<< | Oktober 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
20 Oktober is die 293ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (294ste in skrikkeljare). Daar volg nog 72 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1604 – Maffeo Barberini (later Pous Urbanus VIII) word aartsbiskop van Nasaret.
- 1740 – Maria Theresa volg die troon op in Oostenryk ná die Pragmatiese Sanksie van 1713.
- 1800 – Pous Pius VII stel Luis María de Borbón y Vallábriga, aartsbiskop van Seville, Spanje, aan as kardinaal.
- 1827 – 'n Geallieerde Britse, Franse, en Russiese vlootmag vernietig 'n gekombineerde Turkse en Egiptiese vloot by die Slag van Navarino, 'n bepalende oomblik in die Griekse Onafhanklikheidsoorlog.
- 1883 – Peru en Chili teken die Verdrag van Ancón, wat Peru se rol in die Stille Oseaan-oorlog beëindig.
- 1885 – Die Boererepubliek Upingtonia kom tot stand.
- 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Talana tussen Boere en Britte vind plaas.
- 1968 – Die voormalige VSA Presidentsvrou Jacqueline Kennedy trou met die Griekse skeepvaartmagnaat Aristotle Onassis.
- 1973 – Die Sydney Operahuis word amptelik deur Koningin Elizabeth II geopen.
- 2000 – Die Britse aktivis James Mawdsley word in Burma vrygelaat ná sy arrestasie weens deelname in protes teen die slagting van etniese minderhede in die land.
- 2007 – Suid-Afrika wen die rugbywêreldbekertoernooi in Frankryk toe hulle Engeland met 15–6 klop; daarmee stel hulle 'n rekord op deur wêreldkampioen te word sonder 'n enkele nederlaag in die hele toernooi.
Geboortes
- 1632 – Sir Christopher Wren, Engelse argitek, astronoom, en wiskundige († 1723).
- 1677 – Stanislas Leszczynski, 'n koning van Pole († 1766).
- 1723 – Martin Melck, stamvader van die Melck-familie in Suid-Afrika († 1781).
- 1740 – Isabelle de Charrière, Nederlandse en Switserse skrywer († 1805).
- 1874 – Charles Edward Ives, Amerikaanse modernistiese komponis († 1954).
- 1920 – P.H. Nortjé, Afrikaanse storieverteller en skrywer († 2012).
- 1920 – Dr. Gert van der Linde, predikant van die Gereformeerde Kerk († 2001).
- 1928 – Li Peng, 'n Chinese politikus, bekend as die 'Slagter van Beijing' vir sy rol in die Tiananmen-plein bloedbad († 2019).
- 1930 – Prof. Louis Eksteen, Afrikaanse leksikograaf († 2001).
- 1938 – Jan Scholtz, Suid-Afrikaanse draaiboekskrywer, regisseur, en rolprentvervaardiger († 2015).
- 1950 – Jorge Carlos Fonseca, President van die Kaap Verde.
- 1964 – Kamala Harris, Amerikaanse politikus, 49ste adjunkpresident van die Verenigde State van Amerika.
- 1966 – Allan Donald, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 1971 – Snoop Dogg, Amerikaanse kletsrymer.
- 1971 – Dannii Minogue, Australiese aktrise en sangeres.
- 1971 – Nico Smit, Afrikaanse wetenskapfiksieskrywer en staatsouditeur.
Sterftes
- 1032 – Pous Johannes XIX, 144ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1401 – Klaus Störtebeker, die leier van ’n groep kaapvaarders (* 1360).
- 1864 – Andrew Geddes Bain, Suid-Afrikaanse geoloog, ingenieur, en baanbreker-pasbouer (* 1796).
- 1872 – Friedrich Welwitsch, Oostenrykse ontdekkingsreisiger van Afrika en plantkundige (* 1806).
- 1894 – Aleksander III van Rusland, tsaar van Rusland (* 1845).
- 1898 – Henry Barkly, goewerneur van verskeie Britse kolonies, waaronder die Kaapkolonie (* 1815).
- 1950 – Henry L. Stimson, Amerikaanse politikus (* 1867).
- 1964 – Herbert Hoover, 31ste President van die Verenigde State (* 1874).
- 1994 – Burt Lancaster, Amerikaanse akteur (* 1913).
- 2011 – Moeammar al-Ghaddafi, de facto leier van Libië van 1969 tot 2011 (* 1942).
- 2016 – Mieke Telkamp, Nederlandse sangeres (* 1934).
- 2018 – Wim Kok, Nederlandse politikus (* 1938).
- 2020 – James Randi, Amerikaanse kulkunstenaar en wetenskaplike skeptikus (* 1928).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 20 October. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar