<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
8 Julie is die 189ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (190ste in skrikkeljare). Daar volg nog 176 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1153 – Pous Anastasius IV volg Pous Eugenius III op.
- 1184 – Pous Lucius III konsekreer die katedraal van Bologna.
- 1234 – Pous Gregorius IX verklaar Sint Dominicus de Guzman heilig.
- 1713 – Pous Clemens XI verklaar Pous Gregorius X salig.
- 1839 – Pous Gregorius XVI stel Ferdinando Maria Pignatelli, Theat., aartsbiskop van Palermo aan as kardinaal.
- 1897 – NG gemeente Johannesburg-Oos en NG gemeente Jeppestown stig terselfdertyd af van die NG gemeente Johannesburg.
- 1933 – Die eerste rugbytoets tussen die Wallabies van Australië en die Springbokke van Suid-Afrika word op Nuweland in Kaapstad gespeel.
- 1990 – Dr. Allan Boesak bedank uit die NG Sendingkerk ná aantygings van 'n buite-egtelike verhouding.
- 1991 – Brig. Oupa Gqozo, voorsitter van die Ciskeise staatsraad, stig die African Democratic Movement (ADM).
- 1991 – Die minister van buitelandse sake, Pik Botha, onderteken 'n verdrag namens Suid-Afrika wat die land se kerngeriewe open vir inspeksie deur buitelandse moondhede.
- 1991 – Dr. Gerrit Olivier, Suid-Afrikaanse verteenwoordiger in Rusland, open 'n Suid-Afrikaanse belangekantoor in Moskou.
Geboortes
- 1621 – Jean de La Fontaine, Franse skrywer († 1695).
- 1714 – Pieter van Rheede van Oudtshoorn, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop maar sterf ter see († 1773).
- 1817 – Jan Bantjes, 'n Voortrekker († 1887).
- 1838 – Ferdinand von Zeppelin, Duitse uitvinder van die Zeppelin († 1917).
- 1867 – Käthe Kollwitz, Duitse kunstenares († 1945).
- 1898 – Melville Ruick, Amerikaanse akteur († 1972.
- 1917 – Pamela Brown, Engelse aktrise († 1975).
- 1919 – Walter Scheel, Wes-Duitse bondspresident († 2016)
- 1924 – Merwe Scholtz, Afrikaanse letterkundige, taalwetenskaplike, skrywer († 2005)
- 1951 – Anjelica Huston, Amerikaanse aktrise en digter († 2005)
- 1955 – Lena Endre, Sweedse aktrise.
- 1958 – Kevin Bacon, Amerikaanse akteur.
- 1959 – Robert Knepper, Amerikaanse akteur.
- 1960 – Yann LeCun, Franse rekenaarwetenskaplike.
- 1968 – Michael Weatherly, Amerikaanse akteur.
- 1971 – Amanda Peterson, Amerikaanse aktrise († 2015).
- 1973 – Waleri Zaloezjni, opperbevelvoerder van die Oekraïnse gewapende magte.
- 1982 – Sophia Bush, Amerikaanse aktrise.
- 1982 – Zak Hendrikz Suid-Afrikaanse akteur, toneelregisseur en skrywer.
- 1984 – Jackie Nagtegaal, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 1987 – Cintaine Schutte, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 1990 – Kermit Erasmus, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
- 1998 – Jaden Smith, Amerikaanse akteur.
Sterftes
- 810 - Karloman, derde seun van Karel die Grote (* 777).
- 1153 – Pous Eugenius III, 167ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1695 – Christiaan Huygens, Nederlandse sterrekundige, wiskundige en musiekteoretikus (* 1629).
- 1859 – Oscar I van Swede, van 8 Maart 1844 tot met sy dood koning van Swede en Noorweë (* 1799).
- 1919 – Johan Andreas dèr Mouw, Nederlandse digter (* 1863).
- 1957 – C.M. van den Heever, Afrikaanse skrywer en digter (* 1902).
- 1990 – Hans Faverey, Nederlandse digter van Surinaamse afkoms (* 1933).
- 1994 – Cora Marie, Afrikaanse country-sangeres (* 1953).
- 1994 – Kim Il Sung, leier van Noord-Korea (* 1912).
- 1994 – Dick Sargent, Amerikaanse akteur (* 1930).
- 1997 – F.A. Venter, Afrikaanse skrywer (* 1916).
- 2011 – Betty Ford, Eerste Dame van die Verenigde State (* 1918).
- 2014 – Braam Raubenheimer, voormalige Suid-Afrikaanse politikus en minister van waterwese (* 1920).
- 2020 – Naya Rivera, Amerikaanse aktrise (* 1987).
- 2020 – Noloyiso Sandile, Regent van die koningshuis van die amaRharhabe (* 1963).
- 2022 – Shinzo Abe, Japannese politikus (* 1954).
- 2022 – José Eduardo dos Santos, Angolese politikus (* 1942).
- 2022 – Tony Sirico, Amerikaanse akteur (* 1942).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Adrianus III in die Rooms-Katolieke Kerk.
- Feesdag van Pous Eugenius III in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 8 July. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar