Agnostisisme (* 1825).
- 1933 – Fatty Arbuckle, Amerikaanse akteur, regisseur en skrywer (* 1887).
- 1940 – Paul Klee, Switserse skilder en kindertekenaar (* 1879).
- 1967 – Jayne Mansfield, Amerikaanse aktrise (* 1933).
- 1978 – Bob Crane, Amerikaanse akteur (* 1928).
- 1995 – Lana Turner, Amerikaanse aktrise (* 1921).
- 1999 – Allan Carr, Amerikaanse akteur, vervaardiger en skrywer (* 1937).
- 2002 – Rosemary Clooney, Amerikaanse aktrise en sangeres (* 1928).
- 2003 – Katharine Hepburn, Amerikaanse aktrise (* 1907).
- 2007 – Prof. Hennie Bingle, rektor van die PU vir CHO van 1964 tot 1977 (* 1910).
- 2016 – Margaret Bakkes, Afrikaanse skrywer (* 1931).
- 2016 – Jan Hettema, Olimpiese fietsryer en Springboktydrenjaer (* 1933).
- 2020 – Carl Reiner, Amerikaanse akteur en komediant (* 1922).
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 29 Junie.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar