<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
22 Maart is die 81ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (82ste in skrikkeljare). Daar volg nog 284 dae in die jaar.
Gebeure
- 238 – Gordianus I en Gordianus II word as Romeinse Keisers verklaar.
- 1209 – Ryksdag in Speyer: Otto IV herhaal sy voorneme om kettery te bestry.
- 1312 – Pous Clemens V publiseer sy bul Vox in Excelso waarmee hy die Tempeliers ontbind.
- 1585 – Pous Gregorius XIII ontvang vier ambassadeurs uit Japan.
- 1607 – Pous Paulus V hef die interdik teen Venesië op.
- 1765 – Die parlement van die Verenigde Koninkryk neem die Seëlwet aan wat die groeiende separatiste beweging in koloniale Amerika verder aanblaas.
- 1888 – William McGregor, direkteur van Aston Villa F.C. in Birmingham, Engeland, stig die Football League.
- 1945 – Die Arabiese Liga word deur Egipte, Irak, Jordanië, Libanon, Saoedi-Arabië en Sirië in Kaïro gestig.
- 1995 – Russiese ruimtevaarder Waleri Poljakof van die Sojoes-program keer terug van die Mir-ruimtestasie na 437 dae in die buitenste ruimte en stel daarmee 'n nuwe wêreldrekord op vir die langste ruimtevlug.
- 2024 – ‘n Gekoördineerde terroriste aanval in die Krokus Stadsaal—musieklokaal in Moskou eis die lewens van meer as 133 mense.
Geboortes
- 1459 – Maksimiliaan I, Heilige Romeinse keiser († 1519).
- 1584 – Grégoire de Saint-Vincent, Jesuïet en wiskundige wat die Mercatorreeks ontdek het († 1667).
- 1768 – Joachim Lelewel, Poolse geskiedkundige, muntkundige en vryheidsvegter († 1861).
- 1797 – Wilhelm I van Duitsland, koning van Pruise en keiser van Duitsland († 1888).
- 1844 – Sarah Bernhardt, Franse toneelspeelster en rolprentaktrise (* 1844).
- 1868 – Edwin Cheere Anderssen, Afrikaanse leraar van die NG Kerk en veldprediker tydens die Tweede Vryheidsoorlog († 1947).
- 1869 – Emilio Aguinaldo, Filippynse politikus en staatsman, President van die Filippyne († 1964).
- 1908 – Louis L'Amour, Amerikaanse skrywer († 1988).
- 1929 – P. Ramlee, Maleisiese sanger, akteur en liedjieskrywer († 1973).
- 1934 – Orrin Hatch, Amerikaanse senator en komponis († 2022).
- 1936 – Roger Whittaker, Britse sanger-liedjieskrywer en musikant († 2023).
- 1944 – Phil du Plessis, Afrikaanse digter († 2011).
- 1963 – Francesco Quinn, Italiaans-Amerikaanse akteur († 2021).
- 1971 – Keegan-Michael Key, Amerikaanse akteur.
- 1976 – Reese Witherspoon, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1980 – Kandyse McClure, Kanadese aktrise.
Sterftes
- 264 – Dionisius die Grote 14de patriarg van die Kerk in Alexandrië (* ?).
- 1832 – Johann Wolfgang von Goethe, 'n Duitse skrywer, digter, dramaturg, skilder, regsgeleerde en filosoof (* 1749).
- 1880 – Andries Stockenstrom, regter en Prokureur-generaal (* 1844).
- 1899 – Alexander Daneel, eerste predikant van die NG gemeente Heidelberg, Kaap (* 1836).
- 1950 – Emmanuel Mounier, 'n Franse filosoof (* 1905).
- 2016 – Eli Louw, Suid-Afrikaanse minister van vervoer en tot 1994 Suid-Afrika se laaste wit speaker (* 1927).
- 2020 – Julie Felix, 'n Amerikaanse folk-sangeres (* 1938).
- 2021 – Elgin Baylor, Amerikaanse basketbalspeler (* 1934).
Vakansie dae
- Wêreldwaterdag
Wikimedia Commons bevat media in verband met 22 March. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar