<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
8 September is die 251ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (252ste in skrikkeljare). Daar volg nog 114 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1221 – Damietta verower deur die Moslems.
- 1659 – Pous Alexander VII publiseer die bul Super Cathedram Pricipis Apostolorum oor die sending na Viëtnam.
- 1713 – Pous Clemens XI publiseer die bul Unigenitus teen die Jansenistiese leerstellings van Quesnel.
- 1718 – Pous Clemens XI publiseer Pastoralis Officii waarin die Jansenistiese appellante ekskommunikeer word.
- 1745 – Pous Benedictus XIV publiseer Gravissimum supremi oor korrupsie en sending.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Eerste V-2 vuurpyle tref Londen.
- 1948 – Die Dietse Kinderfonds se 83 weeskinders arriveer in Kaapstad.
- 1978 – Honderde betogers sterf in Teheran op Swart Vrydag tydens die Irannese Rewolusie.
- 1991 – Die Republiek van Masedonië word van Joego-Slawië onafhanklik.
- 2017 – 'n Aardbewing van 8.1 op die Richterskaal tref die suide van Meksiko.
- 2021 – Die Afrikaanse Wikipedia se 100,000ste artikel word geskep.
- 2023 tot 28 Oktober – Die 10de Rugbywêreldbeker word in Frankryk aangebied en deur Suid-Afrika gewen.
- 2023 – 'n Aardbewing van 6,8 op die Richterskaal gebeur in Marokko, meer as 2 800 mense sterf en historiese terreine in Marrakesj word beskadig.
Geboortes
- 1157 – Richard I Koning van Engeland († 1199).
- 1456 – Bernardino Lopez de Carvajal later Teenpous Martinus IV († 1523).
- 1588 – Marin Mersenne, Franse teoloog, wiskundige en filosoof († 1648).
- 1737 – Luigi Galvani, Italiaanse geneesheer, fisikus, bioloog en filosoof († 1798).
- 1767 – August Wilhelm Schlegel, Duitse digter, literatuurhistorikus, vertaler, skrywer en kritikus († 1845).
- 1779 – Mustafa IV, Ottomanse sultan († 1808).
- 1830 – Frédéric Mistral, Frans-Oksitaanse digter († 1914).
- 1835 – Dr. J.J. Kotzé, leraar in twee gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk († 1899).
- 1841 – Antonín Dvořák, Tsjeggiese komponis († 1904).
- 1851 – Jannie Marais, kampvegter vir Afrikaans en weldoener († 30 Mei 1915).
- 1886 – Siegfried Sassoon, Engelse leërkaptein, joernalis en digter († 1967).
- 1901 – Hendrik Frensch Verwoerd, Eerste Minister van Suid-Afrika († 6 September 1966).
- 1914 – Denys Lasdun, Britse argitek, ontwerper van die Royal National Theatre († 2001).
- 1922 – Sid Caesar, Amerikaanse komiese akteur en skrywer († 2014).
- 1925 – Peter Sellers, Engelse akteur en komediant († 1980).
- 1929 – Christoph von Dohnányi, Duitse dirigent.
- 1930 – Nguyễn Cao Kỳ, Viëtnamese generaal en politikus, 16de Eerste Minister van Suid-Viëtnam († 2011).
- 1941 – Bernie Sanders, Amerikaanse politikus.
- 1954 – Mark Lindsay Chapman, Engelse akteur.
- 1971 – David Arquette, Amerikaanse akteur, vervaardiger en skrywer.
- 1971 – Martin Freeman, Engelse akteur.
- 1972 – Os du Randt, Springbokrugbyspeler.
- 1979 – Pink (Alecia Moore), Amerikaanse sanger en aktrise.
- 1980 – Mbulaeni Mulaudzi, 800 m-wêreldkampioen en Olimpiese silwermedaljewenner († 2014).
Sterftes
- 701 – Pous Sergius I, 84ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 780 – Leo IV die Kasaar, keiser van Bisantium (* 750).
- 1637 – Robert Fludd, Britse-natuurkundige, astroloog en mistikus (* 1574).
- 1645 – Francisco de Quevedo, Spaanse skrywer (* 1580)
- 1724 – Maurits Pasques de Chavonnes, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1654).
- 1936 – Samuel Cronwright, Suid-Afrikaanse boer, politikus en skrywer (* 1863).
- 1945 – Elsie van Broekhuizen, Suid-Afrikaanse predikantsvrou en kleindogter van Paul Kruger (* 1880).
- 1947 – Victor Horta, Belgiese argitek en ontwerper (* 1861).
- 1949 – Richard Strauss, Duitse komponis (* 1864).
- 1965 – Dorothy Dandridge, Amerikaanse aktrise (* 1923).
- 2003 – Leni Riefenstahl, Duitse fotograaf, aktrise en regisseur (* 1902).
- 2016 – Johan Botha, Suid-Afrikaanse tenoor (* 1965).
- 2016 – Bonaventure Hinwood, Katolieke priester en Afrikaanse digter. (* 1930).
- 2017 – Harry Kuitert, Nederlandse teoloog (* 1924).
- 2017 – Don Williams, Amerikaanse countrysanger (* 1939).
- 2022 – Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk (* 1926).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Mariageboorte (Christendom)
- Feesdag van Pous Sergius I in die Rooms-Katolieke Kerk.
- Internasionale Geletterdheidsdag
Wikimedia Commons bevat media in verband met 8 September. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar