<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
7 Mei is die 127ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (128ste in skrikkeljare). Daar volg nog 238 dae in die jaar.
Gebeure
- 558 – In Konstantinopel, val die koepel van die Hagia Sophia ineen. Justinianus I van Bisantium gee onmiddellik die opdrag om die koepel te herbou.
- 1274 – In Frankryk open die Tweede konsilie van Lyons om die verkiesing van die pous te reguleer.
- 1318 – Die spiritualistiese Franciskaner monikke Jean Barrani, Dieudonné Michaëlis, Guilhem Sancton en Pons Rocha van Narbonne verskyn voor die Inkwisisie en word in Accoulles op die brandstapel tereggestel.
- 1342 – Pous Clemens VI volg Pous Benedictus XII op.
- 1473 – Pous Sixtus IV stel agt nuwe kardinale aan waaronder Giovanni Battista Cibo, later Pous Innocentius VIII.
- 1685 – Pous Innocentius XI hef die asielreg van die Franse ambassade in Rome op.
- 1763 – Indiaanse oorloë: Chief Pontiac begin die "Sameswering van Pontiac" deur Britse magte aanteval by Fort Detroit.
- 1832 – Griekeland verkry sy onafhanklikheid. Otto van Wittelsbach, Prins van Beiere word as koning verkies.
- 1840 – Die Groot Natchez-tornado. Tot op datum (2014) is dit die tweede dodelikste tornado in die geskiedenis van die VSA—317 mense het gesterf.
- 1847 – Die Amerikaanse Mediese Vereniging (Engels: American Medical Association (AMA)) word in Philadelphia gevorm.
- 1859 – Reddersburg gestig as eerste gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die Vrystaat.
- 1861 – Amerikaanse Burgeroorlog: Tennessee breek weg van die Unie.
- 1864 – Amerikaanse Burgeroorlog: Die Weermag van die Potomac, onder generaal Ulysses S. Grant, breek weg van die Slag van die Wildernis en beweeg suid.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Die RMS Lusitania word gesink deur 'n Duitse duikboot en 1,198 mense sterf.
- 1920 – Russies-Poolse Oorlog: Poolse troepe beset Kiev.
- 1937 – Spaanse Burgeroorlog: Die Duitse Condor Legion-gevegsgroep (Condor Legion Fighter Group), bewapen met vliegtuie arriveer in Spanje om Francisco Franco se magte te help.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van die Koraalsee begin.
- 1943 – NG gemeente Zwaanswyk (destyds nog Retreat) stig af van NG gemeente Wynberg.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Generaal Alfred Jodl teken voorwaardes vir onvoorwaardelike oorgawe by Reims, Frankryk, en beëindig Duitsland se deelname aan die oorlog. Die dokument is geldig vanaf die volgende dag.
- 1946 – Tokyo Telecommunications Engineering (later hernoem as Sony) gestig met ongeveer 20 werknemers.
- 1952 – Die konsep vir die geïntegreerde stroombaan, die basis vir alle moderne rekenaars, vir die eerste keer deur Geoffrey W.A. Dummer gepubliseer.
- 1954 – Viëtnamoorlog: Die Slag van Dien Bien Phu eindig in 'n Franse nederlaag (die oorlog het begin op 13 Maart).
- 1992 – Ruimtependeltuig Endeavour se eerste ruimtevaart.
- 1992 – Drie werknemers van 'n McDonald's restaurant in Sydney, Nova Scotia, Kanada word brutaal vermoor en 'n vierde werknemer permanent vermink na 'n mislukte rooftog.
- 1998 – Apple Computer se bekendstelling van die iMac.
- 1998 – Mercedes-Benz koop Chrysler vir VS$40 miljard en vorm DaimlerChrysler in die grootste industriële samesmelting in die geskiedenis.
- 1999 – Kosovo-oorlog: In Joegoslawië sterf drie werknemers van die Chinese ambassade en 20 word gewond toe 'n NAVO-vliegtuig per ongeluk die Chinese ambassade in Belgrade bombardeer.
- 1999 – In Guinee-Bissau, word President João Bernardo Vieira ontsetel deur 'n militêre staatsgreep.
- 2002 – 'n China Southern Airlines MD-82 val in die Geelsee en 112 mense sterf.
- 2010 – Chili sluit by die OESO aan.
- 2014 – Die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014 vind plaas.
- 2021 – Misuzulu Zulu volg sy oorlede vader Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu op as Zoeloekoning.
- 2021 – Die Colonial Pipeline-kuberaanval vind plaas, wat op daardie stadium die grootste kuberaanval op 'n olie-infrastruktuur-teiken in die geskiedenis van die Verenigde State was.
Geboortes
- 1605 – Patriarg Nikon, ’n Russiese geestelike († 1681).
- 1711 – David Hume, Skotse filosoof, ekonoom, geskiedkundige en essayis († 1776)
- 1812 – Robert Browning, digter en eggenoot van Elizabeth Barrett Browning († 1889).
- 1833 – Johannes Brahms, Duitse komponis († 1897).
- 1837 – Karl Mauch, Duitse ontdekkingsreisiger van Afrika († 1875).
- 1840 – Pjotr Tsjaikofski, Russiese komponis († 1893).
- 1861 – Rabindranath Tagore, Bengaalse digter en Nobelpryswenner († 1941)
- 1882 – Willem Elsschot, Vlaamse skrywer en digter († 1960).
- 1892 – Archibald MacLeish, digter, wenner van die Pulitzerprys († 1982).
- 1892 – Josip Broz Tito, president van Joego-Slawië († 1980).
- 1901 – Gary Cooper, Amerikaanse akteur († 1961).
- 1909 – Edwin H. Land, uitvinder en stigter van Polaroid.
- 1910 – Taubie Kushlick, ’n Suid-Afrikaanse verhoogaktrise, -regisseur en -produksieleier († 1991).
- 1919 – Eva Perón, vrou van die Argentynse president Juan Perón († 1952).
- 1922 – Darren McGavin, Amerikaanse akteur († 2006).
- 1923 – Anne Baxter, Amerikaanse aktrise († 1985).
- 1924 – Marjorie Boulton, Britse skrywer en digter († 2017).
- 1939 – Ruud Lubbers, politikus en Eerste Minister van Nederland († 2018).
- 1942 – De Waal Venter, Afrikaanse skrywer († 2022).
- 1949 – Marilyn Burns, Amerikaanse aktrise († 2014).
- 1955 – Shaleen Surtie-Richards, Suid-Afrikaanse aktrise († 2021).
- 1956 – Jan Peter Balkenende, Eerste Minister van Nederland.
- 1968 – Traci Lords, Amerikaanse fotomodel en aktrise.
- 1994 – Jean-Luc du Plessis, Suid-Afrikaanse rugbyspeler (losskakel).
Sterftes
- 399 v.C. – Sokrates, Griekse filosoof (* ±470 v.C.).
- 973 – , Duitse keiser.
- 1682 – Fjodor III van Rusland, tsaar van Rusland (* 1661)
- 1800 – Niccolò Piccinni, Italiaanse komponis (* 1728)
- 1840 – Caspar David Friedrich, Duitse skilder en tekenaar (* 1774).
- 1849 – Jan Theodoor van Rijswijck, Vlaamse skrywer (* 1811).
- 1917 – Albert Ball, Engelse bobaasvlieënier (* 1896).
- 1923 – Abraham Petrus Carolus Duvenage, professor in Wis- en Natuurkunde aan die P.U. vir C.H.O. (* 1883).
- 1951 – Warner Baxter, Amerikaanse akteur (* 1889).
- 1960 – D.B. Bosman, Afrikaanse taalkundige (* 1888).
- 1998 – Allan McLeod Cormack, Suid-Afrikaansgebore natuurkundige (* 1924).
- 2000 – Douglas Fairbanks Jr., Amerikaanse akteur (* 1909).
- 2006 – Stella Sigcau, Suid-Afrikaanse politikus van Transkeise herkoms (* 1937).
- 2011 – Seve Ballesteros, Spaanse gholfspeler (* 1957).
- 2014 – Colin Pillinger, Britse wetenskaplike (* 1943).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar