- Die artikel handel oor die streek, vir die gelyknamige munisipaliteit, sien Weskus-distriksmunisipaliteit.
Die Weskus is 'n streek aan die weskus van Suid-Afrika wat in sy nouste betekenis hoofsaaklik betrekking het op die gebied tussen Yzerfontein en Lambertsbaai, maar ook van toespassing is op die hele kusstrook tussen Kaapstad en die mond van die Oranjerivier, oftewel die mees suidwestelike hoek van Namibië. Die naam is ook gegee aan die distriksmunisipaliteit met sy setel op Moorreesburg wat die B-munisipaliteite van Saldanhabaai, Swartland, Bergrivier, Cederberg en Matzikama insluit. Die distriksmunisipaliteit se gebied beslaan sowat 31 101 km², dus omtrent die grootte van België of Lesotho, maar ietwat kleiner as Taiwan. Die vernaamste bedryf van die distrik is landbou, hoewel die nywerheid ook 'n vername rol speel in Saldanhabaai op Saldanha en Vredenburg en in Swartland op Malmesbury.
Bevolking
Die totale bevolking van die distrik was volgens die 2001-sensus 282 651. Daarvan was 204 710 bruin, 49 382 wit, 27 780 swart en 789 Indiërs. Afrikaanssprekendes is verreweg die grootste groep met 251 979 moedertaalsprekers, gevolg deur Xhosa met 20 917, Engels met 6 595 en Sotho met 1 591 in daardie jaar. Minder as 1% van die bevolking is in die buiteland gebore, hoofsaaklik Suider-Afrika (1 493) en Europa (456).
Opvoeding
Benewens 'n groot aantal laerskole, is daar die volgende hoërskole in die Weskus-distrik: Augsburg Landbougimnasium (Clanwilliam), Hoërskool Dirkie Uys (Moorreesburg), Hoërskool Citrusdal, Hoërskool Vredenburg, Hoërskool Vanrhynsdorp, Hoërskool Hopefield, Hoërskool Vredendal, Hoërskool Weston (Vredenburg), Hoërskool Smuts-Malan (Riebeek-Wes), Hoërskool Piketberg, Hoërskool Porterville, Vredendal Sekondêre Skool, Hoërskool Lutzville, Hoërskool Graafwater, Hoërskool Wesbank (Malmesbury), Hoërskool Swartland (Malmesbury), Schoonspruit Sekondêre Skool (Malmesbury), Naphakade Sekondêre Skool (Malmesbury), Hoërskool Velddrif, Hoërskool Diazville (Saldanha) en Steynville Sekondêre Skool (Piketberg).
Sien ook
- Lys van streeksname in Suid-Afrika
Name van kusgebiede in Afrika wat eindig op “-kus”
Eksterne skakels
- 'n Kaart van die distrik Geargiveer 27 September 2007 op Wayback Machine
- 'n Gedetailleerde kaart van die Weskus-distriksmunisipaliteit in PDF-formaat
- Toeriste-inligting
- Webwerf van die Weskus-toerismeorganisasie
- Weskus-nuuswerf Geargiveer 6 September 2008 op Wayback Machine
- 'n Facebook-groep vir aanhangers van die Weskus
Provinsie Wes-Kaap | |
---|---|
Hoofstad: | |
Streke: | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Tuinroete | Weskus |
Grootste stede en dorpe: | Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester |
Munisipaliteite: | Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Tuinroete | Weskus | Witzenberg |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar