Leendert Marinus Geers (Nederland, 1 Junie 1877 – Greenside, Johannesburg, 16 Januarie 1957) was ’n Suid-Afrikaanse argitek van veral NG kerkgeboue.
Geers was die seun van Adrianus Geers (gebore 1851) en Catharina Johanna Voorloop. Geers het sy opleiding in sy vaderland ontvang en na Suid-Afrika gekom in 1894 in diens van die NZASM, by wie hy tot 1899 in Pretoria gewerk het. Ná die Tweede Vryheidsoorlog het hy sy werk in die staatsdiens voortgesit en gewerk as boutekenaar by die departement van openbare werke van 1902 tot Oktober 1930. Van 1931 tot omstreeks 1934 het hy in die argitektuurafdeling van die Transvaalse provinsiale administrasie gewerk. In 1932 is hy as lisensiaatlid tot die Koninklike Instituut van Britse Argitekte toegelaat.
Twee jaar later verlaat hy die staatsdiens en om in vennootskap met sy seun, Geurt, te werk. Ná dié se dood in 1945 het die firma Geers sy werksaamhede voortgesit. Die vennootskap was verantwoordelik vir talle NG kerke en minstens twee Gerformeerde kerke, onder meer dié van Benoni, wat in 1991 gesloop is. Hulle invloed op Afrikaanse Protestantse kerkbou het bly voortleef in die werk van Hendrik Vermooten, wat indiensopleiding by die vennootskap gekry het en as junior vennoot in die Pretoriase kantoor werksaam was tot Geurt se dood.
Leendert Geers is in 1957 in sy huis in Mowbrayweg, Greenside, Johannesburg, oorlede.
Galery van kerke
- Ds. J.P. Roux het die hoeksteen van die NG kerk Rosettenville op 6 Desember 1941 gelê.
- Die eertydse NG kerk Johannesburg-Wes in Mayfair-Wes. Die hoeksteen is op 31 Augustus 1940 gelê toe dit nog die NG gemeente Brixton se tuiste was. Johannesburg-Wes het op 1 Mei 1944 afgestig en die kerk gekry.
-
- Geers het die toring van die NG gemeente Cottesloe se kerkgebou ontwerp, wat sowat 19 jaar ná die res van die kerkgebou opgerig is.
- Ds. J.P. Roux het die gedenksteen by die ingebruikneming van die kerktoring en herstelde kerk van die NG gemeente Cottesloe op 1 November 1947 onthul.
-
- Die kerkgebou van die NG gemeente Westdene, waarvan die hoeksteen op 4 September 1943 gelê is.
- Ds. A.J. Pienaar het die hoeksteen van die NG kerk Malvern (later Kensington) op 18 September 1943 gelê, drie jaar ná die gemeente se stigting op 18 September 1940. F.P. van Heerden was die bouaannemer.
- Die kerkgebou van die NG gemeente Boksburg-Noord, ook bekend as "die Voortrekkerkerk op die Pad van Suid-Afrika". Ds. G.J.J. Boshoff het die hoeksteen op 8 Desember 1938 gelê.
- Die Gereformeerde kerk Delarey, ingewy in April 1962.
- Ds. Abraham Ras het die hoeksteen van die Hervormde kerk Vereeniging op 15 Augustus 1942 gelê.
- Ds. William Nicol het die hoeksteen van die se kerkgebou op 3 Augustus 1940 gelê.
- Die NG kerk Pinetown se hoeksteen is gelê deur ds. J.G. Odendaal met die kerk se inwyding op 29 November 1958. Dit is ontwerp deur die firma Geers, Koelewyn & Moors en die bouaannemer was Dirker Brs. (Edms.) Bpk.
- Die NG kerk Hobhouse, ontwerp deur die firma Geers, Koelewyn en Moors. Ds. J.H. van Wyk het die hoeksteen op 1 Desember 1956 gelê. Die bouaannemer wa P.R. de Jager.
- Die Hervormde kerk Witbank, vooraansig.
- Syaansig van die Hervormde kerk Witbank.
- Binneruim van die Hervormde kerk Witbank.
- Die liturgiese ruimte van die Hervormde kerk Witbank.
-
-
- Die NG kerk Ermelo is in 1945 ingewy en een van die laaste kerke wat Geurt en Leendert Geers saam ontwerp het.
-
-
-
- Die ou NG kerk Ontdekkers, nou die tuiste van Mount Carmel Ministries. Ds. M. Krüger het die hoeksteen op 7 Augustus 1954 gelê. Die bouaannemer was G.S. van der Plaats.
-
- Die Gereformeerde kerk Delmas, ingewy in 1944.
Bronne
- (en) Besonderhede op die webtuiste Artefacts.co.za. URL besoek op 5 Augustus 2015.
Verwysings
- (nl) Genealogieonline.ln. URL besoek op 5 Augustus 2015
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar